header_pic
Van ons adverteerders

‘n Bielie van ‘n piekniekmandjie en jy kan dit wen!

Kies dié Mediterranean Delicacies moet-hê-produkte vir jóú piekniekmandjie:

PESTO

Pesto het sy oorsprong in Genoa in die noorde van Italië. Dit word berei deur vars basiliekruidblare saam met dennepitte en heel knoffelhuisies fyn te maal. Rasper ‘n bietjie Mediterranean Delicacies Kefalotyri kaas daarby en voeg ‘n knertsie olyfolie by die mengsel om ‘n lekker basis te vorm vir ‘n sous wat jy met verskillende bestanddele kan verander na smaak. Gebruik die sous saam met pasta, maar ook as ‘n basis op pizza of as bedruipsel vir geroosterde vis of vleis.

Voeg sommer ‘n lekker groot lepelvol by ‘n omelet of ‘n Frittata vir Sondag ontbyt.

TSATSIKI

Tzatziki is een van die meer gesonde meze-opsies. Dit word berei deur dik Griekse jogurt te meng met komkommer, ‘n goeie dosis knoffel, seesout, ‘n lekseltjie olyfolie en suurlemoensap – voeg kruisement by vir ‘n verfrissende variasie op die tema.

Dis heerlik op sy eie of saam met ‘n pitabroodjie en kan ook gebruik word as ‘n koue doopsousie of smeer. Geniet saam met ‘n tradisionele shwarma of om die ryk vleisgeure van eend of lam te komplementeer.

FETA

Feta is daardie vars krummelrige kaas wat op meeste somerslaaie pryk. Dit word tradisioneel berei van bok- of ooimelk en word verpak in soutwater wat ‘n heerlike souterige smaak daaraan gee. Wat baie mense nie besef nie is dat feta baie goed smelt – dit kan ewe maklik in die plek van room gebruik word om tamatiebasis-souse ‘n romerige tekstuur te gee – sonder al die sondige kalorieë.

Vir ‘n lekker vinnige vleisvrye eenpot-maaltyd kan jy aartappel en murgpampoentjie in skywe sny, dit in lae saam met feta pak  en dan onder ‘n voorafverhitte roosterelement laat staan tot die groente deurgekook is.

PROBEER DIÉ GRIEKSE SPANAKOPITA-RESEP

Tradisionele Griekse Spinakopita

(4 porsies)

Bestanddele:

* 1 pakkie Mediterranean Delicacies fillodeeg
* 400 gram gewaste spinasie
* 1 fyngekapte ui

* 3-4 fyngesnyde sprietuie

* 1 eetlepel fyngekapte dille

* 1 eetlepel fyngekapte pietersielie
* ongeveer ‘n kwart teelepel neutmuskaat

* sap en fyngerasperde skil van ‘n kwart suurlemoen
* 120 gram Mediterranean Delicacies Danish feta kaas

* sout en swart peper

* olyfolie vir die verf van die fillodeeg (laat toe vir ruimskootse gebruik)

Metode:

DIE VULSEL

1. Voorverhit jou oond tot 180 grade Celsius terwyl jy die uie in ‘n bietjie olyfolie gaarmaak tot sag.

2. Voeg die spinasie by borrelende water en kook tot verlep, dreineer en skud alle oortollige water af en kap liggies op. Voeg by die uie en meng. Kombineer dan met die kruie, speserye, suurlemoensap- en skil oor hitte tot die vloeistof verslaan het. Meng die gekrummelde feta daarby in en laat staan eenkant.

DIE DEEG

1. Voer ‘n bakplaat met gesmeerde bakpapier of ‘n silikoon vel uit, hou ‘n klam vatdoek byderhand en wees gereed met ‘n kwassie en olyfolie om die fillodeeg plat te smeer.

2. Haal versigtig drie velle fillodeeg uit en maak die res onder die klam vatdoek toe om te keer dat dit uitdroog. Haal die drie velle uitmekaar, verf een met olyfolie, plaas die tweede daarop, verf dit plat en herhaal met die derde.

3. Verdeel die fillodeeg lae in derdes op (of kwarte of vyfdes as jy kleiner pasteitjies wil hê). Plaas ‘n lepelvol van die spinasiemengsel op een kant van die deeg en vou ‘n punt daarvan oor om ‘n driehoek te vorm. Hou aan om die deeg lengtegewys om te vou terwyl jy die driehoekvorm volhou. Plaas die pasteitjies op die bakplaat, smeer liggies met olyfolie en bak vir ongeveer 25-30 minute of tot goudbruin.

* Nota
Fillodeeg kan moeilik wees om mee te werk, maar dis nie nodig dat al die lae perfek is nie. Werk net so vinnig as moontlik.

JY KAN WEN!

Pak daai piekniekmandjie. Dis somer!

Mediterranean Delicacies gaan vir die volgende 10 weke elke week ‘n luukse piekniekmandjie weggee. 

Elke mandjie is propvol heerlike Mediterranean Delicacies meze-produkte en drie bottels wyn van Laborie.

Om in te skryf gaan na Mediterranean Delicacies se Facebook-bladsy, ‘Like’ dit en beweeg na die wedstryd-afdeling. 

Terme en voorwaardes word ook op die Facebook-bladsy uiteengesit.

Volg Mediterranean Delicacies op Twitter by @medideli.

* Mediterranean Delicacies kan by uitsoek Pick ‘n Pay, Shoprite Checkers, Spar, Fruit & Veg City en onafhanklike winkels landwyd gevind word.

Vir meer inligting gaan na: www.mediterraneandelicacies.co.za


  • Maggie Meyer

    Dit is waaragtig heerlik, my man wil nou hê ek moet dit elke naweek maak.

  • selestie meyer

    dis altyd in my yskas,hulle produkte kan gebruiken gemeng word met alles! fantasties net op n beskuitjie,gee pasta dai hupstoot smakie wat almal laat wonder wat daar in is en wat jy gebruik> n FANTASTIESE produk!!!

  • bernadette rodrigues

    very enjoyable

  • Olga du Preez

    Dit lyk sowaar watertand lekker, en dit sal sowaar werk vir ons sondae uitstappie…

    En langs die rivier piekniek hou…

  • Anje

    Die Humus is ons FAV! Niks soos n piekniek op Blouberg se strand nie!

  • Dianne

    Ek doen niks vir my man op Valentine’s Dag so hierdie sal a groot verassing wees.

  • Evadne Hendrikse

    Ek wil ook een he is die kompitisie nou verby???? Ag nee!!!!!!!!

  • Deline

    Lyk al te lekker!!!