mg_9350
Van ons adverteerders

Lyk goed. Doen goed. Ondersteun 46664 Fashion

Die kleurvolle 46664 Fashion-reeks het modeliefhebbers by die onlangse SA Modeweek in Johannesburg laat regop sit.

Maar dit gaan oor meer as mooi klere: Dié reeks is gestig as volhoubare inkomstebron wat die humanitêre erfenis van die 46664-stigter, Nelson Mandela, laat voortleef.

Plaaslike vennootskappe sorg dat die Suid-Afrikaanse modebedryf ook voordeel trek, en daar’s planne om die 46664 Fashion-reeks mettertyd volledig plaaslik te vervaardig.

46664 Fashion het ‘n span ontwerpers waaronder die bedryfsveterane Chris Vogelpoel en Barbara Tosalli, asook die bekroonde ontwerper Craig Native. Dís als  onder die vaandel van Brand ID, ‘n afdeling van Seardel.

Hierdie gedugte span ontwerp reekse vir mans, vroue en kinders. Elke item – van die gemakskoene, hoede en T-hemde tot luukse items – word gemaak om aandag te trek en uit te staan. Vrolike kleure, subtiele en soms versteekte detail, die kreatiewe gebruik van shweshwe-patrone, ‘n speelsheid en ‘n sterk bewustheid van trends word slim verweef in hierdie besonderse modereeks.

46664 Fashion omvat die energie, positiwiteit en vrypostige kreatiwiteit van Afrika, en met ’n persentasie van die verkope wat na die 46664-organisasie gaan, sal dié wat dit dra, nie net goed voel nie, maar ook goed doen.

46664 Fashion

46664 Fashion

46664 Fashion

46664 Fashion

46664 Fashion