dkny_f09_pure_2_sing_506f1brz
Van ons adverteerders

WEN die kans van ‘n leeftyd met DKNY

In ‘n wêreld waar tyd ons aanjaag en van ons kosbaarste oomblikke verbyflits, verlang jy na ‘n plek van stilte. ‘n Tyd vir die dinge na aan jou hart. Verbeel jou ‘n parfuum wat van jou mooiste oomblikke saambottel in ‘n suiwer vanielje-geïnspireerde geur. ‘n Parfuum wat met vrede en eenvoud deel word van jou intiemste rituele.

Moeder Aarde se geur

pureDKNY is meer as ‘n parfuum, dis ‘n leefstyl. Dis ‘n geur wat die veranderende patrone van ons planeet verstaan, en die toekoms verantwoordelik betree deur die eerste byna-organiese parfuum ter wêreld te wees.

Die ligte blomgeure is sensueel en sagkens, met ‘n vanielje-basisgeur wat ‘n luukse eenvoud weerspieël. Natuurlike note van die lotusblom, Bulgaarse roos, jasmyn, freesia en orgidieë word omhul deur die sagte geure van wit amber, romerige sandelhout en ‘n druppel vanielje in water.

pureDKNY

 

100% suiwer en herwinbaar

Die glasbottel is deur die vorm van ‘n reëndruppel geïnspireer en word van 100% herwinbare glas gemaak. Slegs gewaarmerkte papier word vir die kartonboksie gebruik en ‘n ink met laer VOC-vlakke word vir die drukwerk gebruik.

 

Vanielje uit Afrika

Die vanielje in pureDKNY, word in Uganda gekweek en hoofsaaklik deur vroue met die hand gepluk. pureDKNY en CARE, ‘n humanitêre organisasie wat wêreldarmoede beveg, help saam met dié vroue wat so ‘n belangrike rol in die maak van hierdie parfuum speel.

 
‘n DKNY-vrou is getrou aan wie sy is, en só is haar parfuum.

 

“pureDKNY vang die kern van my eie siel vas, dit wie ek is en wat ek graag aanraak – soos vir die mense wat ek liefhet en om een met die natuur te wees. Dit gaan oor die rein, eenvoudige oomblikke van geluk.” – Donna Karan

 

Eko-model, Angela Lindvall
Die gesig van pureDKNY, model Angela Lindvall,
is self ‘n filantroop en iemand wat aktief die omgewing
beskerm.
Op haar Modeliania-blog deel sy haar eko-wenke:
Sy plant ‘n groentetuin, sy herwin haar klerekas,
sy hou haar eie hoenders aan en sy ondersteun
plaaslike boere in die omgewing waar sy bly

Woon jy in Johannesburg? Dis jou kans om te wen!

Vertel ons wat jy doen om die aarde te beskerm. Deel jou groen wenke met sarie.com en jy en ‘n vriendin staan ‘n kans om die eksklusiewe DKNY-geleentheid in Kaapstad by te woon. Daar wag ‘n spesiale verrassing op julle!

Woon jy in Johannesburg?

Hou sarie.com dop vir julle kans!

  • http://www.sarie.com Denise

    My seun van 9 jaar oud het eintlik my af begin met vir my te vra om al oud nuuspapiere vir hom te gee om skool toe te vat vir re-cycling en nou re-cycle ek glas en koeldrank blikkies ook, soevel as plastiek.

  • marie

    Klein dingetjies in die huis laat my beter voel oor my deel om die aarde te beskerm.
    1) In die winter gooi ek my warmwater bottels uit op my potplante.
    2) As ek rys bedien die aand gebruik ek die warm water wat oor bly in die ketel vir koffie om oor die rys te gooi en laat le deur die dag. Die rys swel en vat nie baie krag om op te kook nie.
    3) My laaste spoel in die wasmasjien lei ek met n ou swembad pyp uit om die gras nat te maak.
    4) in die somer gebruik ons net "solar power geyser" al stort ons soms koud as die voorige dag nie warm was nie. (Dis eintelik nogal vervrissend)
    5) Ek het n klein groente tuin en kruie tuin begin by die huis wat goedkoper uitwerk sowel as om my te help ontspan.
    6) Ek koop baie minder skoonmaakmiddels nou omdat ek n groot respek ontwikkel het vir suurlemoene. Ek druk n paar druppels uit op alles, skottelgoed, stoof, kombuis oppervlaktes, my hande, ens. Dit breek olierigheid en ryk boonop vris en vars.

  • Hyla

    Ek doen eenvoudige dinge soos om die ligte af te skakel en muurproppe af te sit as dit nie gebruik word nie.. probeer ook net organiese skoonmaak/skoonheidsmiddels te koop..plant eie groente en stap ipv in die motor spring om iewers heen te gaan..op die dorp waar ons woon, word ons voorsien van sakke om glas/papier/plastiek te skei.Kinders word ook aangemoedig om blikkies te versamel en skool toe te neem…

  • Yolande

    Daar is so baie dinge, groot en klein wat ons almal kan doen:

    * Eerstens om meer bewus te raak van dinge wat ons doen wat sleg is vir die aarde en atmosfeer
    * Meer loop (minder gasse verbrand)
    * Meer solar energie te gebruik, dus minder krag
    * Meer tuin maak, bome plant
    * Minder besoedel en die besoedelaars se gemors skoon maak
    * Meer mense vertel om groen te lewe – versprei die woord – Groen is Cool!
    * Meer organiese produkte gebruik
    * Re-cycle, Re-cycle, Re-cycle
    * Moedig die gemeenskap en gemeenskap leiers aan om meer groen te lewe en leefstyle te verander
    * Behandel die aarde soos ‘n babatjie – als moet skoon gehou word en mooi na gekyk word, ons is baie geseend om hier te kan wees en ons moet dinge begin waardeer, voordat dit weg geneem kan word.

  • Linda

    Hierdie jaar het ek begin om werk toe te stap!

  • Marzanne Milstein

    Ek doen klein goedjies soos: Ry met my fiets of stap dorp toe i.p.v ry met die motor; kook water en gooi dit ‘n warmwater fles vir gebruik deur die dag; skakel nie onnodig kragproppe / ligte aan nie; Koop vrugtesap by ‘n plek waar dit in my eie houers ingetap kan word (dus geen plastiek bottels wat weggegooi hoef te word nie).

  • Marietjie

    My groen wenke om ‘n bydrae te lewe om ons volmaak geskepte aarde te beskerm is die volgende:

    1. Ek stort eerder as bad (spaar baie water)
    2. Ons plant bome – dit is ‘n natuurlike lugreiniger
    3. Ons gebruik energie bespaarde gloeilampe in ons hele huis en sit
    die ligte af indien ons nie in ‘n vertrek is nie. Ons prop ook alle
    toerusting uit indien dit nie gebruik word nie.
    4. Ons herwin al ons glas en papier en vat dit na my kind se skool
    5. Ek dra gereeld my denims meer as een keer om sodoende krag en water te
    spaar
    6. Al ons oorskiet kosse bv. aartappel- wortel skille, gooi ek nie in die
    asblik nie, maar gaan gooi dit op ons komposhoop.
    7. Ek gaan doen inkopies met ‘n materiaal drasak wat ek meer as een
    keer kan gebruik, en vermy sodoende om plastiek sakke te koop wat nie
    herwinbaar is nie

  • Antoinette

    My groen bydrae is om die bad & skottelgoedwater met ‘n pyp op die gras te laat uitloop. Ek het ‘n klein groentetuin wat my baie genot verskaf en my trots maak op myself om ‘n geringe bydrae te lewer. Ons gebruik ook energie besparing gloeilampe in ons woning. Onnodige ligte word afgesit. Daar is niks lekker om so teen sterk skemer buite op die stoep te sit en die son te sien ondergaan as in die skerp lig van elektrisiteit. Ek voel as elkeen ‘n bydrae lewer maak nie saak hoe gering, sal dit ‘n verskil maak aan die einde van die dag.

  • http://www.thedarlingtrust.org Owen Britz-van Ryneveld

    Ons stur al ons glas bottels vir herwinning (recycling) en skep so ook werk. Al die afvalmateriaal (groente en vrugte skille) gaan na die komposhoop toe. Ons kweek ons eie groente en kruie(organies). Ons het ‘n sonverhitte waterverwarmingstelsel. In die somer gebruik ons glad nie elektrisiteit om ons water te verhit nie. Ons stortwater word herlei na die tuin dus gebruik ons organies afbreekbare seep. Ons inkopies word in materiaalsakke verpak. My werk is 5 minute se stap van my huis af, so ek stap oral. Ek besit nie ‘n motor nie so ek gebruik nie petrol nie.

  • Annaline

    Ek en my 2 dogters werk spaarsamig met water in en om die huis. Al die oorskiet kosse word vir die meeue gevoer. Hulle neem water skooltoe in plaas van koeldranke en die water wat terugkom word op die potplante gegooi. Papier word gesnipper en herwin. Blikke en bottels word in aparte sakke geplaas vir herwinning. Krag word bespaar deur saans kerslig te gebruik.

  • Wilhelmina Myburgh

    ek gebruik nie gifstowwe in en om my woning nie,

    ek gebruik nie gekleurde tissues of toilet papier nie, geen kleurstowwe vir my nie

    ek gebruik nie produkte wat op diere getoets word nie

    ek gebruik publieke vervoer om die karbon-voetprint te te beperk

    ek gebruik nie enige spuit kannetjies ens nie

  • Leani Bester

    My grootste groen wenk en sommer huweliks wenk ook is dat ek en my man saam werk toe en terug ry. Ons woonplek is so gelee dat hy my oppad na sy werk sommer kan aflaai en weer optel. Dit verminder dus uitlaatgasse en boonop gee dit ons ‘n ekstra uurtjie elke dag om lekker te gesels.

  • http://ajfowllcbaod.com/ tvehgubbjw

    hXOyXs rggckzviewol, [url=http://hookzragnryj.com/]hookzragnryj[/url], [link=http://wlebpndwvaxb.com/]wlebpndwvaxb[/link], http://vaqvfkuewzhf.com/

  • Rouxle Freysen

    Hierdie kersfees, het ek en my gesin, besluit om hierdie jaar ons geskenkpakkies met koerantpapier of ou tydskrifte toe tedraai. Jy kan dit pragtig versier met stempels en lint, en tydskrifte het pragtige kleurbladsye wat baie mooi oorgetrek lyk. Slegs in die Verenigde State word sowat 83 vierkant ‘n kilometer geskenkpapier gemores. Kyk bietjie na http://www.wasteonline.org.uk/resources/InformationSheets/ChristmasRecycling.htm vir baie idees om volgende kersfees te bespaar en ‘n GROEN kersfees te vier!!

  • Lorika Odendaal

    nadat ons by n omgewingsvriendelike fees was het ek geleer om ons vullis te split
    plastiek
    glas
    organiese materiaal (kompos hoop vir die tuin)
    blikke
    papier
    ek stuur dit in vir herwinning en kry sommer geldjie daarvoor terug
    dit help weer die beursie so bietjie aan

  • http://www.sarie.com Jeanette Norris

    Ek doen my re-cycle die jaar meer perfek,en is ook daarop gestel om baie meer water te spaar,deur te stort en nie n bad vol water te tap nie.Ek stap elke dag en doen my plig om enige papiere en rommel op te tel soos ek stap en geniet dit baie,wantek hou van n mooi skoon dorp,woon in blouberg strand op die seefront.

  • http://dlxdilnsmpij.com/ gjxtlwucbbz

    sDmVPJ fxuwzoiuhiav, [url=http://exrulgmnqtje.com/]exrulgmnqtje[/url], [link=http://ulkiyrpsomun.com/]ulkiyrpsomun[/link], http://bjpdoltjzuzv.com/