Van ons adverteerders

Leer toor met sjokolade

TV-sjef Emily Luchetti het eenkeer gesê: “Nadat ek sjokolade geëet het, voel ek byna goddelik, asof ek al my vyande kan oorwin, ‘n weermag kan lei en mense kan verlei vir liefde’. Dink net hoe goddelik en verleidelik sal jy voel as ‘n sjokolade-meester jou kan leer hóé om met die beste Switserse sjokolade te werk.

By The Chocolate Studio, geborg deur Lindt,  – die wêreld-eerste – sal sjok-sjef Dimo Simatos jou inspireer om jou liefde vir sjokolade behoorlik uit te leef en voort te gaan om ander met jou skeppings te te verlei. En die studio het onlangs na die sjarmante Cape Quarter in de Waterkant, Kaapstad, verskuif om groter en beter fasiliteite vir sjokolade-liefhebbers te bied.

Die skuif het ook opwindende nuwe werkswinkels verseker en só kan mense van alle kundigheidsvlakke ‘n kursus kry wat hulle soos ‘n handskoen pas (sien die volledige lys werkswinkels hier). Die kursusse wissel van hoe om die regte kombinasies vir onthaal by die huis te kies, kolwyntjies te bak, truffels te maak tot hoe om spesialis-koeke te bak.

Korter kursusse raak gesellige kuiersessies wanneer ‘sjokoliste’ leer om truffels te maak en waarvoor om te proe (Dessert Tasters 1 en 2). Dis ook ‘n perfekte wegbreek vir spanbousessies of wanneer kliënte onthaal word.

Lindt is bekend vir hul avontuurlike benadering tot sjokolade en soek van Equador tot Madagaskar vir die beste kakaobone en voeg selfs ‘n tikkie chilli of seesout om die verleiding te vervolmaak.

The Chocolate StudioThe Chocolate Studio

Gee jouself oor:

The Chocolate Studio, Winkel B104, Cape Quarter, Dixonstraat, De Waterkant,  Kaapstad

Tel 021 811 1334

info@chocolatestudio.co.za

www.chocolatestudio.co.za