Van ons adverteerders

Rys is op die tafel: Heerlike resepte

Met die wonderlike verskeidenheid wat Tastic bied, is rys lankal nie meer net ’n bykos nie. Ready-to-Eat in die Simply Delicious-reeks is ’n ete op sy eie. Skep met die pikante reeks Cook-in Sauces elke dag ’n opwindende maaltyd. Tastic kook perfek, keer op keer … op keer.

EKSOTIES

Op die verpakking van elk van die geurige Tastic Simply Delicious-reeks Cook-in Sauces word aangedui hoe pikant die gereg is. Dié reeks is vegetaries en bevat nie nagemaakte kleurmiddels, preserveermiddels of MNG nie.

Gebakte plat hoender

Gebakte plat hoender

(4 – 6 porsies)

•     1 groot hoender
•     1 x 375 g Tastic Simply Delicious Thai Red Curry Cook-In Sauce
•     1 x 250 g Tastic Ready-to-Eat Brown Rice with Vegetables
•     60 ml olyfolie
•     sout en varsgemaalde swartpeper
•     100 g bronkors vir voorsit

Verhit oond tot 200 °C. Gebruik ’n skerp mes en sny die rugbeen van die hoender só uit: Plaas die hoender met borskant na onder op ’n houtbord. Maak twee diep snye aan weerskante van die ruggraat (dit is die harde been wat oor die hoender se rug loop).

Sny die werwels los en haal uit. Draai die hoender om met snykant na onder en druk die hoender heeltemal plat. Plaas hoender met borskant na bo in ’n oondpan. Gebruik die punte van jou vingers en maak die vel op die bors versigtig los. Skep Tastic Ready-to-Eat Brown Rice with Vegetables onder die vel in. Sprinkel olyfolie bo-oor hoender gevolg deur Tastic Simply Delicious Thai Red Curry Cook-In Sauce. Geur goed met sout en peper. Rooster in warm oond vir 90 minute of tot hoender goudbruin en gaar is. Sit voor met bronkors.

[box:full:grey:both]

WENK: Jy kan ook hoenderstukke in die sous bak.

[/box]

SÓ SMAAKLIK

et die vermenging van geure van regoor die wêreld is die Tastic Simply Delicious-reeks Ready-to-Eat Rice ’n smaak-avontuur. Dit bevat geen preserveermiddels nie en is geskik vir vegetariërs. Dié reeks is binne 2 minute in die mikrogolfoond gaar.

Bruinrys-poeding met karamel-laag

BRUINRYS-POEDING MET KARAMEL-LAAG

(4 porsies)

•     1 x 400 g-blik klapperroom
•     200 g bruinsuiker
•     5 ml vanielje-geursel
•     2 x 250 g Tastic Ready-to-Eat Brown Rice
•     100 g witsuiker
•     250 g bessies van jou keuse

Plaas klapperroom, bruinsuiker en vanielje saam in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat prut vir 5 minute. Voeg Tastic Ready-to-Eat Brown Rice by en roer goed deur. Laat stadig prut vir 5 – 8 minute of tot romerig. Haal van plaat af en skep in opdienbak. Sprinkel witsuiker bo-oor poeding in dun lagie.

Gebruik ’n kombuisvlam en skroei poeding bruin, of plaas onder warm oondrooster tot goue karamel vorm. Sit voor met bessies.

[box:full:grey:both]

WENK: Vir ekstra geur kan jy 100 g gekapte sjokolade byroer net voor jy die poeding van die plaat afhaal.

[/box]

Tastic logo