ellemcpherson
Van ons adverteerders

WEN! Jou ‘wapen’ teen velveroudering

Die revolusionêre Revlon Age Defying DNA Advantage™-roomonderlaag is ‘n goeie “wapen” in jou arsenaal teen velveroudering. Dié onderlaag se krag is tweeledig: Nie net bedek dit lyntjies en plooie nie, maar die kragtige velsorgbestanddele én die SBF 20 help om jou vel se DNS te beskerm. Die eindresultaat is ‘n vlekkelose gelaat wat jou jonger laat lyk.

Revlon Age Defying DNA Advantage

WEN MET REVLON!

30 gelukkige sarie.com-gebruikers kan elk ‘n volgrootte Revlon Age Defying DNA Advantage™-roomonderlaag kry.

Hoe skryf jy in? Vul die inskrywingsvorm hieronder in en beantwoord die vraag.

* Sluitingsdatum: 30 September 2011

OP DIE HOOFFOTO: Elle Macpherson se onderlaagskakering is Honey Beige.

VIDEO: Elle Macpherson deel haar skoonheidsgeheime.

Onthou om www.revlon.co.za te besoek vir meer inligting.

  • Theresa Schoeman

    Revlon Age Defying DNA Advantage™-roomonderlaag klink na ‘n "wenner" opsig self, as vrou moet mens bele in ‘n goeie onderlaag. Dit is die eerste stap om goed te lyk en merkies te verbloem vir ‘n vlekkelose gelaat. As dit nog teen-veroudering eienskappe in het soveel beter en sonskerm. Ons kan langer jonger lyk! Dis fantasties, die mes is nie eens nodig vandag nie. Dankie Revlon & Sarie

  • Lavinia Lieske

    Mense praat en lag vandag baie oor die "groot" hare van die tagtigs – ek het nogal daarvan gehou! Ek was toe nog in my dertigs en kon wegkom met die minimum grimering. ‘n Bietjie verbloemer om vlekkies weg te steek, ‘n bietjie oogskadu – meesal blouerig in daardie jare, bietjie blosser en maskara en ek was reg vir werk. In die tagtigerjare was daar reeds ‘n wegbeweeg van spesifieke modes – soos die minis en midis in die sewentigs en mens kon feitlik enigiets aantrek wat jou gepas het.

  • KAREN

    Sal kan doen met die nuwe want trek volgende jaar na die 40 en wil graag nog net so goed lyk soos in my jonge dae.

  • ANNELIZE MOSTERT

    Ai, daardie lagplooitjies by die ooghoeke en rondom die mond. As mens dit so bietjie kan kamofleer, sal dit glad nie sleg wees nie. Want vir die spuitnaald en mes is ek vrek bang, so die teen-veroudering van Revlon Age Defying DNA Advantage is ‘n GROOT bonus.

  • charlene hart

    Ai, lekker as daar sulke briljante produkte op die mark is wat lag-lag al die probleem areas op jou gesig kan weg toor, en boonop jou 10-15 jaar jonger kan laat lyk! Ek is so bly ek lewe in vandag se tyd, wat het die dames in die 1800 gedoen? Nee wat 50 going on 20 is vandag se leuse!! Dankie REVLON & SARIE, julle is regtig daar vir die moderne vrou! Julle verstaan haar en weet haar elke behoefte!!

  • joyce evans

    enige iets om jonger telyk..en te voel vroue lyk nie meer soos ou tannieas soos 20 jaar terug nie en waarom moet hulle??/

  • Sonja

    Maar ek het niks van gepermde hou nie.

  • Annette Kirstein

    Dit klink ongelooflik! Ek gaan beslis die einde van die maand vir my ‘n botteltjie koop indien ek nie een kan wen nie! Ek soek al so lank na die regte onderlaag wat nie aangeplak lyk op mens se vel nie, ek het ‘n Olierige vel en sukkel om die regte onderlaag te kry. Kan nie wag om Revlon Age Defying DNA Advantage roomonderlaag te kry nie en ek is 40 so mens het nogal baie merkies om te verbloem, Baie dankie Sarie en Revlon.
    Annette Kirstein

  • Melanie Gray

    Ek kon nie inskryf op die kompetiesies nie want hy bly die letters op die einde uitgoo!!

  • Roma Bailey

    Eks al 40 en nog gelukkig om net lag plooie te he.Moet dit probeer om die lag plooie te keer.

  • Riana Hellerle

    ‘n Goeie onderlaag is laat enige lelike eendjie weer soos ‘n prinses van ‘n swaan voel!

  • Ansie Bell

    Ek glo ‘n goeie en die regte onderlaag is die basis van jou grimering. Dis nie net nodig om op jou beste te lyk nie, maar jy is dit aan jou vel verskuldig om die regte en beste onderlaag te gebruik wat vir JOU werk – veral as mens nie meer 21 is nie!

  • Louise

    Onderlaag is DIE belangrikste van jou grimmering!!!

  • Karin Vosloo

    Revlon se Age Defying DNA-Advantage is DIE BESTE by verre!!! Dit laat my mooi voel, heeldag lank, en verbloem merkies en vergrote porieë. G’n blink neus vir my nie, dankie, sonder my Revlon, voel ek kaal!

  • Sandra

    Niks so belangrik soos n baie goeie onderlaag nie, steeds fris en normaal lyk, nie lyk of jy n ektra vel het nie! Ons almal kry merkies en vlekies en die gewone plooitjies en moet jy steeds natuurlik lyk, maar stylvol gegrimeer.

    Amazing dat daar sulke produkte is, mens wil tog nie graag onder die mes gaan want waar stop jy sonder om onnatuurlik te lyk!

    Dankie jul is ongelooflik!

  • Wilna Lambrechts

    Ek dink so ‘n onderlaag is broodnodig op my ouderdom (ek was jonk in die tagtigerjare). Ek kan nie wag om dit aan te skaf nie. Dankie Sarie!!!!!!

  • Annelie le Grange

    ‘n Briljante onderlaag soos die kan jou dag maak en jou grimering werklik tot hul reg laat kom. Veral as dit die plooitjies kan help weg toor!