Van ons adverteerders

Winter Skoonheid 2010: Yardley se Londen-voorkoms – pers ooggrimering

Vandag is Yardley sinoniem met moderne styl en kleur. Tog gaan hul geskiedenis terug na 1770, nadat ene mnr. Yardley ’n groot som geld aan Koning Karel I oorbetaal het. Dié skoonheidshuis spog met ’n groot verskei-denheid produkte om jou pragtig, in die mode-kol en verleidelik te hou.

 

1. Gebruik Yardley Treatment Concealer in Radiant (R59,95) ná jou onderlaag. Wend dit in klein tikkies onder die oë en aan die kante van jou neus aan. Meng dit goed in met jou vinger. Dit verbloem donker sirkels en rooiheid om jou neus.
Begin met Yardley Single Stayfast Eyeshadow 2. Begin met Yardley Advanced Formula Single Stayfast Eyeshadow (R49,95) in Plum Seduction op die boonste ooglid, van die middel af –
skakeer uitwaarts. Bring dit ook onder jou oë aan, styf teen wimpers, en skakeer uitwaarts in “vlerkies”. Dié oogskadu hou 16 uur lank en het ’n ragfyn smeer- en vervaag-bestande tekstuur.
Gebruik Yardley Pewter Eyeshadow 3. Gebruik Yardley Pewter Eyeshadow (R49,95) in die oogvou en skakeer op- en uitwaarts.
Gebruik Yardley Carbon Black Eyeshadow 4. Gebruik nou Yardley Carbon Black Eyeshadow (R49,95). Begin waar die pers ophou in die middel van die boonste ooglid en skakeer na die buitekant van die oog.
Omlyn jou ooglede bo en onder, teenaan die wimpers 5. Omlyn jou ooglede bo en onder, teenaan die wimpers, met Yardley Liquid Eyeliner in Black (R69,95) en gebruik Yardley Eyebrow Pencil in Black (R54,95) op die binneste randjies van die onderste ooglede.
Borsel wenkbroue boontoe en vul hulle in 6. Borsel wenkbroue boontoe en vul hulle in met Yardley Eyebrow Pencil in Blonde (R54,95) vir meer definisie. Eindig met Yardley Volume Lash Mascara in Black (R79,95) op slegs jou boonste wimpers.
Dit bedek elke haartjie afsonderlik en knap op vir langdurige glans.

KRY DIE VOLLE VOORKOMS

Gladde gelaat
Kies ’n wenspan: Yardley Whipped Matt Mousse (R119,95) en Line Minimizer Primer (R89,95) skep saam ’n porseleinvel. Begin met die Line Minimizer Primer wat lyntjies minder sigbaar maak en jou vel verryk met vitamienes. Die Whipped Matt Mousse Foundation se fluweel-tekstuur gly maklik aan, absorbeer olie en gee ’n egalige gelaat.

Soenbare lippe
Hou jou lippe bevog en sag met Yardley Supermoist Lipstick (R59,95) met ’n SBF 20. Dit bevat galambotter vir vog en laventelolie wat stres bekamp.

In-die-kol-naels
Vir die laaste tikkie kleur, gebruik Yardley quick dry-naellak in almost Midnight (R46,95). Dit hou naels sterk met vitamiene E, B5 en F, en die nuwe formule bly ekstra-lank aan.