WEN met Modern Muse

Estée Lauder Modern Muse wen parfuum van die jaar!

Die skoonheidshuis Estée Lauder se nuutste parfuum, Modern Muse (R635 vir 30 ml EDP), is vanjaar bekroon as die geur van die jaar in die kategorie Women’s Prestige by die gesogte toekenningsaand van The Fragrance Foundation.

Dié parfuum bevat twee kontrasterende akkoorde wat die veelsydigheid van die moderne vrou perfek vasvang – ’n blom-akkoord met note soos jasmyn, nartjie en lelie, en ’n hout-akkoord met note soos patsjoelie, muskus en vanielje. Die parfuumbottel se spuitstuk is selfs versier met ’n vlootblou “strik” sodat die bottel altyd “perfek aangetrek lyk”.

Modern Muse parfuum

Lees meer oor Estée Lauder Modern Muse

Estée Lauder het ná die toekennings dié foto en boodskap op Instagram gedeel.

Ander groot wenners van die aand was die groep One Direction se One Moment One Direction, wat met die verbruikerskeuse-prys in die Celebrity-kategorie weggestap het, en Clinique se Clinique Happy, wat met die Fragrance Hall of Fame-prys weggestap het.

Parfuum 101 – jou eie parfuumgids!