bobbi_perfectskin
Van ons adverteerders

Die perfekte onderlaag: kry jóú skakering

Het jy geweet dat vroue gemiddeld 7 verskillende soorte onderlae toets voordat hulle uiteindelik die perfekte een vind? Met die hulp van die Amerikaanse grimeerkunstenaar Bobbi Brown kan jy nou die perfekte een die eerste keer kry! Hier’s 3 wenke:

WENK 1: Kies ‘n onderlaag met ‘n effense geel ondertoon. Dit sal die beste werk vir enige veltoon.

WENK 2: Gebruik onderlaag om jou veltoon te verbeter – nié om ‘n nuwe veltoon te skep nie! Dit bly ‘n versoeking om ‘n skakering nét donkerder as jou vel vir ‘n gloeiende gelaat te kies, maar moenie. Kies een wat perfek by jou velskakering pas.

WENK 3: Jy moet verkieslik 2 verskillende skakerings onderlaag in jou grimeersakkie hê: een vir winter én ‘n ander skakering vir somer. Jou skakering vir die wintermaande sal ligter wees, terwyl jou somer-onderlaag effens donkerder sal wees. Meng die twee om die perfekte skakering tussen seisoene te verkry.

KIES DIE REGTE ONDERLAAG OM BY JÓÚ VELPROBLEEM TE PAS

JY HET: ‘n Vaal, droë gelaat.

JY SOEK: ‘n Gloeiende, vogtige gelaat.

PROBEER: ‘n Onderlaag wat bevog. Daar is verskeie om van te kies. Getinte bevogtigers bedek net liggies, terwyl romerige of skuim-onderlae sorg vir medium of volle bedekking. Bly weg van poeier. Dit sal jou reeds droë vel stroop van enige verdere olies.

 

JY HET: ‘n Olierige gelaat.

JY SOEK: ‘n Egalige, mat vel.

PROBEER: ‘n Onderlaag wat oortollige olie absorbeer. Soek vir die volgende beskrywings op verpakking: olie-vry, mat of verminder blink gelaat. In die algemeen sal hierdie soort onderlae sorg vir medium of ligte bedekking, terwyl rome en poeiers vir volle bedekking sal sorg.

 

JY HET: ‘n Kombinasie-vel.

JY SOEK: ‘n Egalige gelaat wat nie blink of droog is nie.

PROBEER: ‘n Onderlaag met silika en lesitien. Die silika droog die olie op jou T-sone (voorkop, neus en ken) op, terwyl lesitien die droër dele van jou gesig bevog.

 

KIES DIE PERFEKTE BOBBI BROWN-ONDERLAAG VIR JÓÚ VEL

 

Die Bobbi Brown-antwoord!

* Gee jou vel vog en ligte bedekking met Bobbi Brown Skin Foundation SPF 15 – geskik vir alle velsoorte.

* As jy tekens van veroudering wil teenwerk en jou vel meer glans gee, is Bobbi Brown Luminous Moisturizing Foundation vir jou.

* Kry vog en soepelheid met Bobbi Brown Moisture Rich Foundation.

* Vir langdurige dra en vinnige opknapping is Bobbi Brown Moisturizing Cream Compact Foundation ideaal.

* Vir ‘n olierige vel, probeer Bobbi Brown Oil-Free Even Finish Foundation wat oortollige olie absorbeer en ook jou vel streel.

* As jy net spesifieke dele wil bedek, is Bobbi Brown Foundation Stick die antwoord.

 

MAAK SÓ AS JY JOU SKAKERING TOETS

* Toets onderlaag deur ’n streep op jou wang in die rigting van jou kakebeen te trek. Skakeer dit liggies op jou vel met jou vinger.

* Kyk in natuurlike lig na die onderlaag. As dit in jou vel in verdwyn, is die kleur perfek vir jou.

As jy steeds nie seker is nie, besoek jou naaste Bobbi Brown-toonbank vir raad of gaan na www.bobbibrown.co.za.

* Leer die geheime van ‘n perfekte vel . . . stap vir stap!