goedvoel1
Van ons adverteerders

Jou goedvoel gesondheidsgids

‘n Bewustheid van wat jy in jou
liggaam insit, is die eerste stap
in die rigting van gesonde eetgewoontes.
Ons het met kenners gepraat oor watter
kosse om in te sluit, wat om te vermy en
hoe om die beste kosse vir jou liggaam te kombineer.

Ouderdomsverwante siektes soos
tipe 2-diabete, asook artritis, osteoporose
en selfs hartsiektes, is besig om toe te
neem. Die antwoord op die voorkoming
en selfs die genesing van dié leefstylsiektes
kan grotendeels in eenvoudige dag-tot-dag-
besluite gevind word, soos om reg te eet.
Maak tyd om gesonde maaltye te beplan
en te berei, en hou ‘n voorraad maklike
bereibare happies aan.

 

15 superkosse

 

1. Bloubessies
2. Olieryke vis
3. Slaai van enige aard
4. Goji-bessies
5. Olyfolie
6. Kruie (vars of gedroog)
7. Tamaties
8. Broccoli
9. Neute (veral okkerneute en amandels)
10. Hawermout (eet minstens drie keer per week gaar hawermout)
11. Groentee
12. Knoffel
13. Sade
14. Spinasie
15. Appels

 

Staak dié kosgewoontes

 

1. Margarien pleks van botter

2. Te mín vet in jou dieet (gesonde vet is deurslaggewend vir goeie gesondheid)

3. ‘n Dieet hoog aan suiker (sommige is “versteekte” suikers, ander word bygevoeg)

4. ‘n Dieet ryk aan verfynde koolhidrate (soos brood, pasta en pasteie)

5. Gaskoeldrank en drankies met ‘n suikersmaak (vloeibare soetgoed)

6. Om ontbyt oor te slaan en jou dan later in die dag te ooreet

7. Vegetarisme (tensy jy regtig verstaan hoe om die slaggate te vermy)

8. ‘n Hele dag sonder dat jy enige groente inneem

9. Oormatige koffie-, tee- of alkoholinname

10. Drink daagliks te min water


* ‘n Gesondheidsgids met ‘n volledige dieet en oefenprogram, moontlik gemaak deur SARIE en Minute Maid, is saam met die Junie-uitgawe te kry.


Minute Maid, die natuur se beste

Die meeste van ons leef teen ‘n snelle pas. Dit is waarom ons meer vasbeslote behoort te wees om slim keuses te maak oor wat ons eet en drink om na ons eie
gesondheid om te sien. Navorsing toon toenemend dat vrugte en groente krities is vir die bevordering van goeie gesondheid. Elke organisme wat uit die aarde groei bevat klein
bestanddeeltjies wat phyto-voedingstowwe genoem word. Sommige se taak is om die gesondheid van vrugtebome en blomme te beskerm. Minute Maid is daartoe verbind om
uit te vind hoe phyto-voedingstowwe funksioneer om sodoende soveel moontlike te voorsien deur ons smaaklike vrugtesappe. Phyto-voedingstowwe mag een rede wees
waarom ons vrugte en groente in ons dieet benodig.

Minute Maid

WENK
Maak elke dag ‘n goeie begin. Minute Maid se
Breakfast Blend, Orange en Orange Peach is met kalsium verryk. Kalsium is ‘n noodsaaklike mineraal vir bene en tande.

 

Minute Maid Breakfast Blend


Minute Maid is besorg oor jou leefstyl en behoeftes. Minute Maid 100% is ingesluit in The Heart and Stroke Foundation se goedgekeurde dieetplan
(uitgesoekte variante). Minute Maid bied ‘n reeks produkte aan wat wissel van 100% vrugtesappe tot vrugtesapversnitte, nektar en bevrore konsentrate.
Dit bevat geen toegevoegde preserveermiddels nie (met die uitsondering van die nektarsoorte) en is ook beskikbaar in Orange, Guava, Orange Peach,
Apple en Orange Mango.

Minute Maid is ‘n geregistreerde handelsmerk van The Coca- Cola Company © 2009.