dkny_w_purenyhol_820c
Van ons adverteerders

Deel jou kerswens en wen ontwerpersgeure!

Wat is daardie spesiale kerswens wat geld nie kan koop? Vertel ons hieronder en 5 gelukkige sarie.com-gebruikers kan elk ‘n geskenkpak met vroue- en mansgeure van DKNY, Tommy Hilfiger en Aramis wen – die waarde van elke prys is R1 500.

Droom jy van ‘n bederf-ontwerpgeur in jou Kerskous? Hier is ‘n reeks opwindende spesiale aanbiedinge*.

DKNY

Onder R300!

 

Ornamental Be/Fresh Blossom
15 ml vir R200

* beskikbaar vanaf middel-Desember

Be Delicious Mini Coffret-stel:
‘n versameling van 4 x 7 ml handsakgrootte parfuums

Spesiale prys: R270 (waarde is R370)

DKNY

Onder R600!

 

 

 Hierdie Be Delicious, Red Delicious, Delicious Night
of Fresh Blossom
-stelle bevat ‘n 50ml EDP
plus gratis 100 ml lyfroom

(*Fresh Blossom, 100 ml stortjel)

Spesiale prys: R575 (waarde is R900)

 

DKNY Pure New York:
50 ml EDP plus ‘n komplimentêre 150 ml lyfroom

Spesiale prys: R595 (waarde is R820)

TOMMY HILFIGER

Onder R600!

 

 

Tommy Girl Favourite Things:
50 ml cologne-sproei plus ‘n gratis 200 ml lyfroom en grimeersak

Spesiale prys: R450 (waarde is R770)

Tommy America’s Best:
50 ml cologne-sproei plus ‘n gratis 200 ml stortjel

Spesiale prys: R430 (waarde is R630)

Tommy American Star:
100 ml cologne-sproei plus ‘n gratis 200 ml APS en skeersak

Spesiale prys: R595 (waarde is R895)

ARAMIS

 

        

Aramis Classic True Gentleman-stel:
60 ml EDT plus ‘n gratis 250 ml APS

Spesiale prys: R410 (waarde is R575)

Aramis Classic Man of Style Ultimate Collection:
110 ml EDT, 75 g deodorant
plus ‘n gratis 120 ml naskeermiddel en ‘n badsak

Spesiale prys: R830 (waarde is R1 335)

 

  

 

Aramis Classic Executive Collection:
110 ml EDT plus ‘n gratis 50 ml naskeerroom, 100 ml APS
en 150 ml Invigorating Body Shampoo

Spesiale prys: R625 (waarde is R1 108)

 

    

 

Aramis Gentlemens Collection –
Try Life, Havana of New West:

100 ml EDT plus ‘n gratis reissak

Spesiale prys: R655 (waarde is R805)

* Voorraad is beperk en die aanbiedinge is slegs geldig terwyl daar voorraad is.

ONTHOU OOK:
Neem die oorspronklike brosjure met hierdie spesiale aanbiedinge saam winkel toe deur die volgende te doen:

Klik op die pdf-dokument wat onder die foto bo regs gelaai is. Maak dit oop en druk, of stoor dit iewers op jou rekenaar.

DEEL JOU WENS IN DIE KOMMENTAARBOKS HIERONDER EN WEN!

  • http://www.sarie.com Elana Esterhuyse

    My kersfeeswens is ‘n brood (vir almal wat dit nodig het).

  • Eureka Kruger

    Ek wens dat almal die Kersfees saam met iemand spesiaal sal wees. Hetsy ‘n kerel, verloofde, familie of vriende. Solank niemand alleen is oor Kersfees nie is alles reg. Ek was 2006 se Kersfees alleen en dit was NIKS lekker nie. So dis my wens dat niemand alleen sal wees die kers seisoen nie.

  • Johanita

    Vir my kinders om beskerm te word teen misdaad, dat hulle die voorreg kan kry om in ‘n veiliger land te kan groot word.

  • http://www.sarie.com Denise

    Dat net vir die dag van keersfess sal daar niks geweld wees nie en al die lande waar daar oorlog plas vind, hulle hul waapens neer le en stil word net vir die dag van keersfees.

  • Anuschka

    My wens is dat almal wat sukkel net ‘n beter lewe kan he, en dat ek iemand spesiaal in my lewe kan kry.

  • Maryke

    My wens vir hierdie Kersfees is ‘n warm sonnige dag, gevolg met ‘n lekker somers-aand, sodat almal, oud, jonk, ryk & arm ‘n warm Kersfees sal hê!!

  • Danille Dewing

    Ek wens dat elke kleintjie ‘n geskenk sal kry. Al is dit ‘n warm bord kos, ‘n paar skoene, n’ drukkie en n’ "Ek is so baie lief vir jou", of ‘n nuwe barbie, playstation 3 etc. Alle kleintjies MOET spesiaal voel, en so min van hulle kry dit. Veral op Kersfees…

  • Anel

    Dat ek hierdie kersfees die afgelope jaar se teleurstellings, groot verwikkelings en groottrek sal oorwin en volgende jaar begin met ‘n nuwe huppel in my stap en dat my een groot droom sal waar word!!

  • HYla

    My Kerswens is vir n gesin wat ek dmv n gebedskamer ontmoet het – hulle gaan deur n moeilike tyd (dogtertjie het gif per ongeluk ingekry), man het sy werk verloor, vrou baie sieklik….. en so gaan dit aan. Hulle is voorwaar Kind van God – ongeag al die probleme in hul lewe, klou en leef hulle steeds Christendom uit.. hulle bly op hul kniee en glo dat die Here sal voorsien, daarom, as ek iemand hierdie Kersfees se lewe kon verander of dan nou beter kon maak sal dit wees om hierdie gesin te help… (hulle woon in Pta)..

  • Annatjie Oosthuizen

    Vrede, liefde en gesondheid vir almal in ons land.

  • http://sarie.com Tamsyn

    Ek wens net dat die wereld ‘n beter plek kan woord vir elkeen van oons, dit was ‘n mooilikke jaar vir die meeste mense ryk of arem wereld wyd en dat ons as ‘n persoon net meer vir mekaar en die aarde kan omgee. miskien klink dit "soppy" maar ons leef verby mekaar, so om vir iemand its te gee oor kersfees gee dit met lefde en ‘n glimlag,waardeer ‘n present klein of groot want daars baie wat nie eens iets kry nie en maak tyd om met familie en vriende te spandeur die lewe is kort om nog kwaad te wees of iets teen iemand te hou. Kersfees is ‘n tyd om te gee, gee dit jou alles!

  • Noeline Coetzee

    Noeline Coetzee

    My wens vir die Kersfees is dat mense sal onthou wat die ware betekenis van kersfees is en dat die saamkoms van familie en vriende sal wees om Onse Hemelse Vader se verjaarsdag te herdenk en nie sal party en jolyt met wereldse dinge soos drank nie.

  • Vicky

    My Kersfees wens is vir my dogtertjie (10 jaar oud) se pa om betrokke in haar lewe te wees en sien watter voorbeeldige kind sy is en trots op haar kan wees. Ek soek nie geld nie, maar net dat hy betrokke in haar lewe word. Die verlange is groot binne in haar, maar sy praat nie. Dit sal haar grootste geskenk wees om hom net ‘n drukkie te kan gee.

  • Valerie

    My wens vir Kersfees, is dat ek met my familie rondom een groot tafel ‘n heerlike feesmaal gaan geniet. My familie’s is so wydverspreid en ek dink Kersfees is die regte tyd om almal bymekaar te bring, om gesellig te verkeer, en weereens te besef dat ons daar moet wees vir mekaar.

  • Yovandi

    My grootste wens die hele jaar deur,maar veral met kersfees is familie-vrede…Daar word maklik iets gesê wat te maklik verkeerd opgevat word of selfs nie eers die waarheid is nie wat haat,vyandskap en afguns veroorsaak tussen familie wat maak dat hul vir jare of nooit weer met mekaar praat nie.Hoekoem…kan almal nie net die vrede en liefde van God ervaar met kersfees en vrede maak nie.

  • Riana

    Vrede op aarde en in all mense ‘n welbehae

  • elize

    my wens is dat ek en my man mekaar weer kan vind tussen al die stres wat op ons is, en om bymekaar te woon. hy werk al vir 11mde in Pretoria en ek en ons seun bly in die Noord Kaap. tog is ons baie lief vir mekaar en verlang na mekaar. en ek kan nie meer sonder hom nie. en geen geld ter wereld kan geluk en op regte liefde koop nie.

  • ESTELLE

    My grootste en enigste wens is dat ons jeug die innerlike en uiterlike krag sal he om teen die dwelm reus in ons land te baklei (as ‘n persoon self deur ‘n dwelmhel gegaan het met kinders, sal hulle verstaan!!) As die wens nie waar kom nie, sit ons met ‘n generasie gaping in S.A.

  • Elsie Groenewald

    My Man het sy werk verloor in Maart 2009 en ek myne in Mei 2009. Na ‘n vrugtelose gesoek in die Kaap het my Man eers in Augustus 2009 weer werk in Gauteng gekry en ek werk nou van die huis af. Hierdie gebeure het my die ware waarde van geld en materiele dinge gewys. Ek het dae en nagte om bekommernis op bekommernis gehad oor waar die geld vandaan gaan kom vir basiese behoeftes soos kos op die tafel, ‘n dak oor die kop, petrol in die kar om na onderhoude te gaan… Met die verlies van beide van ons se inkomste, het alles agter geraak en toe kom die bekommernis van "wat as hulle die bietjie materiele dinge wat ons nog het kom vat…?". En tog, deur die genade van Vader, was daar altyd voorsienning vir kos, petrol, die huishuur… Twee weke gelede sit en dink ek terug aan 2009 en ek besef: Ek staan vandag voor die Here soos die dag wat ek gebore is. Ek het net myself om aan die Here te bied, niks meer niks minder nie. En dit is my Kerswens vir die wêreld: Dat ons almal sal vergeet van die gejaag na wind. Dat ons onsself aan die Here sal bied net soos wat ons is en Hom ten volle sal vertrou vir die begeertes van ons hart, om ons heel te maak, te voorsien in ons behoeftes… Ek eer vandag my Hemel Vader wat ons deur 2009 gedra het! Sonder Hom, is ek niks. Met Hom, het ek alles…

  • Lizere

    My wens vir Kersfees is, dat die kriminele in ons land meer respek sal he vir ander mense se lewens, en mooi dink voor hulle net doodmaak, verkrag of aanrand…. Dat daar minder geweld sal wees teen kinders en diere, en dat elke persoon uitreik na iemand anders…

  • Elizna Louw

    My wens is dat die vrouens wat hier by ons op die plaas werk ook die ware Kersfees-liefde in hul harte sal ervaar en dalk ‘n verrassings-geskenk sal ontvang wat hulle soos ‘n ware vrou laat voel… al is dit net vir 1 dag. Nie een van hierdie drie vroue kan lees of skryf nie en my wens vir hulle is ‘n dag vol glimlagte en die besef dat hulle elkeen ‘n plekkie in hierdie wêreld het en ‘n groot plek in God se hart. Ek sou graag die dag vir hulle en hul gesinne onvergeetlik wil maak met lekker eetgoed, en ‘n groot, bont kersboom met presente wat die kleingoed se oë laat blink. Dis dinge waaroor ons droom hier in ons droë, warm Hantam-wêreld.

  • Elizna Louw

    O ja, en as ek aan onsself kan dink… ‘n eie babatjie om vas te hou sal die grootste geskenk wees wat ons kan ontvang. Ná byna 7 jr se vrugbaarheids-behandelings en ‘n hele klomp mislukte in-vitro pogings, is dit seker my innigste Kerswens: dat dit dié keer sal werk. Dink net hoe wonderlik sal dit wees!

  • Ronel

    My kerswens is dat mense die betekenis van Kersfees sal onthou as die herdenking van Jesus se geboortedag. Hy is die EREGAS. Nooi HOM ook uit na SY spesiale dag wat saam met familie en vriende gevier word. SY geskenk aan ons op aarde is "SY ONEINDIGE LIEFDE"! Deel dit!

  • Rolene

    Elke keer as ek ‘n warm asempie of armpies om my nek voel slaan, bevestig dit net weer my wense…dat elkeen wat nie die voorreg van ma-wees het nie wel daardie volvulling op een of ander wyse sal kry. Niemand moet die vreugde van ons sproggies ontneem word nie, want slegs in hulle le ware liefde, geluk, opregtheid, bewondering en verbasing deur die ontdekking van hoe wonderlik alles in die hele wye wereld is!

  • Deserise

    Daar is niks wat ek meer begeer as om weer my kinderjare saam met my ouers, broer en sister te beleef nie. Ek mis hulle. Dit was tye toe ek nog veilig en geborge gevoel het sonder enige vrese vir die toekoms.

  • Deserise

    Daar is niks wat ek meer begeer as om weer my kinderjare saam met my ouers, broer en sister te beleef nie. Ek mis hulle. Dit was tye toe ek nog veilig en geborge gevoel het sonder enige vrese vir die toekoms.

  • Deserise

    Daar is niks wat ek meer begeer as om weer my kinderjare saam met my ouers, broer en sister te beleef nie. Ek mis hulle. Dit was tye toe ek nog veilig en geborge gevoel het sonder enige vrese vir die toekoms.

  • Deserise

    Daar is niks wat ek meer begeer as om weer my kinderjare saam met my ouers, broer en sister te beleef nie. Ek mis hulle. Dit was tye toe ek nog veilig en geborge gevoel het sonder enige vrese vir die toekoms.

  • Deserise

    Daar is niks wat ek meer begeer as om weer my kinderjare saam met my ouers, broer en sister te beleef nie. Ek mis hulle. Dit was tye toe ek nog veilig en geborge gevoel het sonder enige vrese vir die toekoms.

  • Deserise

    Daar is niks wat ek meer begeer as om weer my kinderjare saam met my ouers, broer en sister te beleef nie. Ek mis hulle. Dit was tye toe ek nog veilig en geborge gevoel het sonder enige vrese vir die toekoms.

  • Tarina

    My wens is dat ek die babaseuntjie waarvoor ek en my man bid mag kry.

  • Elma

    My wens is dat my man net een sorgelose dag sal hê. Hy doen soveel vir my en ons 3 jarige dogtertjie en is my en haar steunpilaar! Ons het nie die meeste geld nie, bly in geen paleis nie en ry nie ‘n fancy kar nie . . . maar hy is daar vir ons – altyd.

  • Corne

    My wens is dat ek en my man nooit sal vergeet wat ons in hierdie jaar geleer het nie, want finansieel was dit moeilik, en net soos Elsie Groenewald het ons soms gewonder hoe ons hierdie maand gaan deurkom. Maar elke maand het die Here voorsien en nie een dag het ons iets gekort nie. Ek wens dat elke mens hierdie volkome BETROUBAARHEID van God kan beleef en dat daardie mensies wat wel honger en in nood het OOK alles mag he wat hulle nodig het en sal weet dat God hulle liefhet. Laat hierdie Kersfees een van dankbaarheid wees en nie een van smagting na materiele besittings nie, want die liefde van God en ons geliefdes is al wat op die ou end saak maak.Dankie Here dat U weet wat ons nodig het nog voordat ons vra!

  • Michelle Nel

    Hiermee wens ek vrede, vreugde en geluk vir elke opregte hart. Ek wens ook krag, insig en wysheid om tye te hanteer wanneer die vrede, vreugde en geluk jou ontwyk.

  • C.Goosen

    My wens is dat ons in die jaar wat voorle ons werke sal behou en altyd ons geliefdes sal wys hoe belangrik hulle vir ons is.

  • Christine

    Ek wens vir goeie gesondheid en vrede in elke huis, en veiligheid op ons land se paaie.

  • Lizelle

    My wens hierdie kersfees is groot in wese, maar goedkoop om te bekom. DIt kan nie vasgemaak word met blink strikke nie, maar sal gelukkige blink harte gee. Ek wens dat grootmense nie meer kinders sal seermaak nie, ek wens dat grootmense nie meer ander grootmense seermaak nie en ek wens dat elke grootmens en kind sy waarde sal sien en sal leef.

  • ELSABIE

    My wens vir hierdie kersfees is dat al my geliefdes veilig sal wees teen geweld en ook op die paaie. Mag almal vrede hê en die kerstyd geniet en ook sal onthou waaroor Kersfees eintlik gaan (Jesus Christus).

  • Belinda Haffner

    My wens vir kersfees is gesondheid daar is so baie mense wat hulle gesondheid opmors deur dwelms te gebruik en ons oumense in die ouetehuise daar is soveel kinders wat van hulle ouers in ouetehuise vergeet en die minder bevooregte kinders dit is beter om te gee as om te ontvang dink ek persoonlik ons het soveel om voor dankbaar te wees

  • Linda Lochner

    In ons familie en vriendekring is daar 2 gesinne, wat weens onnoembare verslawing,al hulle geld, werk en daarmee saam hule huise verloor het. My kerswens is dat daar engele oor die mense se paaie sal kom wat hul, sonder voorbehoud sal help.

  • Erika

    Ek wens vir ‘n Kersfees waarin God al die eer sal kry asook vrede en ‘n dag sonder moord, roof, verkragting en enige ander vorm van geweld vir alle SA burgers.

  • Marietjie

    My wens is dat ons hierdie warm kersgevoel in ons harte sal deel met die wat in die koue moet slaap. Dat die van ons wat ‘n vol magie het met heerlike smulkosse dit eerder sal deel met die wat niks het om te eet nie. Dat die van ons wat op luukse vakansies gaan eerder geld kan gee vir die wat nerens het om heen te gaan nie. Dat ons dankbaar sal wees vir dit wat ons wel het – Vriende, Familie en die belangrikste GOD se liefde wat geen geld in die wêreld kan koop nie!

  • Lynette de Villiers

    Ek hoop my grootste Kerswens word waar: Dat alle gesinne wat die Kersgety saam sal kuier, ‘n vreugdevolle, rustige en vredevolle tyd saam sal geniet!! Dit gaan nie oor groot of baie geskenke nie!! Ek wens vir myself dat ek hierdie Kerstyd nie alleen of hartseer sal wees nie – ek wens my sielsmaat word my ewige maat – eks so mal oor hom!

  • http://www.nowebsite.com Mari du Plooy

    Saam met C.L. Leipoldt in sy " ‘n Kersnaggebed " wil ek ook wens en bid:

    " Ek smeek U, Heer, om hulp dat ek behou
    Die wonderskat my toebedeel as kind:
    Dat ek, in wat ek op U wereld vind,
    Weerkaatsing van U godlik skoon aanskou. "

  • Irina Snyman

    My wens is ‘n wens vir my kinders.Ons gesin het 2 baie hartseer Kersgetye ater die rug agv geliefdes wat ons aan die dood afgestaan het.Ek wens vir my gesin ‘n Kersgety sonder smart en Hartseer.’n Kersgety waarin ons almal die Vreugde en Vrede wat Christus alleen kan verskaf sal ervaar

  • Sue

    My Kersfeeswens hierdie jaar is effens selfsugtig: Daar is SOVEEL nood in die wereld rondom ons, maar ek sal SO graag Kersfees saam met my oudste sus wou vier – sy veg dapper die stryd teen kanker, en ek kan nie onthou wanneer laas ons saam was vir Kersfees nie.

  • HANNIE DE WAAL

    Die trane loop al klaar, nog voor ek my Kerswens uittik. Ek sluk baie swaar, want dit is jare te laat en ek het dit NIE EEN KEER GEDOEN terwyl hulle nog gelewe het nie. Ek WENS ek kon my Ma & Pa styf vashou en vertel hoe lief ek vir hulle is. (My Pa het jare gelede Aramis gebruik, ek ruik dit nog steeds). Al wat nou oor is, is die verlange en herinneringe. Ek dank die Vader vir my 2 kinders wat dit elke dag vir my se!

  • Liesl

    My wens: Vrede, liefde, ‘n bietjie meer verdraagsaamheid. Geduld, en die besef hoe spesiaal en kort die lewe is. Daar is te min tyd vir al die skinder, baklaai, rugstekery, oorlog, bedrog.

    En ‘n geskenkie vir elke kind, geen honger maagies nie. Ons is so bevoorreg.

  • Lindie Lezar

    Ek wens dat almal van ons vrede, aanvaarding en liefde in ons self kan vind en ervaar, om sodoende ‘n vreedsame, vreugdevolle en liefdevolle Kerfees saam met ons familie en vriende kan deel. Geniet die Kerstyd!

  • Marietjie

    My kersfeeswens hierdie jaar is om net weer my ouers langs my te kan hê en dat ons mekaar ‘n stywe drukkie kan gee en mekaar kan waardeer vir wie en wat ons is, en dat ek hulle met opregte gevoel kan vertel HOE BAIE ek hulle lief het. Daar is nou al vir ‘n paar jaar onenigheid tussen ons, en ek wil bittergraag weer die vrede tussen ons herstel. Ek mis hulle beide ontsaglik baie.

  • Loraine

    Ek wens dat elke kind by Ithembalethu (‘n huis waar weggooibabas in Durban versorg word) hierdie Kersfees ‘n familie sal kry wat hulle sal aanneem.

  • Rachael Van Zyl

    My kersfees wens is dat almal wat mekaar nie kon vind in 2009 ,mekaar sal vind in 2010 en dat elkeen van ons moet besef dat elkeen van ons uniek in GOD se oe is en hy het ons op hierdie aarde gesit met ‘n doel . Ek wens dat almal wat mekaar haat kan vergewe, dat broers en susters mekaar kan respekteer en liefhe en dat ons nooit moet ophou glo en vertou op onse HERE nie want sonder hom kan ons nie ‘n voortbestaan he nie. Dat Kinders hulle ouers sal respekteer en skoondogterse en skoonmas goed oor die weg sal kom en dat aborsie sal verbode word, dat vigs sal verminder, dat kanker genees kan word en dat alles wat ongesond is uit die weg geruim sal word, dat haweloses na omgesien word en skelms vasgetrek word.

  • Madeleine Nel

    Genoeg liefde vir almal – ook die wat nie gesinne het nie. Genoeg reen vir drooggeteisterde gebiede. Lojaliteit, minder misdaad en kos vir die wat nie het nie.
    Madeleine

  • Muriel

    My wens die Kersfees is dat alle kinders veilig sal wees, veilig teen pedofiele, dronk ouers, motor ongelukke en rooftogte.
    Ek wens dat alle kinders ‘n glimlaggie kan hê en dat alle seer wat veroorsaak is deur volwannes sal verdwyn.

  • Lindie

    My grootste kerswens is om my broer in NEW ZEALAND weer te sien. Ek het hom 4 jaar laas gesien en ons is baie close! Ek verlang vreeslik baie na hom en dis te duur om soontoe te gaan!

  • Annette Gilham

    Vrede, vrede en nogmaals vrede. Tussen familie, vriende, bevolkingsgroepe en in ons elke dag se omgang met mekaar.

  • Liezl Labuschagne

    My Kerswens is n tuiste vir al die troeteldiere by die Diere Beskermings Vereeniging. Diere kan nie vir hulleself praat nie en dit is ons plig om hierdie diere wat deur Ons Vader geskape is te beskerm.

  • Carine

    My grootste wens is dat my pa die Kersdag saam met my en my man sal deurbring.

  • GGG

    Rigting om myself weer te vind na ‘n storm wat my verwoes het

  • Almari Boshoff

    Ons woon noual amper 3 jaar in Amerika.Ek en my man is gebore in Suid-Afrika en sal ALTYD IN ONS HART WENS DIT WAS DIE LAND WAARIN ONS ,ONS KINDERS KAN GROOTMAAK!Maar dit wat ek die meeste MIS IS ONS FAMILIES,DIE REUK VAN SUID-AFRIKAANSE SATERDAE….braaivleisvure,rugby en GOEIE SUID-AFRIKAANSE MUSIEK!!!SOOS MY WENS AAN ALMAL IN SUID- AFRIKA:GEEN JOU FAMILIE `n STYWE DRUK,ASEM `n DIEP TEUG VARS SUID-AFRIKAANSE LUG IN en MAG DAAR DIE MOOISTE MUSIEK IN JOU ORE WEES!!want ONS HET DIE WONDERLIKSTE LAND IN DIE WERELD!!

  • http://Sarie.com Lesna Saayman

    My wens vir Suid-Afrika is dat misdaad sal afneem. Ek was self amper ‘n slagoffer van misdaad in April, maar die Here het sy hand op my gehou en gekeer dat niks sleg met my gebeur nie.
    Misdaad raak ons almal en dit is nie lekker om so iets deur te gaan nie.
    Ook sal ek so graag Kersfees saam met my ouers wou deur bring. Ek bly 16 ure van hulle af en weens finansies is dit net nie moontlik om bymekaar uit te kom nie.

  • Quinita

    Ek wens dat elke mens ‘n wens moet kry

  • Adri

    Wel dis nou al jaar nommer 12 en vir die eerste keer in, wel 12 jaar gaan ek die vakansie deurbring by my ouers en ek kan nie wag nie. Om tyd saam met familie te spandeer op Kersfees is onsettend belangrik. My kleinboetie kon ek ook nie sien laas jaar vir sy verjaarsdag of op Kersfees nie maar wense word waar en hierdie jaar is hy by die huis vir altwee. Dis die wonderlikste geskenk ooit. Liedfe vir familie en vriende. Ek het een kleine wensie dat die diere ook in ag geneem word aangesien so baie verwerp of weggegooi word in die feestyd. Die SPCA doen wonderlike werk en ek hoop dat meer mense diere sal aanneem in die nuwe jaar. :)

  • Yvonne

    My wens vir Kersfees, is liefde,geluk en vrede vir almal in SA. Maar nie net vir Kersfees nie, maar vir ALTYD. Vir myself wel miskien ‘n klein ou karretjie al is dit tweedehands,soos wat ek gehad het. My oorlede man het vir my ‘n rooi unotjie gekoop kort voor hy oorlede is, en hy is intussen gesteel en nou stap ek en seuna maar orals waar onsmoet wees. Maar ag,dis onbelangrik.My medemens moet gelukkig wees dis al.

  • Magdalena

    My Kerswens is dat my kleinseun (4jr) eendag n stabiele, liefdevolle huis by een van sy ouers sal he en dat hulle hom sal liefhe vir die wonderlike kind wat hy is.(Hulle is geskei en hy woon by ons vanaf 4mde).
    Soveel ouerpare sou wat wou gee vir n pragkind soos hy – sy grootste wens is om n pappa en mamma te he….

  • monique janse van vuuren

    my kersfees wens is dat almal lekker saam familie of vriende kuier hierdie tyd van die jaar sonder om te veel te eet en te drink, anders maak hul moeilikheid. waardeer en respekteer wie en wat jy het, daar is mense wat baie minder het as jy. wees dankbaar. geniet die feestyd en elke dag van jou lewe. Kersfees is nie ons dag nie, dis God se dag, so moenie oorbodig gaan met geskenke nie, doen dit liewer deur die jaar vir verjaarsdae of sommer net omdat jy lus is.

  • Mariska

    my wens. Iemand ‘n wees dogtertjie van 11 jaar se skool fonds sal kan betaal vir volgende jaar, sy het alby haar ouers in die laaste 3 jaar verloor. Dat sy ook kan lag en vrede kan vind die Kerstyd. Sy ook sorgloos kan lag en bly kan wees. Geen kind hoef te wonder waar geld vandaan gaan kom, om skoolgeld of kos te kan bekostig nie.. ‘n Geseende Christus fees vir almal

  • Walda

    My Kersfees wens is dat almal gelukkig en ‘n rustigheid in hulle harte sal hê. Hierdie jaar was ‘n slegte jaar vir meeste mense, met Finansiële verknorsings, "retrenchements" en hartseer. Ons is ook daardeur en mens moet kop bo water hou, hoe moeilik ook al.

    Ek hoop ook dat almal ‘n geseënde Kersfees en ‘n wonderlike 2010 sal hê.

  • CATHY YOUNG

    EK OF ONS IS DEUR N BAIE BESIG JAAR, GELUK EN HARTSEER!
    MY GROOTSE WENS IS LIEFDE,VREDE TYD VIR MEKAAR EN LAAT DIE ANDER MENSE TOG DIE U SONNETJIE OOR N ANDER SE OP SAL LAAT SKYN.

    GESEENDE KERSFEES EN N GRATE 2010 VIR ALMAL

  • Corne Brynard

    Sjoe ek sit nou hier met trane in my oë, mag GOD elke wens hierbo waar maak,,, Aan elkeen van julle hierbo wat gewens het, Ons God is baie groot en mag Hy kersfees regtig spesiaal maak vir elkeen van julle. Vir my man, ek is baie lief vir jou en wens ‘n stresvrye werk vir jou toe en vir my seuntjie, mag jy ALTYD in God se rigting loop. Vir my familie, wens ek ‘n lekker,lag,lawwe,gesonde,vreedsame en liefdevolle kerstyd voor. En vir myself – God moenie jou oë afhaal van my af nie, want ek het jou soooo NODIG!!

  • Alicia Coetzee

    Elke mens se waarde is onbeskryflik, en net so hulle drome, begeertes en hartseer. My Kerswens vir 2009 is ‘n eenvoudige een, maar tog my droom vir die jare voorentoe: dat ek hoop en liefde sal kan bring vir daai om my, en waarlik ‘n verskil maak in elke plek waar ek myself bevind. Voorwaar, "dit is meer gessend om te gee as om te ontvang!"
    Mag die Here se liefde elkeen omvou, Sy genade naby wees en Sy Gees met ons.

  • Luke Howard Gallant

    Ek wens dat ek Matriek slaag en dat my ouers trots daarop sal wees.

  • claudine

    my wens vir kersfees is vrede en geluk vir almal in die land. geen baklei of woede nie. almal wat ek ken en almal wat my ken moet lief wees vir mekaar en die Hemelse Vader aan bid soos nog nooit tevore nie want sonder hom is ons niks nie maar met my Pappa aan almal se sy is ons alles in die groot wereld. almal se bang gevoelens moet verdwyn en net vrede in ons land. ek wens ook dat almal in 2010 die wonderlikste jaar swal he me Liewe Jesus aan hulle sy. al die kinder moet gehoorsaam wees teenoor die ouer geslag en almal net gelukkig en glimlaggies op almal se gesiggies. al die straat mensies moet hulle self reg ruk en uit gaan om n lewe te maak en hou op om te bedel. dit breek my hart om die mense by die verkeerswligte te sien en vra vir geld.
    ons kan net al die dinge kry as ons DADDA ons deur dit help. so ek bid vir almal wat die sal lees dat hulle geseend in 2010 in sal gaan met die vertrou dat GOD SAL VOORSIEN WAAR HY KAN EN WAAR HY GOED DINK.

  • Sophia

    My kerswens is vir my kinders wat afgeswaal het om tot bekering te kom en my as hul moeder te kan respekteer.
    Ek bid en glo dat Vrede en Liefde vir ons in die Kerstyd openbaar sal word.

  • Hannes Smith

    My wens vir kersfees is dat elke kinder-hartjie wat eensaam en hartseer is vreugde en geluk sal vind.

  • Estelle Nortje

    Dat die mans wie nie in die kollig is nie sal leer uit die foute van Steve en Joost en dat daar nie nog voorvalle is wat mens laat wonder of ware liefde regtig bestaan nie, dat huwelike eerlike, veilige en liefdevolle skuilplekke in hierdie hatige tyd van oorlog, geweld, misdaad, rasse konflik en ekonomiese verliese reg oor die wereld kan wees, sodat elke vrou, man en kind ‘n plek het waar hul kan skuil teen die wrede wereld daar buite.

  • lizèl

    my wens is dat almal wat so bevoorreg is om n kind in hul lewens te he dit opreg sal waardeer en besef dat n groot skat aan hulle toe vertrou is. ek wens so dat ouers verantwoordelik sal optree en besef dat alles wat hulle doen n indruk maak op n kind se gemoed. Pas julle stukkies goud baie mooi op sodat hulle net respek en bewondering vir julle sal hê.

  • chrismare du Toit

    My wens vir hierdie kersfees is dat my skool, in Korea, vroeer kon sluit sodat ek ‘n somerkersfees saam my ouers kon geniet! En dat my pastor, Eddie Byun en sy vrou Hyun se baba, prinses Emma gesond sal word en kan huistoe gaan!!! (Emma is 10 weke te vroeg gebore en haar niertjies het ingegee, sy het al ‘n hele paar operasies gehad!!! as gevolg van haar niere… kan sy nie piepie nie en dit veoorsaak dat al die gifstowwe haar organe laat ophou werk het… toxic shock…of so iets)
    EK DINK MY GROOTSTE WENS IS DAT EMMA SAL PIEPIE!!!!!

  • Amorie

    My wens is ‘n gelukkige huwelik en gesonde verhoudings met familie vir almal. Asook dat die mensdom meer sal glo en minder sal dink.

  • Ronel Krige

    Ek en my man is deur n baie moeilike jaar. Ons het alles verloor weens bankrotskap,ons verhouding het daar onder gly, ek moes uit my geliefde dorp Nelspruit trek waar al familie is na Botswana. Dinge het nog net skeef geloop die hele jaar! My wens is dat ons net erens ons plekkie in die son kan vind, en ook vrede en liefde in ons samelewing.

  • Belinda Wallis

    My wense is dat God my in 2010 oorvloediglik sal seën sodat ek
    weer vir mense in nood ‘n helpende hand kan wees, nie net op
    materiële vlak, maar ook op geestelike vlak. O, my Heer hoor my
    gebed en wees met hulle wat saam met my hunker om dieselfde vir
    ander mense te doen!

  • Chantelle Liebenberg

    Wêreldvrede en geluk vir almal en vir myself, iemand spesiaal wat al die hartseer kan wegvat en my weer gelukkig maak.

  • teresa kruger

    My Kerswens is vir vrede en liefde en om vir ander te kan gee wat nie het nie. Self sukkel ons finansieel maar het vir die vakansie ‘n seum van die kinderhuis ingeneem om die kerstyd saam met ons deur te bring. Hy het sonder ekstra klere – net met die aan sy lyfie by ons aangekom – en ons as vreemdelinge moet in sy behoeftes voorsien. Ons doen dit nie om te loop en brag nie maar om liefde te gee aan iemand wat dit selfde of ooit kry.
    My wens is vir vrede, liefde en om aan ander te gee nie wat geld kan koop nie – maar liefde en aandag.

  • Wendy

    My kersfeeswens is dat my familie mekaar net hierdie jaar waardeur op hierdie een dag. Al die kwaliteite wat elkeen beskik en dit wat elkeen uniek maak. Net waardering vir die waarde wat elkeen tot jou lewenspad gevoeg het.Net dankie se en lief wees vir mekaar. Die lewe is so kosbaar maar so vlietend. Elke oomblik is lewe.

  • Karen Erasmus

    My wens is dat elke persoon wat hierdie Kersfees vir die eerste keer sonder sy/haar geliefde Kersfees moet deurmaak, die krag van Bo sal kry om die eensaamheid en hartseer wat hulle mag ervaar, te bowe sal kom en weer innige geluk en vrede sal ervaar. Kersfees is ‘n besonderse moeilike tyd wanneer ons ‘n geliefde aan die dood moes afstaan, maar God gee ons die krag om sterk te wees. Geseende Kersfees aan julle almal.

  • http://www.sarie.co.za Marietjie

    My Kersfees wens is dat ons almal die grootste gebod sal nakom:
    Liefde vir ons Hemelse Vader en vir ons medemens! Wat kan dan verkeerd
    loop?

  • Belinda Schoeman

    Ons het einde November na Australia, Oberon geimmigreer met genade van Bo. Ten spyte van alles, was dit ‘n groot besluit en familie, vriende, bates en persoonlike besittings is agtergelaat en na ‘n paar weke hier besef jy dat geld nie vryheid en geluk kan koop nie…dis ons Kersfees.

  • Amanda

    My wens is dat elke behoeftige kindertjie in my graad een klassie die liefde en vreugde van ons hemelse Vader hierdie kersfees sal kan ervaar.

  • Joan

    Ek wens dat ons land weer veilig mag word vir ons kinders.Dat ons meer sal omgee vir mekaar. Dat almal sal werk en huise kry.Dat God sy hand van bewaring oor ons land en sy mense sal hou.Dat ‘n groot herlewing mag kom.

  • Marisca van Zyl

    my wens is gesondheid, krag, innerlike rykdom, waardering vir die kleinste druppeltjie water uit die hemel, liefde vir mekaar, insig vir die mense op opset rondom jou en die besef dat almal kinder van een goddelikheid is en niemand beter as ‘n ander is nie.

  • Annemarie

    Al ons kinders om die kerstafel…dit kan geen geld koop nie

  • Jeanette

    Ek wens een en elke persoon sal met Kersfees ingedagte twee keer dink voor hulle iemand seermaak, beroof, vermoor en eerder iets goeds doen. My moeder is op 19 Desember oorlede en op 24ste Desember veras, so sal altyd n baie spesiale tyd vir my wees. Vreugde, gesondheid en geluk word hiermee aan almal toegewens. Voorspoed vir 2010

  • Mariantha Fryer

    My Kerswens hierdie jaar is dat almal sal onthou en besef wie se verjaarsdag dit is en Hom sal innooi op die dag om saam te vier

  • Elrina Voss

    My wens is dat almal die ware betekenis van kersfees sal herontdek. Almal jaag om betyds geskenke gekoop te kry,maar op die einde gaan dit tog oor of jy die ‘grootste’ geskenk gekry het,Jesus! Leer eerder klein kinders om ietsie vir minder bevoorregtes te doen,wat n eet dingetjie,sepie of so nodig het,dat dit nie oor groot en duur geskenke gaan nie,maar ‘geskenke’ aan Jesus soos barmhartigheid!

  • Sandra Jones

    Ek wens net vir die kinders wat op straat is wat niemand sal he vir kersfees nie dat daar iemand sal wees wat na hul sal uitreik en die dag spesiaal sal maak, kinders is ons toekom en as niemand na hul gaan kyk nie wat gaan van ons nasie raak. As ek die lotto kon slaan sou ek graag ‘n huis wou oop maak en straat kinders kon inneem en versorg

  • Moushumi Maharaj

    My Kerswens is net om te lewe!! Ons moet dit waardeer!

  • Anmar van der Walt

    Dat elke mens net ‘n verskil sal maak in jou omgewing waar jy is – jou huwelik, jou gesin, familie, vriende en vreemdelinge. Elkeen het iets wat ons kan gee: tyd – om te luister, liefde deur ‘n glimlag of ‘n handdruk, ‘n ekstra bord kos of ‘n groener omgewing. Maak ‘n verskil!

  • Kath Schoeman

    My Kersfees wens is dat President Zuma sal besef dat hy in die oe van baie mense, ‘n beter president gesien word as hy aankondig om in plaas van sy (die regering et al) se millioen rande Kers feestye, liewe die geld aan die huise vir weeskinders en oumense gee sodat hulle dinge kankry wat hulle so nodig het. DIT sal redig so ‘n verskil aan die kindertjies en ou mense maak en Pres Zuma se image sal beter wees. Dit sal hom ‘n groot man ‘maak.

  • Zonia Lategan

    Vrede vir almal!

  • Chani

    ‘n Uitkoms en toevlug vir elke mishandelde vrou en kind!

  • fd

    Speel goed n slaap baie

  • zb

    Ek wens ek n gesond baba kry in Februarie 2010

  • http://xqpfvsxdsyev.com/ uiyrhctjl

    7cqopQ pzqeoaustost, [url=http://fytillidkblu.com/]fytillidkblu[/url], [link=http://qmjuqkevwncn.com/]qmjuqkevwncn[/link], http://ikesiuuremkg.com/

  • http://kzflcpsjiikk.com/ pxapqy

    vnZ7bT unlwrarulevl, [url=http://obbpbbcaeykm.com/]obbpbbcaeykm[/url], [link=http://qylhaxmzdhze.com/]qylhaxmzdhze[/link], http://jgenbuvmzgei.com/

  • Amelia

    Vergifnis vir jou vyande, empatie vir jou medemens, liefde sonder voorbehoud, respek vir ander en jouself.