Van ons adverteerders

Die regte rooi vir jou lippe!

Rooi op jou lippe is begeerlik, vol emosie en eeue lank ’n gunsteling – veral in tye van ekonomiese resessie. Selfs Cleopatra het reeds in die 1ste eeu v.C. haar lippe met blom-ekstrakte skarlaken gekleur, en eeue lank is daar gesoek na ’n geskikte, veilige pigment om lippe te tint.

En daar is ’n rooi skakering vir ieder en elk. Om die perfekte rooi skakering vir jóú te kies, moet jy jou klerestyl en die boodskap wat jy wil uitdra in ag neem. Kry ‘n skakering waarmee jy gemaklik voel en wat jy met selfvertroue kan dra.

Vergeet daarvan om die spesifieke skakering van jou lipkleur te laat pas by jou uitrusting of naellak – só hou jy die voorkoms modern. Probeer eerder ‘n fyn balans skep tussen die kleur op jou oë en jou lipkleur. Moet nooit toelaat dat dié twee vir aandag baklei nie! Kombineer jou rooi mond met ‘n vars, skoon vel en neutrale ooggrimering met gewone swart maskara op jou wimpers.

As jy rooi lipstiffie wil dra, moet jy jou lippe goed versorg en bevog. Droë, gebarste lippe lyk nou maar eenmaal nie mooi met ‘n lekker dramatiese lipkleur nie! ‘n Slim Bobbi Brown-wenk is om sommer bevogtigende oogroom op jou lippe te smeer en dit dan sagkens met ‘n tandeborsel of growwe waslap af te skilfer.

KIES SÓ JÓÚ ROOI

1. Dramaties, treffend:

Kies ‘n blou-rooi of oranje-rooi: Dis die sterkste rooi skakerings. ‘n Romerige, halfmat formule is meer modern as ’n lipstiffie wat heeltemal mat is. Gebruik ‘n lipkwassie sodat jy dit netjies en presies kan aanwend. Lipstiffie moet eers in die middel van die boonste lip en dan na die buitehoeke aangewend word. Doen dit met kort kwashale wat die lipstiffie in dun, eweredige lae aanwend. Volg die natuurlike kontoere van jou lip. Herhaal dié proses op jou onderste lip. As jy die kleur nog meer intens wil hê, wend ‘n tweede laag op dieselfde manier aan.

2. Meer subtiel:

‘n Rooi lippotlood is baie veelsydig en kan saam met jou natuurlike bruin of neutrale lipstiffie gebruik word om ‘n rooier skakering te meng. Nóg ‘n wenk is om lipsalf eers op jou lippe aan te wend en dan jou rooi lippotlood daaroor te gebruik om ‘n meer subtieler rooi skakering te skep. Die rooi-gevlekte lipvoorkoms is ook ‘n groot Bobbi Brown-gunsteling. As jy ‘n hoë glans lip soek, kan jy ‘n deurskynende lipglans in kersierooi of persrooi gebruik.

VOLG BOBBI BROWN SE STAP-VIR-STAP-WENKE IN DIE VIDEO: