Fotograaf: Ulrich Knoblauch by Supernova;
Model: Roxanne by Boss;
Hare en grimering: Bernice Dodd by Infidels

Fotograaf: Ulrich Knoblauch by Supernova; Model: Roxanne by Boss; Hare en grimering: Bernice Dodd by Infidels

Stap vir stap

Stap vir stap: skilfer só af

Afskilfering is die sleutel tot ’n gesonde vel. Maak afskilfering deel van jou skoonheidsroetine en sê tot siens vir ’n vaal gelaat. Só doen jy dit.

Afskilfer exfoliate April 2014

Só skilfer jy stap vir stap af

Werk altyd in opwaartse sirkelbewegings (die rigting van jou limfvloei) sodat jy jou limfstelsel stimuleer.

STAP 1: Klim in die stort en maak die afskilferaar tussen jou hande warm.

STAP 2: 1 minuut vir elke been – Begin by jou enkels en beweeg opwaarts tot in die waai van jou knieë.

STAP 3: Beweeg nou na jou bobene en werk boontoe tot by jou lies.

STAP 4: 30 sekondes – Vryf kloksgewys oor jou maag en dan liggies oor jou borste, maar vermy jou tepels.

STAP 5: 15 sekondes vir elke arm – Skilfer jou arms af. Werk weer eens van die onderkant na bo tot by jou oksel.

STAP 6: 30 sekondes – Skilfer die dele van jou rug af waar jy kan bykom. Fokus veral op jou boude omdat selluliet dikwels hier voorkom.

STAP 7: Sodra jy klaar is met jou lyf, skilfer sommer jou hande en voete met dieselfde produk af – veral die bokant van jou hande en jou hakke.

 

Droogborsel (dry brushing) het ook baie voordele! Lees hier