FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Stap vir stap

Stap vir stap: Oogomlyner-geheime

’n Groot tendens dié seisoen is grimering wat natuurlik lyk en maklik is om aan te wend. Die SARIE-skoonheidspan het onlangs vier oogomlyner-geheime ontdek wat jou sal help om jou grimering in ’n kits aan te wend en heeldag lank sal hou.

Hiér is ons wenke:

oogomlyner

 

1. Laat jou oogskadu meer uitstaan deur eers wit oogomlyner oor jou ooglid aan te wend. Dit sal die kleur laat uitspring én sorg dat oogskadu langer op jou oë hou.

 

 

2. Skep die perfekte rokerige voorkoms vir jou oë in ’n kits deur met jou oogomlyner ’n hutsmerk (hashtag) op die buitenste hoek van jou oog te teken. Skakeer dan die hutsmerk oor jou oog met ’n oogskaduborsel.

Oogskadu 101 – lees meer!

3. Dis soms moeilik om ’n perfekte reguit lyn met jou oogomlyner te trek, veral as jy vloeibare oogomlyner gebruik. Maak dit makliker deur eers met jou oogomlyner kolletjies al langs jou wimperlyn te druk. Verbind daarna die kolletjies in ’n reguit lyn.

oogomlyner

 

4. Donker skakerings op jou oë is geneig om hulle kleiner te laat voorkom. Beklemtoon jou oë en laat dit groter lyk deur wit oogomlyner oor jou onderste wimperlyn aan te wend.

 

 

 

Woensdagwenk: gaan jou oogskadu te gou af?

 

Ons gunsteling-oogomlyners:

1. Revlon Photoready Kajal Intense Eye Liner + Brightener in Blue Nile (R130)

revlon oogpotlood

2. Maybelline Master Kajal Khôl Liner in Lapis Blue (R110)

Master-Kajal-Liner-maybelline

3. Clarins Crayon Khôl Eye Pencil in Intense Black (R250)

clarins eyeliner

4. Estée Lauder Zero-Smudge Liquid Eyeliner in Black (R300)

estee lauder eyeliner liquid

5. Rimmel Scandaleyes Shadow Stick in Whiteness White (R90)

Rimmel-Witness-White-Scandal-Eyes-Eyeshadow-Stick

Modelle verskyn sonder grimering op loopplank – lees meer!