hight_lenght_mascara
Van ons adverteerders

Wimpers soos ‘n silwerdoek-ster

Die Golden Globes, Screen Actors Guild, die Baftas en natuurlik die Oscars – dis nou die seisoen waarin Hollywood hul grootste sterre vier en vereer.

En dié maand vier Clinique húl blinkste ster: Die opwindende nuwe High Lengths™ Mascara (R170). Dis die antwoord op vaal, lewelose wimpers en sal joune langer en weliger “toor”. Die resultaat is treffende, prentjiemooi oë – net reg vir die rooi tapyt!

Wat maak High Lengths™ Mascara so spesiaal?

WONDER-KAMMETJIE

Die unieke borseltjie van High Lengths™ Mascara is só ontwerp dat dit elke wimper versigtig uitkam, verleng en versterk. Die kammetjies, wat net aan die onderkant is, sorg dat daar altyd nét genoeg van die produk op die borseltjie is. Elke wimper word egalig bedek en dit verseker langer, welige wimpers.

WONDER-BESTANDDELE WAT VERLENG EN VERSAG

Die spesiale formule, wat sagte, wasagtige en veerligte versterkende bestanddele insluit, knap jou wimpers sagkens op en help om hulle gesonder en soepel te hou. Dis ook perfek vir dié met sensitiewe oë en vir kontaklens-draers.

* Meer inligting oor High Lengths™ Mascara en ander Clinique-produkte.

NOG CLINIQUE-NUUS!

Die nuwe Youth Surge Night Age Decelerating Night Moisturizer is pas bekend gestel. Dié produk se slim tegnologie help die vel om oorlog te voer teen lyntjies, plooie en die tekens van veroudering – en dít terwyl jy slaap!

NUUSFLITS: Koop jou Youth Surge Night Age Decelerating Night Moisturizer vanaf 15 Februarie 2010 en kry ‘n gratis 3-Step-toetsstelletjie.