Stap vir stap

Stap-vir-stap Valentynsdag-voorkoms: Naelkuns, rooi lippe en vlegsels

Dit is die dag van liefde en die SARIE-skoonheidspan wil elke SARIE-leser ’n gelukkig Valentynsdag toewens! Ons wys vir jou hoe om stap-vir-stap ’n voorkoms vir jou Valentyns-afspraak te skep:

Algemeen

Hartjie-naelkuns

Naelkuns is steeds groot nuus in die skoonheidswêreld en ons is mal oor dié voorkoms vir Valentynsdag:

Jy het nodig:

  • Wit- of ligpienk naellak
  • Helder pienk én rooi naellak

Stap 1: Verf jou naels met die wit- of ligpienk skakering.

Essie Stap 1

FOTO: Essie

Stap 2: Gebruik die helder pienk naellak en maak twee halwe-sirkels om ’n hartjie te vorm. Wag dat dit droogword.

FOTO: Essie

FOTO: Essie

Stap 3: Herhaal stap 2 met die rooi naellak, maar sorg dat ’n gedeelte van die pienk nog uitsteek.

FOTO: Essie

FOTO: Essie

Stap 4: Rond die voorkoms met ’n deursigtige naellak af sodat die kleur langer hou.

FOTO: Essie

FOTO: Essie

Nóg stap-vir-stap naelkuns vir Valentysdag

Rooi lippe

’n Bloedrooi lipstiffie is ’n moet-hê vir enige liefdes-afspraak. Gina Myers, grimeerkunstenaar vir Elizabeth Arden, deel haar wenke vir hoe jy dit kan aanwend:

Rooi lippe* ’n Ligte gelaat sal baat by ’n rooi lipstiffie met ’n oranje-ondertoon (warm skakerings
van rooi)
* Donkerder velle kom ook tot hul reg met ’n rooi lipstiffie met ’n oranje-ondertoon
* ’n Rooi lipstiffie met ’n blou (koue) ondertoon lyk ook mooi by donkerder velkleure, maar
gaan nie uitstaan nie
* Wend ’n onderlaag aan jou lippe om die kleur te neutraliseer en lipstiffie langer te laat
  hou
* Kies ’n rooi lipomlyner wat pas die skakering van jou lipstiffie en wend dit aan om te
keer dat die kleur buite die lyne van jou lippe gaan
* Hou die res van jou grimering eenvoudig: Probeer ’n oogskadu in ’n natuurlike skakering
soos bruin, grys of beige en wend lekker baie maskara aan

Kies só die regte rooi lipstiffie vir jou

3 haarstyle met vlegsels

VLEGSEL 1: Drie-vlegsels-in-een

Stap 1: Vat ’n string hare net bo jou oor aan die kant van jou kop.

2014-02-13 15.56.15Stap 2: Deel dié string in drie dele en begin ’n gewone vlegsel maak.

2014-02-13 15.56.47Stap 3: Sodra die vlegsel amper aan die agterkant van jou kop is kan jy stuk-stuk hare begin byvoeg om ’n onderstebo Franse vlegsel te begin.

2014-02-13 15.58.21

Stap 4: Wanneer jy by jou nek kom, begin om ’n gewone vlegsel te maak en vleg tot by die punt van jou hare.

2014-02-13 15.58.47Stap 5: Gebruik haarsproei en knippies om die styl in plek te hou.

2014-02-13 15.59.14VLEGSEL 2: ’n Kransvlegsel

Stap 1: Vat ’n stuk hare by jou tempel saam.

2014-02-13 15.59.40Stap 2: Deel dié stuk in drie bo jou oor en nié teenaan jou kopvel nie.

2014-02-13 16.00.05Stap 3: Begin ’n Franse vlegsel maak in die rigting van jou nek

Wenk: As jou hare baie fyn is, kan jy van die begin af met groter stringe hare werk om die vlegsel meer te laat uitstaan. Deur onderstebo te vleg kan jy jou vlegsel ook meer woema gee.

2014-02-13 16.00.31Stap 4: Van jou nek af vleg jy dan in die rigting van jou oor tot teen jou voorkop. Steek die vlegsel goed vas met knippies.

2014-02-13 16.01.05VLEGSEL 3: Boheemse-vlegsel

Stap 1: Maak ’n middelpaadjie sodat jy aan weerskante kan vleg. Begin deur ’n string aan die een kant van jou paadjie te vat en in drie te verdeel.

2014-02-13 16.01.34Stap 2: Maak ’n Franse vlegsel met die string wat verby jou oor tot in jou nek gaan. Steek dit vas met knippies of gebruik ’n haarrekkie.

2014-02-13 16.02.03Stap 3: Herhaal stap 1 en 2 aan die ander kant van jou middelpaadjie. Sodra die twee vlegsels bymekaar uitkom kan jy dit vasmaak.

Wenk: Maak ’n bolla eerder as ’n poniestert aan die einde vir ’n meer formele voorkoms.

2014-02-13 16.03.04Ons wys jou stap-vir-stap hoe om ’n Franse vlegsel te maak