ea_ceramide_capsules
Van ons adverteerders

’n Gulde geleentheid vir jou vel

Weelderig soos goud! Só voel die kragtige teenverouderingserum Elizabeth Arden Ceramide Gold Ultra Restorative Capsules Intensive Treatment for Face and Throat – nóú in goue kapsules. Dit bou voort op Elizabeth Arden Ceramide Time Complex wat in 1991 ’n deurbraak in teenverouderingstegnologie was. Dié skoonheidshuis was die eerste om ’n velsorg-kapsule te ontwikkel in die stryd teen velveroudering.

Die “goue” bestanddeel van dié produk is steeds keramiede, noodsaaklike lipiede wat die selle in jou boonste vellaag bind en die vel ’n gladde, gesonde voorkoms gee. Veroudering en omgewingsfaktore breek die natuurlike keramiede stelselmatig af, wat die vel droog, dof en ouer laat lyk.

Die nuwe Ceramide Gold Ultra Restorative Capsules Intensive Treatment for Face and Throat se wonder lê in die kombinasie van CLX-kompleks en die oorspronklike Ceramide Time Complex. Dit help om die vel te versterk en gee die natuurlike kollageen woema om jou vel fermer te maak. Só sal jy eerder aandag trek met jou gladder vel en egalige veltoon as lyntjies.

7 voordele van Elizabeth Arden Ceramide Gold Ultra Restorative Capsules Intensive Treatment for Face and Throat:

1.    Dit verbeter jou veltoon;
2.    Ondersteun die natuurlike kollageen-vlakke in jou vel om dit fermer te laat lyk;
3.    Verminder die voorkoms van fyn lyntjies en plooie;
4.    Versterk die vel se natuurlike beskerming om vog binne te hou;
5.    Verbeter die tekstuur van jou vel om dit sagter en gladder te laat lyk;
6.    Die enkeldosis kapsules is gerieflik om te gebruik; en
7.    Die produk is vry van enige reuk-, preserveer- en emulgeermiddels.

Vir meer inligting, gaan na www.elizabetharden.co.za

  • Leonie

    Dit lyk na ‘n baie goeie produk en ek gaan dit probeer!