Van ons adverteerders

Flatervrye rysresepte! Deel ook jóú gunsteling-rysresep

Hier is 3 smul-rysgeregte, mét wenke en interessante rysfeite. Kook saam en stuur ook jóú gunsteling-rysresep na sarie@sarie.com. Ons sal dit hierby voeg vir ander sarie.com-gebruikers om te probeer.

VINNIGE PAELLA MET CHORIZO, GARNALE EN ERTJIES

Vinnige paella

(6 porsies)
Dié eenvoudige rysgereg kom van Spanje. Jy kan ook die seekos vervang met stukke hoender of vis.

* 20 ml olyfolie
* 1 ui, fyngekap
* 2 knoffelhuisies, fyngekap
* 4 chorizo-worse
* 120 g ertjies, vars of bevrore
* 200 g Tastic Basmati-rys
* 80 ml witwyn
* 250 g steurgarnale, doppe verwyder
* 700 ml hoenderaftreksel
* knippie saffraan
* sout en varsgemaalde swartpeper
* hand vol vars, gekapte koljander

Verhit oond tot 180˚C. Verhit olyfolie in ’n groot braaipan en braai ui en knoffel tot goudbruin. Plaas die chorizo-wors en ertjies ook in die pan en braai vir 5 minute. Voeg rys by en braai vir nog 3 minute. Gooi witwyn oor en laat wegkook. Plaas die mengsel in ’n oondvaste bak en sit garnale bo-op. Meng hoenderaftreksel en saffraan en giet twee derdes oor die rys. Maak toe met foelie en bak vir 30 minute. Voeg nou die res van die vloeistof by en laat bak vir nog 30 minute of tot al die vloeistof geabsorbeer en die rys gaar is. Geur goed met sout en peper. Sit voor met gekapte koljanderblare.

WENK

As jy nie saffraan kry nie, kan jy dit vervang met 1 ml borrie.

HET JY GEWEET?

Dié langkorrel-rys is geurig, soos Basmati-rys behoort te wees. Dis ideaal vir kerries, bredies en selfs nageregte

Tastic Basmati-rys

PILAF MET SAMPIOENE, KANEEL EN ROSYNTJIES

Pilaf

(6 porsies)

* 45 ml olyfolie
* 45 ml botter
* 1 ui, fyngekap
* 2 knoffelhuisies, gekap
* 12 groot bruin sampioene
* 15 ml kaneel
* 10 ml komyn
* 250 ml rosyntjies
* 100 g gevlokte amandels
* 500 ml Tastic Bonnet-rys
* 1 liter hoenderaftreksel
* sout en varsgemaalde swartpeper
* hand vol vars, gekapte koljander

Verhit oond tot 180˚C. Verhit olyfolie en botter in ’n groot braaipan wat in die oond kan gaan. Plaas ui en knoffel in die pan en braai tot begin verkleur. Voeg sampioene by en braai tot goudbruin. Voeg nou kaneel, komyn, rosyntjies en amandels by en braai vir nog 2 minute. Sit ook die rys in die pan en braai vir 2 minute. Gooi aftreksel by en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt en plaas in die oond. Bak vir 20 – 25 minute of tot al die vloeistof geabsorbeer en die rys gaar is. Roer gekapte koljander by en sit warm voor.

HET JY GEWEET?

Tastic Bonnet-rys het ’n subtiele smaak wat perfek is vir kos met sterk smake soos kerrie of speseryagtige geregte. Die rys is ook lekker saam met ou gunstelinge soos bobotie en potjiekos.

Tastic Bonnet-rys

TRADISIONELE HOENDER-BRIJANI

Hoender-brijani

(6 porsies)

Dis moeiteloos en regtig maklik om te maak.

* 600 g Tastic Parboiled-rys
* 2 liter hoenderaftreksel
* 15 ml olyfolie
* 15 ml botter
* 1 ui, fyngekap
* 3 knoffelhuisies, gekap
* 15 ml fyn komyn
* 1 brandrissie, fyngekap
* 15 ml borrie
* 10 ml fyn kaneel
* 30 ml Cape Malay-kerriepoeier
* 8 hoenderstukke, sonder vel
* 250 ml karringmelk
* sout en varsgemaalde swartpeper
* 100 g geroosterde amandels
* hand vol vars koljander
* 100 ml jogurt

Verhit oond tot 180˚C. Plaas rys en aftreksel saam in ’n groot pot en bring tot kookpunt. Laat rys stadig kook vir sowat 10 minute. Verwyder van plaat. Verhit olyfolie en botter in ’n groot braaipan. Voeg ui en knoffel by en braai stadig tot begin verkleur. Voeg nou komyn, rissie, borrie, kaneel en kerriepoeier by en braai vir 2 minute. Sit hoenderstukke ook in pan en braai tot goud-bruin – sowat 5 minute. Skep helfte van die rys in ’n oondpan van sowat 30 cm x 20 cm. Plaas hoenderstukke bo-op gevolg deur res van rys. Gooi karringmelk en al die vloeistof van die rys oor. Geur goed met sout en swartpeper. Sit in warm oond en bak vir sowat 40 – 60 minute of tot hoender gaar is. Sit warm voor saam met geroosterde amandels, koljander en jogurt.

HET JY GEWEET?

Tastic Parboiled-rys word uit die wêreld se beste rys uitgesoek en die rys word volgens ’n unieke metode eie aan Tastic gemaak. Tastic Parboiled-rys swel tot 3 keer die korrelgrootte en sal elke keer perfek kook. Dis ideaal vir sout én soet geregte.

Tastic Parboiled

* Besoek ook die Tastic-webtuiste deur op die logo hieronder te klik.

  • juanita steyn

    baie dankie. het van die resepte gemaak, heerlik.