nge5278
Van ons adverteerders

Die Clinique Insider’s Club

Clinique soek 10 gesofistikeerde, ingeligte vroue om die binnekring te betree. Wie gekies word as lede van die Clinique Insider’s Club sal eksklusiewe geleenthede bywoon, nuwe produkte uittoets en terug rapporteer op www.clinique.co.za.

As jy gekies word, kry jy al die volgrootte Clinique-produkte hierbo, met jou pasmaat-3-Step velsorgsisteem, in ’n heerlike verwelkomingstel– moet dit nie misloop nie!

Wie’s ideale lede van die Clinique Insider’s Club?

Dis vroue wat snags nie kan slaap as ’n nuwe lipglans die volgende dag bekend gestel word nie. Hulle deel graag hul mening op blogs en van aangesig tot aangesig.

Roep die binnekring jou . . . ? Dan’s jy dalk die vrou wat ons soek. Jou produk-resensies sal gelees, gesien en gehoor word. Jy sal ons gas wees by VIP-geleenthede waar jy skoonheidsredakteurs, konsultante en al die glitterati van die bedryf sal ontmoet!

Is jy een van ons Insiders?
Skryf nóú in deur www.clinique.co.za te besoek en ons in 250 woorde te vertel waarom jy ’n Clinique Insider moet wees. Maak gou! Jy kan slegs gedurende Augustus 2009 op www.clinique.co.za inskryf!