Kry Rolanda se feesvoorkoms

Deur Mariska Van Rooyen, SARIE - Julie 2009

Kry Rolanda se feesvoorkoms Foto’s: Clinton Lubbe Galery

Grimeerkunstenaar Lesley Whitby verklap hoe sy Rolanda onder hande geneem het.

Mooi in 4 maklike stappe!

1. Hierdie voorkoms is baie sexy – veral vir die aand. Begin deur oogomlyner of oogpotlood teenaan wimpers aan te bring.

2. Gebruik baie brons oogskadu op die ooglid en swart oogskadu in die oogvou en buitenste hoekies.

3. Tik ’n bietjie goue oogskadu in die binnekantste hoekies van oë en eindig met ’n hele paar lae maskara.

4. Hou jou lippe en wange taamlik neutraal. Sprinkel goue poeier oor die hele gesig om dit so ’n tikkie glans te gee.

 

 Selfvertroue en iemand wat weet waar haar sterk punte lê en dit beklemtoon, is wat ’n vrou vir my mooi maak. - Rolanda Marais

 
GRIMEERKUNSTENAAR, LESLEY WHITBY, GEBRUIK  

Revlon ColorStay 12 Hour
Eye Shadow in Copper Spice (R135)
Rond jou oë af met Clarins Mono Couleur
Single Eye Colour Long-Lasting in Totally Black (R170)


  • Hare Saadique
  • Grimering Lesley Whitby met M.A.C

Verwante artikels

Galery

  • Rolanda Marais
  • Revlon Colorstay
  • Clarins Mono Couleur

Kommentaar