Wenke vir winter-lippe
Foto’s: Verskaf Galery
Winter kan jou lippe droog en vaal laat lyk, maar daar is raad!
Met die regte sorg kan jy die res van die winter en vroeglente aandurf sonder om jou mond agter ’n serp te wil wegsteek.
Omdat die vel van jou lippe dunner en delikater as die res van jou gesig is, word dit erger geaffekteer deur die wind, koue en in die binneland droë lug. Dus verg jou lippe ekstra aandag en sorg gedurende die harde wintermaande.
Die grimeerkunstenaar Bobbi Brown deel haar wenke vir sagte, soenbare lippe:
- Moenie jou lippe lek nie. Die speeksel ontneem dit van enige vogtigheid wanneer dit opdroog.
- Raak ontslae van droë vel deur oogroom aan te smeer en dan liggies met ’n tandeborsel of waslap daaroor te vryf.
- Wend ’n ryk lipsalf aan wat bestanddele soos avokado en galambotter bevat. Dit help gebarste vel en die verlies van vog voorkom.
- Bly weg van mat lipstiffies wat jou lippe kan uitdroog. Gebruik liewer lipglans of ’n gekleurde lipsalf.
![]() |
Probeer gerus La Mer The Lip Balm (R520) om jou lippe sag te hou. Dié strelende lipsalf – ’n hoë konsentrasie van die formule van Crème de la Mer – bevat bestanddele soos Lip Lipid Complex en Marine Anti-Freeze Protein wat jou lippe dadelik gladder en sagter laat voel terwyl dit droogheid verminder. |
Verwante artikels
-
Beskerm jou hare in die winter
SARIE Julie 2011
Alles is droër in die winter, en dis nie net jou vel wat ekstra vog in dié seisoen nodig het nie.
-
Vertroetel jou vel só dié winter
SARIE April 2012
Die koue seisoen is om die draai, en daarmee saam ook ’n droë, jeukerige vel.



















Kommentaar
Tessa Maritz het gesê:
Annique bly die beste en pryse is bekostigbaar.
5de Aug. 2011, 18:32Berdine de Klerk het gesê:
Drie rate: 1. Goeie ou Vaseline, al stem die skoonheidkundiges nie saam. Dit vorm 'n 'barrier' vir wind en weer. 2. Annique se RESCUE cream - het al 'n dokter wat raadop was met 'n bars in sy lip, oortuig. In die aand Annigue se Miracle Tissue Oil. 3. 'n Ander wondersalf (vir enige einas) is Du Plooy's WONDER HERBALINE. Die reuk laat dink jou effe aan Zambuk, maar UITSTEKEND. Kontak: 0824455348 om te bestel. El-cheapy! Ja, moenie lek. Moenie lipice gebruik, dit maak jou lippe net 'verslaaf' en heel dit nie. En tik maar jou oogroom ook aan. Tog is dit nie genoeg vir ons droe winters in Namibie. As jy wil gesels - arbeid@mtcmobile.com.na Oja, ander el-cheapy raad vir droe naelvliese. Masseer elke aand medisinale OLYFOLIE in jou naels in. Droe hande - saans olyfolie, dik handeroom, verseel met lagie Vaseline en katoen handskoene - te kry by SPAR - by kosmetiek- of skoonmaakafdeling. Waarborg - lieflike hande al is jy al amper pensionaris....
29ste Jul. 2011, 10:32grietjie het gesê:
kan ons nie 'n slag hoor van meer self-maak produjte wat mens kan gebruik nie of iets wat mens in die huis het of net meer effektiewe produkte wat bekostigbaar is
26ste Jul. 2011, 14:20Karin het gesê:
@ C Grobbelaar - Vra dit!!!!!! En dan is dit seker vir 2ml!!
22ste Jul. 2011, 07:45C GROBBELAAR het gesê:
Liewe land, wie het geld om R520,00 op liproom te spandeer???
21ste Jul. 2011, 13:44