FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

Skoonheid

Volume vir jou vel – in ’n glas!

In die wêreld van skoonheid is volume op almal se lippe. Het jou vel volume, lyk dit jonk en gesond; sonder volume is dit ingesonke en minder ferm. Danksy die nuutste gonswoord, kollageen-aanvullings, is die geheim vir jonk-wees nou ook beskikbaar in ’n glas.

Wat is kollageen?

Kollageen is ’n proteïen wat onder meer in jou vel voorkom en dit plomp en ferm hou. Maar met ouderdom vervaardig jou vel al hoe minder – iets wat niemand van ons wil hê nie! Daarom beloof al hoe meer rome om kollageen oor tyd te stimuleer vir ’n jeugdiger voorkoms, terwyl meer indringende behandelings soos vullers, wat jou vel in ’n kits opplomp, al lank gewild is. En nou is kollageen-aanvullings op die voorgrond. Dié produkte, wat jy as drankie of in pilvorm kan neem, gee glo kollageen van binne ’n hupstoot vir ’n jonger vel.

MOOD GS freedom vryheid Cute smiling little girl with dandelion in her hands makes wish

Hoe werk dit?

Kollageen wat mondeliks ingeneem word, word afgebreek tot baie klein peptiede wat deur jou bloedstroom opgeneem word. Dié “mini”-proteïene stuur ’n sein na jou vel dat dit beskadig is en nuwe kollageen gemaak moet word. Velprodukte met dié “sein”-peptiede werk op dieselfde manier, het dr. Nerina Wilkinson, plastiese chirurg van Kaapstad, aan SARIE se gesondheidsredakteur, Lydia van der Merwe, gesê.

Probeer dié kollageen-aanvullings:

USN Collagen + CLA (R200)

Solal Collagen Plus (R207)

Collagen Lift Paris (R680 vir 28 ampules). By Clicks of besoek www.collagenliftparis.com

 

* Die artikel het oorspronklik in die Januarie 2016-uitgawe van SARIE verskyn.

Lees nou