luigi_diamanti_freedigitalphotos.net
Van ons adverteerders

Terme en voorwaardes vir die Clarins/SARIE Most Dynamisante Woman-toekennings

Die sluitingsdatum vir benoemings is 17 September 2010

Inskrywings slegs geldig op www.sarie.com. Enige inskrywings wat ons via e-pos, faks, geregistreede pos of op enige ander wyse bereik, sal gediskwalifiseer word.

Foto’s moet in kleur en nie groter as 2MB wees.

Die persoon wat jy benoem, moet instem tot sowel die benoeming as die reëls van die wedstryd.

Finaliste moet SA burgers wees.

Finaliste moet op hul eie of deur ‘n NRO of liefdadigheidsorganisasie met behoeftige Suid-Afrikaanse kinders werk.

Alle inskrywings sal deur ‘n paneel, soos gekies deur SARIE en Clarins, beoordeel word.

Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Die wenner moet bereid wees om afgeneem te word en onderhoude toe te staan.

Werknemers van Media24 en Clarins, sowel hul advertensie-agentskappe as hul naaste familielede mag nie inskryf nie.

Die kompetisie is geldig vir lesers in Suid-Afrika

Die wenner moet die toekenningsgeleentheid in Februarie 2011 in Johannesburg bywoon.