Van ons adverteerders

Rys vir elke geleentheid

Rys-en-skelvis-koekies

Rys-en-skelvis-koekies

Met Tastic se Ready to Eat Brown Rice with Mixed Vegetables kan jy ou staatmakers soos viskoekies in 
’n japtrap verander in ’n heerlike ete vir die hele gesin

(6 koekies)

• 
250 g gerookte skelvis
• 
2 middelslag-aartappels, geskil
• 
1 x 250 g-pakkie Tastic Ready to Eat Brown Rice with Mixed Vegetables
• 
30 ml fyngekapte pietersielie
• 
1 eier
• 
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 
1 eier, geklits
• 
250 ml droë broodkrummels
• 
sowat 100 ml sonneblomolie
• 
vars bronkors vir voorsit
• 
vars suurlemoenwiggies vir voorsit
• 
tzatziki vir voorsit

Stoom die vis tot gaar. Vlok vis uitmekaar. Kook aartappels tot gaar. Druk fyn met ’n vurk. Volg aanwysings op pak rys. Meng nou die vis, aartappels, rys, pietersielie en eier goed saam. Geur met sout en peper. Vorm viskoekies met jou hande. Verhit van die sonneblomolie in ’n pan. Doop eers in die geklitste eier en dan die broodkrummels. Braai weerskante tot goudbruin en dreineer op kombuispapier. Sit voor met bronkors, suurlemoen en tzatziki.

Tastic Brown Rice with Mixed Vegetables

Gevulde soetrissies


Vir veselryke rys en ’n lae GI-inhoud, kies Tastic Nature’s Brown Rice with Sundried Tomatoes. Songedroogde tamatie sit die titsel kleur in elke geurige gereg

(6 porsies)

• 
250 ml Tastic Nature’s 
Brown Rice with 
Sundried Tomatoes
• 
2 geel soetrissies
• 
1 rooi soetrissie
• 
40 ml olyfolie
• 
1 ui, fyngekap
• 
1 knoffelhuisie, fyngekap
• 
125 g repies spek, in klein blokkies gesny
• 
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 
100 g sagte bokmelk-kaas, 
in skywe gesny
• 
vars roket vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Stoom of kook die rys tot net gaar. Halveer soetrissies en verwyder die pitte. Plaas in oondbak. Verhit 15 ml van olyfolie en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg by rys. Braai spek in dieselfde pan tot bros. Voeg by rys en geur met sout en peper. Vul soetrissies met 
rys. Gooi kookwater so 
1 cm diep in die oondbak. Plaas in warm oond en bak vir sowat 35 minute tot soetrissies net sag is. Plaas ’n skyf bokmelk-kaas bo-op elk en sprinkel res van olyfolie oor. Plaas soetrissies onder die roosterelement van oond en rooster tot kaas net begin verkleur. Sprinkel vars roket oor en sit warm voor.

Vir nog resepte, gaan na www.tastic.co.za

  • Jan Hüygen

    EK SOEK GRAAG DIE RYS POEDING MET FUDGE SOUS WAT SO `N PAAR DAE TERUG OP KYKNET WAS

    DANKIE