Inspirasie uit die 1960's
Foto’s: Rimmel Galery
Die karakter Emma Peel uit die 1960’s-televisieprogram The Avengers was haar inspirasie vir Zooey Deschanel se grimering by die Golden Globe-toekennings, sê Jorjee Douglass, grimeerkunstenaar vir die bekendes.
Sy het Zooey se voorkoms met Rimmel-produkte geskep en verduidelik hóé:
“Ek wou Zooey se mooi vel tot sy reg laat kom, en het begin deur haar vel met ’n onderlaagroom (primer) te behandel om dit te bevogtig en mat te maak. Daarna het ek haar vel superglad laat lyk met ’n onderlaag en verbloemer.”
“’n Sestiger-voorkoms is nie volledig sonder kat-oë nie. Ek het ’n vloeibare oogomlyner op haar ooglid en onder haar oë gebruik om dit reg te kry. ’n Sagte rokerige oog en baie maskara het haar dadelik ’n retro-voorkoms gegee.”
“Omdat haar oë so mooi gelyk het en die fokus daarop moes wees, het ek die res van haar grimering neutraal gehou en die voorkoms afgerond met ’n ligte blosser en lipstiffie.”
Verwante artikels
-
Grimering van dag na nag in 'n japtrap
SARIE Maart 2012
By die kantoor of huis is jou grimering gewoonlik neutraal en eenvoudig, maar vir ’n aand uit behoort dit jou sexy te laat voel.
-
Sjiek rooitapyt-hare
SARIE Januarie 2012
Die Golden Globes-toekenningsaand is verby, maar twee bekendes se haarstyle is steeds ’n inspirasie vir enige glansgeleentheid. Veral jou troudag of selfs matriekafskeid! Charlize Theron en Paula Patton se stiliste deel die geheime agter hul sjiek en sexy hare vir dié aand.
















Kommentaar