Grimering in 10 stappe

Deur Liesl du Toit, SARIE Oktober 2011

Grimering in 10 stappe Foto’s: Verskaf Galery

Die Amerikaanse grimeerkunstenaar Bobbi Brown maak lysies vir alles in haar lewe. Selfs haar daaglikse grimering! Volg haar 10 stappe vir 'n mooi, afgeronde voorkoms.

Stap 1: Verbloemer

Gebruik 'n tikkie verbloemer onder jou oë om van donker kringe ontslae te raak. 

Stap 2: Onderlaag

Kies 'n skakering wat die naaste aan jou veltoon is, en wend dit oor jou hele gesig aan. Fokus veral op die dele om die neus en mond waar rooiheid voorkom. 

Stap 3: Poeier

Tik 'n gesigpoeier oor jou hele gesig om die onderlaag en verbloemer die hele dag te laat hou. 

Stap 4: Wenkbroue

Gebruik 'n borseltjie om jou wenkbroue netjies te maak, en 'n oogskadu so na as moontlik aan jou haarkleur om dit in te vul en definisie te gee. 

Stap 5: Oogskadu

Sit 'n ligte kleur (soos ivoor) oor jou hele oog, 'n mediumkleur (soos ligbruin) oor jou ooglid, en gebruik 'n donker kleur (soos steenkool of swart) om jou oë te omlyn. 

Stap 6: Oogomlyner

Wend 'n donker oogskadu teen jou onderste wimpers aan. Gebruik dan 'n oogomlyner teenaan jou boonste en onderste wimpers. 

Stap 7: Maskara

Sit twee of drie lae maskara aan om jou wimpers definisie te gee. Onthou om elke laag eers te laat droog word. 

Stap 8: Blosser

Kies twee skakerings: een wat pas by jou natuurlike kleur wanneer jy bloos, en 'n helderder een vir 'n tikkie kleur. Glimlag en wend die natuurlike blosser aan jou wange en dan opwaarts na jou haarlyn. Tik die helderder kleur op die appels van jou wange. 

Stap 9: Lipstiffie

Kies jou gunsteling-kleur en wend dit net so aan, of gebruik 'n borseltjie vir 'n ligter voorkoms. 

Stap 10: Lipomlyner

Gebruik 'n romerige lipomlyner nadat jy lipstiffie aangesit het vir natuurlike definisie vir jou lippe. 

Vinnige grimering

Volg dié stappe as jy min tyd het:

Stap 1: Verbloemer onder die oë.

Stap 2: Onderlaag om jou neus en mond.

Stap 3: Blosser op jou wange.

Stap 4: Lipglans of lipstiffie.

*Kyk uit vir die eerste Bobbi Brown-parfuum-afdeling wat onlangs in die Red Square in Fourways oopgemaak het. 

Verwante artikels

  • Definisie vir jou oë

    Definisie vir jou oë

    SARIE - Julie 2009

    Bobbi Brown, Amerikaanse grimeer-ghoeroe, spog met haar eie grimeerreeks en stel dit dikwels eers by modeweke op die proef voordat sy dit bemark.

  • Grimeerkunsies vir jou mooiste voorkoms

    Grimeerkunsies vir jou mooiste voorkoms

    SARIE Junie 2011

    Nog altyd gewens jy kan presies leer hoe om daardie klein foutjies te verdoesel? Steek kers op by een van die grimeerhuis Bobbi Brown se internasionale grimeerkunstenaars, Eduardo Ferreira.

  • Grimering van dag na nag in 'n japtrap

    Grimering van dag na nag in 'n japtrap

    SARIE Maart 2012

    By die kantoor of huis is jou grimering gewoonlik neutraal en eenvoudig, maar vir ’n aand uit behoort dit jou sexy te laat voel. 

Kommentaar

  • Ek wil so graag leer hoe om oog omlyner en vals oog wimpers aan te wend.

    3de Nov. 2011, 13:41