potrouge_pinktruffle
Van ons adverteerders

Sprankel met ’n blosende gelaat

BLOSSER

’n Spatsel kleur op jou wange sorg vir ’n warmer, gesonder gloed.

Bobbi Brown se bekroonde blosser het ’n syagtige formule vir egalige aanwending en ’n mat afwerking wat langer vars lyk. Die verpakking is modern met ‘n gerieflike oopklap-dekseltjie. Gebruik die kleure individueel of skep ‘n palet van kleur.

Wend die blosser op die appel van jou wang aan met die Bobbi Brown Blushing Brush, vee sagkens boontoe en dan weer afwaarts om verder te versag. Rond dit af met ‘n helderder blosser nét op die appel van die wang.

Vir ‘n glimmende voorkoms, volg die boonste stappe en rond dan af met Shimmer Brick Compact.

ROOI OP JOU LIPPE EN WANGE


Pot Rouge for Lips and Cheeks was nog altyd een van die Bobbi Brown-treffers in die reeks. Gebruik dié romerige formule in ‘n wye reeks kleure en vir ‘n verskeidenheid veltone om jou lippe én wange ‘n deursigtige, gevlekte afwerking te gee.

Gebruik jou vingers vir die beste resultate en druk liggies op jou lippe en wange vir ‘n bietjie kleur, of span die Bobbi Brown Foundation Brush in. Begin op die appel van jou wang, wend opwaarts aan in die rigting van jou haarlyn, en dan weer afwaarts om die kleur verder te versag. Onthou, ‘n droë vel moet baie goed bevog word voor aanwending.

WENK: Dié produk werk ook wonderlik as lipkleur.

SHIMMER BLUSH

Dié bekroonde glimmende blosser het ook ‘n syagtige formule wat sagkens en egalig op jou vel vertoon. Gebruik die kleure apart of skep jou eie kleurpalet (elke kleur word apart verkoop). Wend op die appel van jou wang aan met die Bobbi Brown Blush Brush, meng en vee opwaarts in die rigting van jou haarlyn, dan weer afwaarts. Rond af met ‘n helder kleur nét op die appel van jou wang.

SHIMMER BRICK COMPACT – BRONZE

Dié glinsterende poeier skep ‘n diep, brons gloed. Wend dit met ‘n borsel aan. Gebruik dit saam met neutrale en diep kleure blosser.

Wend so aan: Vee die Face Blender Brush deur al 5 skakerings en wend liggies op jou wangbene aan bo-oor jou blosser. Gebruik dit ook om jou oë te beklemtoon deur die ligste skakering nét onder die wenkbrou met jou vingers of met die Eye Smudge Brush aan te wend.

BLUSH BRUSH

Bobbi Brown Blush Brush

Dié gewilde borsel het nou ‘n ronder borselkop en sagter haartjies. Dit is só ontwerp dat dit net die regte hoeveelheid kleur op jou wange sit.

  • Suzanne

    Ek het 6 jaar terug ‘n shimmer brick by my werk as afskeidsgeskenk gekry in London. Ek gebruik nog steeds daaraan, alhoewel dit nou baie skraps is.
    Dit is ‘n ongelooflike item om in jou grimeersakkie te hê. Ek is jammer dit is nou amper op…