Vermy gevlekte naels só!

Deur Liesl du Toit, SARIE Augustus 2011

Vermy gevlekte naels só! Foto’s: Revlon Galery

Gekleurde naellak is elke seisoen in die mode, maar sommige kleure (veral helder en donker kleure) kan jou naels vlek indien jy dit nie reg gebruik nie.

Volg dié stappe voor jy daardie nuwe kleur aanwend om gevlekte naels te vermy:

  • Haal enige ou naellak behoorlik met naellakverwyderaar af voordat jy enige nuwes aansit.
  • As jou naels reeds skoon is, is dit steeds nodig om met naellakverwyderaar daaroor te vee. Só verwyder jy oortollige olie op jou naels, en behoort jou naellak langer aan te bly.
  • Moenie jou nuwe naellak skud nie! Dit veroorsaak dat borreltjies vorm. Rol eerder die botteltjie tussen jou hande vir so 30 sekondes.
  • Die belangrikste is om vooraf ’n laag deurskynende naellak aan te wend. Wag totdat dit heeltemal droog is voordat jy jou nuwe kleur aanverf!

Verwante artikels

  • Muppets inspireer kleure vir jou naels

    Muppets inspireer kleure vir jou naels

    SARIE Januarie 2012

    Kermit, Miss Piggy, Gonzo, Rizzo en die res van die Muppets vermaak gehore al vir jare op die kassie en die silwerdoek. Hul nuutste fliek, The Muppets, begin 27 Januarie by plaaslike teaters wys, en OPI het besluit om 'n reeks prettige naellak-kleure vir dié geleentheid uit te reik! 

  • Prettige naels vir lente

    Prettige naels vir lente

    SARIE September 2011

    Vier die koms van die lente en verf jou naels in 'n vrolike kleur met Kangol se nuwe Retro Resort-naellak.

Kommentaar

  • Waar kan ek die kersierooi naellak koop wat saam met Sarie 'n maand of twee verkoop is. Dis 'n stunning kleur op my tone. Watter maak is dit?

    29ste Apr. 2012, 11:07
  • Die probleem wat ek partykeer het is as ek die naellak afhaal, al het ek 'n "base coat" gebruik, kom van die rooi op die nael en kleur dit nog steeds. Sanet Lanser

    14de Aug. 2011, 12:15
  • Ek sit Signature the Nail Whitener p[ my naels alvorens ek enige naellak aanverf en dit werk regtig. Ek het nog nooit weer geel naels gehad nie al dra en die hele tyd helder kleure, selfs my toonnaels word glad nie geel nie. Marinda Vermeulen

    13de Aug. 2011, 16:55
  • Geraldine,my ma se toonnaels,veral die groot tone,was ook altyd so geel. Sy sou agterna uitvind dat sy n diabeet is en dis hoekom haar naels so verkleur het. Hoop nie dis jou geval nie! My naels verkleur van die naellak,ek buff dit sommer weg! n Onderlaag(base coat) is seker die regte ding om te gebruik.

    12de Aug. 2011, 17:00
  • Het onderlaag aangesit alvorens ek my geskenk naellak aangesit het. Donderdagaand gedoen en Sondagooggend afgehaal en my naels was lelik gevlek. Om en by n' week geneem om weer skoon te gekom het. Was heel skaam om met die gevlekte naels te loop.

    10de Aug. 2011, 16:10
  • Hi ek wonder of julle kan help? Ek dra maar altyd naellak op my toon naels, die rede daarvoor is my toon naels het so geel kleur. Ek weet nie wat het dit veroorsaak nie? Kan julle asb my help en se hoe kan ek my naels weer wit kry? Baie dankie

    10de Aug. 2011, 16:02