Van ons adverteerders

‘n Paasfees-fees!

Sedert die tyd van Koning Dawid is daar al feesgevier met rosyntjies. Elkeen het ‘n rosyntjiekoek ontvang om die terugkeer van die ark te vier.

Maar rosyntjies sorg nie net vir ‘n natuurlik soet, vrugtige smaak nie. Hulle verhoog ook die voedingswaarde van enige gereg. Natuurlik vetvrye rosyntjies het ‘n matige glukemiese indeks en is die natuur se manier om jou energievlakke ‘n hupstoot te gee. SAFARI-rosyntjies word songedroog met geen preserveermiddels nie. Natuurlike lekkerte!

HERMAN SE BASIESE HOT CROSS BUN-RESEP 

Porsies: Maak 12 bolletjies

 

Maak vanjaar Paasfees onvergeetlik met my maklike resep vir hot cross buns. Ek wys jou stap vir stap hoe en gee ook smullekker idees om hulle te omskep in spesiale smaakwonders. Lekker bak! – Herman Lensing

 

 

 

 

 

Paasbolletjies: Stap 1Paasbolletjies:  Stap 2Paasbolletjies: Stap 3Paasbolletjies: Stap 4Paasbolletjies: Stap 6

STAP 1

Kry al jou bestanddele reg.

* 1 kg koekmeel
* 10 ml sout
* 10 g kitsgis
* 85 ml suiker
* 15 ml fyn kaneel
* 15 ml gemengde speserye
* 90 g botter, gesmelt
* 200 ml warm melk
* 1 eier
* 250 ml rosyne

SAFARI- pitlose rosyne

 

Kruise

* 60 ml meel
* 15 ml olie
* 30 ml water

 

Glasuursel

* 100 ml water
* 50 ml suiker


Sif meel, sout, gis, suiker en speserye saam in ’n groot bak.

Paasbolletjies: Stap 1

STAP 2

Meng botter, melk en eier en voeg by droë bestanddele.
Gooi nog warm melk by indien nodig en meng tot ’n stywe, kniebare deeg.

 

Paasbolletjies:  Stap 2

 

STAP 3

Knie goed vir 8 – 10 minute of tot elasties.
Voeg rosyne by en knie tot deurgemeng.

 

Paasbolletjies: Stap 3

STAP 4
Plaas deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is en draai toe in kleefplastiek
of ’n stukkie melkdoek wat klam gemaak is met water. Los in ’n warm plek
om te rys tot dubbel die volume – sowat 45 minute.

Paasbolletjies: Stap 4

STAP 5

Knie die deeg af en verdeel in 12 porsies. Rol elkeen in ’n netjiese bal.
Plaas 6 balle in ’n 20 x 20 cm-pan (jy’t 2 panne nodig) en laat rys vir
20 minute op ’n warm plek, weer tot dubbel die volume.

 

Paasbolletjies: Stap 5

STAP 6

Verhit oond tot 190 °C. Vir die kruise, meng meel, olie en water om ’n stywe pasta te vorm
– voeg nog water by as dit te styf is. Plaas mengsel in ’n spuitsak en spuit netjiese kruise oor die uitgerysde bolletjies.

Paasbolletjies: Stap 6

STAP 7

Bak vir 20 – 30 minute of tot goudbruin. Terwyl die bolletjies bak, kook jy die 
bestanddele vir die glasuursel saam vir 10 minute. Verf dit oor die bolletjies
sodra hulle uit die oond kom.

 

 

Sit jou hot cross buns voor met plaasbotter of gebruik die bolletjies in van die volgende resepte.

1. Hot cross bun-framboos-en-witsjokolade-broodpoeding

Hot cross bun-framboos-en-witsjokolade-broodpoeding

2. Hot cross bun- Franse roosterbrood met bros spek en heuning

Roosterbrood met bros spek en heuning

3. Hot cross bun-roomysbroodjies

Hot cross bun-roomysbroodjies

4. Nougat-patee met hot cross bun-wafers

Nougat-patee met hot cross bun-wafers

5. Hawermout-en-rosyntjie-stafies op ’n stokkie (Perfek vir kinders!)

Hawermout-en-rosyntjie-stafies op ’n stokkie

6. Als-in-een-fantasie-lekkers (Perfek vir kinders!)

Als-in-een-fantasie-lekkers


SAFARI-PRODUKTE VIR JOU INKOPIE-LYS

SAFARI pitlose rosyne SAFARI koekmengsel  

* As jy die resepte vir jou leêr wil uitdruk, klik op die pdf-dokumente onder die foto (bo regs). Stoor dit op jou rekenaar of druk dadelik uit.

  • TiPBdg uujdromjgglf, [url=http://cnhsskjlwqns.com/]cnhsskjlwqns[/url], [link=http://opvbcvqyjuau.com/]opvbcvqyjuau[/link], http://lqjoovcplnmf.com/

  • jo bezuidenhout

    dit is nou iets om ‘n vrou se dag te maak. EN dis lekker!