Van ons adverteerders

Spaar deur jouself eerste te betaal. Ja, glo dit of nie!

Volgens die 2012 Old Mutual Spaar- en Beleggingsmonitor soek 85% van werkende Suid-Afrikaners in stedelike gebiede raad oor hoe om te spaar.

Vir die meeste van ons lyk dit na ’n onbegonne taak, veral met maandelikse uitgawes soos huur, ‘n paaiement op jou huisverband, motorpaaiemente, kruideniersware en brandstof, om net ‘n paar te noem!

Natuurlik wil ons almal spaar, maar teen die einde van die maand voel dit of daar niks oor is om weg te sit nie. En dis deel van die probleem.

Die meeste van ons spaar die geld wat “oor” is. By Old Mutual glo ons dat om jouself te bederf jou eerste finansiële prioriteit moet wees! Ons wil graag daaraan dink as “Betaal Jouself Eerste”.

Met ’n “ek eerste”-benadering maak jy onbewustelik spaar ’n prioriteit en leer jy goeie finansiële gewoontes aan. Die uitslag van die meningspeiling deur die Old Mutual Spaar- en Beleggingsmonitor gee nuwe insig oor hoe gewone Suid-Afrikaners oor spaar en belegging dink.

Klik om meer uit te vind oor “Betaal Jouself Eerste”.