ellemcpherson
Van ons adverteerders

Vertel ons wat jy dink en jy kan wen!

Die revolusionêre Revlon Age Defying DNA Advantage™-roomonderlaag is ‘n goeie “wapen” in jou arsenaal teen velveroudering. Dié onderlaag se krag is tweeledig: Nie net bedek dit lyntjies en plooie nie, maar die kragtige velsorgbestanddele én die SBF 20 help om jou vel se DNS te beskerm. Die eindresultaat is ‘n vlekkelose gelaat wat jou jonger laat lyk.

Revlon Age Defying DNA Advantage™-roomonderlaag

WEN MET REVLON!

Een gelukkige wenner kan ‘n Revlon-geskenkpak ter waarde van R2 000 wen!

Hoe skryf jy in? Ons wil weet wat jy van die nuwe Revlon Age Defying DNA Advantage™-roomonderlaag dink. Gee jou kommentaar in die kommentaarboks hieronder en jy kan wen.

* Sluitingsdatum: 31 Oktober 2011

OP DIE HOOFFOTO: Elle Macpherson se onderlaagskakering is Honey Beige.

VIDEO: Elle Macpherson deel haar skoonheidsgeheime.

Onthou om www.revlon.co.za te besoek vir meer inligting.

  • Elsabe Pretorius

    Het SO dringend hierdie wonderlike produk nodig! Help!

  • nicolette bouwer

    ek sukkel met hardnekkige merkies en vlekke,veral nadat ek 2jaar terug op 28 waterpokkies gekry en in my gesig uitgeslaan het. Hierdie onderlaag maak die merkies toe sonder om my aangeplak te laat lyk óf my vel olierig te maak!

  • Willa Oosthuizen

    Die wonderlikste onderlaag ooit! As ek ouderdom kan beveg – hoekom nie? Dankie Sarie dat julle ons bemagtig met wonderlike idees, produkte en alle lekker dinge!

  • Karin Vosloo

    Revlon Age Defying DNA Advantage is "simply the best" ek het nog nooit ‘n onderlaag gehad wat al die voetpaadjies op my gesig mooi egalig maak nie. Nou voel ek soos ‘n splinternuwe sikspens en NIE soos 10 jaar gelede se atlas met al sy voetpaadjies nie!!!Ek hou nou weer van wat ek in die spieël sien, danksy Revlon se Age Defying DNA Advantage voel ek weer 16!!

  • mariette marais

    Suid-afrikaanse vroue is Anders as ander vroue oor die wereld.. Ons braai saam met manlief, werk in die heerlike somer- son en swem in die suid-see. Ongelukkig het al hierdie elemente ‘n baie nadelige uitwerking op my vel. Gelukkig is daar nou nuwe Revlon onderlaag om die vel te voed en te beskerm. Te verbloem en te vertroetel. Nie net maak dit die "sproetjies" toe nie maar keer ook die plooi plagies… Dit klink vir my of die nuwe Revlon onderlaag ‘n beste vriendin kan word.. Nes sarie!

  • Annelien Kirsten

    Ek het ‘n "sample’ in ‘n tydskrif gekry en dit getoets. Ek gebruik op die oomblik Revlon Photo Ready maar gaan beslis oorslaan na die nuwe Age Defying vir daardie spesiale dae wanneer jy heeldag goed wil lyk. Ek sal nog steeds hou by die Photo Ready vir die gemaklike dae wanneer ek ‘n meer natuurlike voorkoms verkies. Hou ook van die sonbeskerming wat dit bied.

  • Coba Badenhorst

    Sal dit baie graag wil toets en sien of dit werklik die moeite werd sal wees. Die produkte is baie duur en om net nog ‘n produk te koop om my laai vol te maak, is so a sonde. Miskien is dit die EEN produk wat werklik gaan werk!! Dankie!!

  • Gerda Olivier

    40 klop aan my deur, maar met behulp van Revlon Age Defying DNA Advantage-roomonderlaag lyk ek nie ‘n dag ouer as 30 nie….lol Hierdie fantastiese roomonderlaag van Revlon is al wat ek nodig het om die ouderdom lyntjies wat hulle verskyning begin maak, te verbloem. En om alles te kroon bevat dit SBF 20 wat my gesig beskerm teen die son. Jy kan nou maar kom 40, ek is gewapen met Revlon Age Defying DNA Advantage-roomonderlaag :) Van nou af trek ek ‘n jaar af van my ouderdom met elke verjaarsdag, alles te danke aan Revlon Age Defying DNA Advantage-roomonderlaag.
    Ps. Ek word 40 op die 12de November en ek kan nie vir ‘n beter verjaarsdag geskenk wens as die Revlon-geskenkpak nie. ;)
    Dankie Sarie vir julle goeie artikels en "nice" samples. Wie weet, met die help van Revlon Age Defying DNA Advantage-roomonderlaag kan ek miskien nog eendag op julle voorblad verskyn. (dit is hoe die produk my laat voel, soos ‘n voorblad nooi) Geniet die dag. xxxx

  • mariska venter

    Ek dink dis n fantastiese wapen om in my arsenaal te he! As ek in die spieel kyk en daai fyn lyne om my oe gluur terug wil ek lam raak van skok, dis nie lekker om dit te sien nie! Vir my n werkende skoolhou mamma van drie kinders kom die plooie ongenooid want mens so besig met elke dag se gejaag en veroudering is deel daarvan! Revlon het al soveel wonderlike produkte op die mark maar ek dink hierdie een vat los hande die eerste prys en vervul elke moderne vrou se wens om altyd op haar heel beste te lyk! En dis presies wat ek graag wil doen vir my kinders en gesin en elke vreemdeling wat my pad mag kruis! Ek wil nie die plooie en lyne net so aanvaar nie, die houer is ook sommer baie prakties !

  • Sandra Wiese

    Ek is mal oor die onderlaag – my vel voel sag en omdat my vel baie droog is, voel die onderlaag asof dit bevogtig en as onderlaag dien!

  • delanie flanegan

    dit is net wat ek nodig het om my te help met die skade wat my jonger werksjare in die son aangerig het, ek het iets nodig wat nie net my vel meer egalig laat voorkom nie maar ook sal help om van die plooitjies ontslae te raak

  • Hettie Mills

    In vandag se gejaagde lewe, is dit belangrik om goed te lyk en te voel en boonop met behulp van Revlon, op jou beste te lyk. Ek hou can die produk se gladde afwerking en dit sit ook gemaklik aan. Met min tyd en moeiete lyk en voel ek soos ‘n prinses. Dankie Revlon

  • Linda Moller

    Ek dink dis ongelooflik dat ‘n onderlaag jouvel pragtig kan laat vertoon en terselfdertyd aktief en voorsorgend iets vir jou vel kan beteken!

  • Annaline de Wet

    ons lewe elke dag die werklikheid van vergangklikheid en veroudering, maar die nodigheid van goeie velsorg en velsorgprodukte moet by elke vrou prioriteit wees. Die eerste wat mense raaksien is jou gesig en dit laat blywende indrukke. Maak die beste van elke ontmoeting en gebruik produkte wat jou vel komplimenteer en dit is presies wat hierdie onderlaag, Revlon Age Defying DNA Advantage roomonderlaag, is…’n kompliment vir elke vrou.

  • Suzette Lundt

    Ek is absoluut mal oor die Age Defying DNA Advantage van Revlon. My vel is superglad en my vel lyk jare jonger. Die mooiste kompliment wat ek gekry het nadat ek hierdie produk begin gebruik het was of ek nou ook Botox begin gebruik het. Ja ek het, maar nie botox met n naald nie maar in die vorm van Age Defying DNA Advantage!

  • Petro

    Ek dink dit is ‘n wonderlike produk, ek het dit by ‘n clicks winkel beproef. Dit is net so bietjie te duur vir my om te bekostig. Elke vrou wil tog op haar beste lyk en ek dink hierdie onderlaag is regtig amazing.

  • Cheryl Montgomery

    Ek vat vat aan die 60 maar voel beslis nie so oud nie!!!. Met die hulp van die Revlon Age Defying DNA Advantage kan en sal ek jonger lyk, wat sal pas by my gemoed en my gevoel.

  • Coreen Helberg

    Ek het so pas my tweede bottel van hierdie wonderlike produk aangeskaf. Ek is werklik beindruk, dit gee vog sonder om olierig te maak en help met die bedekking van donker vlekkies. Dis bepaald ‘n produk wat elke dame bo 40 kan probeer.

  • Chantelle

    Die gesegde, ‘skoonheid is net vel diep’, kry ‘n hele nuwe betekenis met Revlon se Age Defying DNA Advantage-roomonderlaag. Hoe mooier jou vel, hoe mooier lyk en voel jy en nou kan almal ‘n mooi vel hê en sommer jonger lyk, danksy Revlon se Age Defying DNA Advantage-roomonderlaag. Ek het die produk beproef en my vel het nog nooit beter gelyk nie. Dit is regtig waarde vir jou geld!

  • Francine Laten

    "Fantasmagories!" Dit is waarvoor ek my hele lewe lank gewag het!!

  • Corrie du Plessis

    Hierdie onderlaag is werklik iets besonders! Heerlik op die vel EN dit verberg die aaklighede van plooie en vlekkies!

  • Brenda Fernandes

    Vel voel en lyk fantasties

  • Petro Walters

    As ek soos Elle lyk nadat ek dit aangesit het, dan MOET dit werk!

  • Moira

    Revelon produkte is die beste!. Ek is 50+ en mense sal altyd se hoe goed ek lyk vir my ouderdom. Verlede maand kon ek nie iets koop ve my vel nie, hierdie sal n mooi prezzie wees:)

  • Sonja Strauss

    Sonja Strauss Wie sou kon dink dat ‘n onderlaag eendag sulke wonderlike eienskappe sou he? Ja vir innoverende tegnologie, ‘n pragtige vel en die kans om hierdie ongelooflike prys los te slaan!

  • Elise Nieuwoudt

    Ek voel nogal so entoesiasties oor hierdie produk nie. Ek vind my oë brand van die produk, die produk gaan af op jou klere en dit gaan "sit" ook in die lewenslyne op die gesiggie. Sal maar eerder hou by Revlon Colourstay.

  • Talita

    Dit gee wonderike dekking, bly heeldag aan en lyk natuurlik. Die SBF 20 is ook wonderlike beskerming teen die somerson.

  • Lynne Bindeman

    Ek geruik dit vandat dit beskikbaar gestel is en dit is sag, sag, sag. Ek kry asma, kan omtrent geen middels gebruik nie (vir velsorg gebruik ek Isabella Garcia) en verder Revlon en dit is absoluut die antwoord. Dit is nie meer daardie "stywe gevoel" met ander onderlae nie en dit hou die hele dag.

  • Liesel Grobler

    Ek was baie beindruk met hierdie onderlaag omdat dit nie soos ander produkte in jou vel intrek nie. Dit het die hele dag gehou en selfs aan die einde van dag het dit nog my gesig bedek – my vel is olierig so gewoonlik ‘spoel’ my onderlaag lank voor die einde van die dag af! Ek is ook mal oor die idee dat die veroudering teenveg – dis ‘n wonderlike idee!

  • Frieda de Villiers

    Ek het al vele produkte probeer uit nuuskierigheid, maar kom altyd terug na Revlon. Die Age Defying produk is fantasties van Revlon, ek sal nooit iets anders gebruik na al my "shopping" van ander produkte nie. Ek voel sommer jare jonger met die produk en hoe sommer baie meer van myself.

  • Elizna Louw

    Ek is baie beïndruk met die produk: dit gee goeie bedekking, bly lank aan en laat my vel wonderlik sag en vogtig voel. Boonop gaan my veltoestand verbeter met toekomstige gebruik! Heerlik!

  • Riette Hugo

    As ek hiervan gehad het sou ek….
    iets daaroor kon skryf
    miskien jonger as 63 gelyk en gevoel het
    my man weer kon bekoor
    ‘n kompliment kry soos – Haai jy lyk darem baie jonk vir jou ouderdom!
    My nuwe kleinseun laat dink sy ouma is nog jonk en hups! (as hy 30 is, is ek wit bene of 93!)
    die prys met my man deel terwyl ek die Dans van die sewe sluiers langs die bed uitvoer )gelukkig sien hy nie meer so goed nie want ek het baie meer sluiers nodig!)

  • Elbe van der Merwe

    Ek het sonvlekke wat ek graag wil bedek sonder dat dit lyk of ek ‘n masker op het. Ek vind Revlon se Age Defying DNA Advantage bedek die vlekkies onopsigtelik en die SBF 20 is onontbeerlik teen die son wat my vel so verniel. Die teenveroudering bestandele is ‘n absolute bonus! Ek gebruik al jare Revlon se onderlaag en hierdie een is werklik die beste!

  • Suzette Jonker

    Baie lekker sag op jou vel, verbloem merke sonder dat dit voel of jy tonne grimering aan het ek hou baie van die produk.

  • Sulette Behnke

    Ekt oorgegaan van Revlon Photo Finish af en was skepties omdat ek mal is oor photo finish. DNA voel nog ligter op my vel en hou baie lank, voel soos n "upgrade"

  • Annette Esterhuizen

    DNA is beslis n redding vir ons skoner en ouer geslag!!! Dit versag beslis die fyn lyntjies om die ogies en die lag plooitjies is ook sagter. Dankie Revlon!!!

  • Amelia Ireton

    Dit is awesome en mens hoef nie poeier na die tyd aan te sit nie , sal dit nou nie awesome wees om so geskenkpak te kan wen nie , dankie julle is tops :)

  • Alida du Toit

    Joan Collins het in haar boek sowat 20 jaar terug gese dat as jy niks anders het nie, smeer botter aan maar bevogtig!. Ek is nou naby aan die botter or margarien of sonneblomolie weens finansiele beperkings. Dit sal wonderlik wees om hierdie produk te kan gebruik. Ek het dit so nodig!

  • Karen du Preez

    Ongelooflik! Bedek al die naarhede van die ouderdom, sonder om swaar en dik te voel. Voel hele dag of my vel asemhaal, maar die effek is heeldag sigbaar! Ek het op ‘n jong ouderdom met vlekke begin sukkel, en hierdie onderlaag gee my regtig my selfvertroue terug!

  • Ingrid de Waal

    Ek gebruik al jare die Colourstay, maar hierdie die afgelope 2 weke het ek oorgeslaan na die Revlon Age Defying DNA Advantage. Dit wend ongelooflik sag en egalig aan, dit gee goeie "coverage" en dit "trek" nie jou vel nie. Dit is ‘n uitstekende produk.

  • Daleen Engelbrecht

    Ek het die toetspakkie gekry en dit STADIG gebruik. Ek het behoorlik die sakkie LEEG gemaak. Van die eerste keer dat ek dit gebruik het, het ek aanmekaar net komplimente gekry oor hoe mooi en jonk ek lyk. ( Ek is al 56!) Dis toe dat ek besluit dis beslis die een produk wat ek net eenvoudig MOET hê. Ek is nie een oomblik spyt dat ek dit gekoop het nie. Ek sal seker maak dat ek weer ‘n botteltjie het VOORDAT my huidige botteltjie heel leeg is.

  • Irina Snyman

    Die onderlaag het uitstekende gewerk om vlekke op my gesig te bedek,dit het fyn plooitjies onsigbaar gemaak,het heeldag aangebly sonder om te blink of af te dop ,werklik aan te beveel.

  • Jayne van Staden

    Wat ‘n LIEFLIKE produk is REVLON Age Devying DNA Advantage nie!! Ek het lank rondgeval tussen verskillende onderlae…maar my soektog het geeindig toe ek op hierdie een afkom. Ek is 56 jaar oud en kry baie komplimente. Ek kan nie dink dat daar ooit iets beter uitgevind sal word nie!! Welgedaan Revlon…en dankie SARIE wat altyd alles aan ons lesers bekendstel.. xx

  • Sandra Thorpe

    ‘n Onderlaag met SSSOOO baie goeie eienskappe moet ‘n wenner wees. Bedek plooie en lyne, beskerm teen son en dan beveg dit ouderdom. ‘n Besliste wenner!

  • Christa van der Walt

    Ek is seker maar gelukkig…ek dink vir amper 57 lyk my vel nog heel goed! Ek het n "sample" van die nuutste Age Defying onderlaag ontvang, en kannie glo dat al gebruik ek hierdie Revlon produk al jare, die wonderlike verskil wat die DNA toevoeging maak nie…dis n heerlikheid, die bevogtiger en veral die sonskerm, is presies wat ons nodig het in n land waar die son enige vel se vyand is. Soos ek ouer word, het ek "meer" nodig….dus is ek dankbaar, Revlon, dat julle se "daar is geen verskoning vir afskeep nie!" Ek sien uit na my volgende botteltjie!!!