Netjiese wenkbroue

Deur Liesl du Toit, SARIE September 2011

Netjiese wenkbroue Foto’s: Bobbi Brown Galery

’n Goeie raam kan ’n skildery fantasties laat lyk. Net so is jou wenkbroue ’n raam vir jou oë. Volg die grimeerkunstenaar Bobbi Brown se raad om hulle op hul beste te laat lyk.

Jou wenkbrou-gereedskap

  • ’n haartangetjie
  • wenkbrouborseltjie
  • wenkbroupotlood
  • deurskynende wenkbrou-jel

Kry en behou jou perfekte vorm só:

  • Die belangrikste stap is om jou wenkbroue se perfekte vorm te kry. Besoek ’n skoonheidsterapeut om dié stap te behartig. Daarna is die instandhouding makliker.
  • Hou jou wenkbroue netjies deur enige haartjies wat nié deel van jou wenkbrou-vorm is nie met ’n haartangetjie uit te pluk.
  • Kleur enige oop spasies in jou wenkbroue met ’n oogpotlood in. Kies ’n kleur wat die naaste aan dié van jou wenkbroue is en maak gate toe deur liggies in te kleur.
  • Gebruik ’n wenkbrouborseltjie om jou wenkbroue netjies te maak.
  • Wend ’n deurskynende wenkbrou-jel aan om die haartjies in plek te hou sodat jy heeldag perfekte wenkbroue het!

Verwante artikels

  • Grimering in 'n flits!

    Grimering in 'n flits!

    Met vandag se dol leefstyl is daar nie tyd om ure aan jou grimering te bestee nie. Plaaslike L’Oréal-grimeerkunstenaar Sylvie Hurford deel ’n paar wenke vir ’n dag- en aandvoorkoms wat jy in ’n japtrap kan skep!

  • Hoe om rokerige oë te kry - Ons wys stap-vir-stap hoe

    Hoe om rokerige oë te kry - Ons wys stap-vir-stap hoe

    SARIE - Junie 2010

    Dis die voorkoms wat almal wil hê. Doen dit in 6 maklike stappe en lyk soos 'n model.

Galery

  • Jou wenkbroue is 'n raam vir jou oë
  • Die grimeerkunstenaar Bobbi Brown

Kommentaar