Wenkbroue wat wink
Foto’s: Phyllis Green Galery
Vorm jou wenkbroue stap-vir-stap só.
Stap 1
Kies ’n oogskadu-kleur wat by jou hare en wenkbroue pas.
Dit kan eerder ’n skakering of twee ligter as jou eie wees as wat dit
te donker is. Oogskadu gee ’n sagter afwerking as ’n wenkbroupotlood.
![]() |
![]() |
| Stap 2 Gebruik ’n wenkbrou-borsel of wenkbrou-maskara om die haartjies reg te laat lê. (Laasgenoemde lyk byna soos maskara, maar bevat ’n deurskynende formule wat jou wenkbroue opknap en in posisie hou.) |
Stap 3 Gebruik die poeier-oogskadu om yl wenkbroue in te vul. Begin binne waar die wenkbrou begin (bokant die oog se binnehoek) en maak seker jy vul al die gaatjies in. |
![]() |
![]() |
| Stap 4 Vul jou wenkbroue só in dat jy ’n boog skep. Hou ’n potlood vertikaal oor die middel van jou oog. Waar dit oor jou wenkbrou kruis, is waar die boog buitekant moet begin. |
Stap 5 Kyk of jou wenkbroue lank genoeg is. Jy kan die illusie van langer wenkbroue skep deur oogskadu met die borseltjie se plat kant verder aan te wend. |
Wenk
Wenkbroue moet reg bo die binnehoekie van jou oë begin, met die boog driekwart verder aan.
Spesiale gevalle
- Wenkbroue wat besonder yl is, kan reggestel word deur die leë dele in te vul met 'n wenkbrou-potlood een skakering ligter as jou wenkbroue.
- Eindig met 'n laag oogskadu bo-oor in dieselfde kleur as die res van jou wenkbroue.
- Skewe wenkbroue sal ook vorm en definisie kry met hierdie 5 stappe - vul jou wenkbroue só in dat 'n deurlopende lyn sigbaar word.
Verwante artikels
-
Lee-Anne Liebenberg se skoonheidswenke
SARIE Maart 2010
Die bekende model Lee-Ann Liebenberg deel haar skoonheidsgeheime.
-
Model en Survivor-deelnemer, Jacinda Louw, se skoonheidswenke
SARIE - September 2009
Groentee elke dag!
-
Nianell oor haar kinders, skoonheidswenke en nuwe album
SARIE - Februarie 2010
-
Ruk jou wenkbroue reg
SARIE - April 2010
Daar is baie maniere om jou wenkbroue in toom te hou.
-
Tammy-Anne Fortuin se skoonheidswenke
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 2
Model en TV-aanbieder Tammy-Anne Fortuin, deel haar geheime.

























Kommentaar