VIA_FB_Sieners_pre
VIA

10 herfs-trends op VIA se Sieners

Die span van die VIA-program Sieners praat elke week oor vuurwarm trends. In dié week se episode gesels die glanspaneel van kenners en persoonlikhede oor die herfs-trends wat op ons wag.

Hier is 10 trends wat vir ons uitgestaan het.

1) Kleure

Pantone se kleure vir die herfs is groot nuus vir jou klerekas en jou huis. En die name vir dié klere is eg-herfs, soos woenstynsalie, gedroogde kruie, poelrefleksie, stormweer en woestyndiva.

Screen Shot 2016-03-09 at 2.18.18 PM

2) Vir jou huis

Kies goue aksente om jou huis op te vrolik.

MOOD dekor lessenaar, werk

FOTO: Henk Hattingh uit SARIE se Maart 2016-uitgawe

3) Mode

Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, gee dié raad vir herfs: Kikker jou klerekas op met pastelle, veral Pantone se kleure van die jaar, Rose Quartz (ligpienk) en Serenity (ligblou), vir ’n moderne vroulike voorkoms.

FOTO: Glen Montgomery van Supernova GRIMERING EN HARE: Nandi Kai van Supernova MODEL: Cathrine Norgaard van Outlaws FOTOGRAAF SE ASSISTENT: Jigga

FOTO: Glen Montgomery van Supernova uit SARIE se Maart 2016-uitgawe
GRIMERING EN HARE: Nandi Kai van Supernova
MODEL: Cathrine Norgaard van Outlaws
FOTOGRAAF SE ASSISTENT: Jigga

4) Die uitklok-broek

Die sewentigs is steeds groot vir herfs.

FOTO: Justin Badenhorst van Supernova uit SARIE Maart 2016-uitgawe GRIMERING EN HARE: Alet Viljoen van Supernova MODEL: Mari van Vision Models FOTOGRAAF SE ASSISTENT: Tim Gerges

FOTO: Justin Badenhorst van Supernova uit SARIE Maart 2016-uitgawe
GRIMERING EN HARE: Alet Viljoen van Supernova
MODEL: Mari van Vision Models
FOTOGRAAF SE ASSISTENT: Tim Gerges

5) Cult of celebrity

Ons kyk steeds na celebs om ons styl te bepaal, veral Kate Middleton en Kendall Jenner.

Kendall Jenner in New York FOTO: Instagram (@kendalljenner)

Kendall Jenner in New York
FOTO: Instagram (@kendalljenner)

6) Valentino se herfsreeks

7) Die beehive

8) Herfskosse

Dis lekker gemakskos en trooskos – dink sop, bredies en risotto (soos die een hieronder!)

FOTO: Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

FOTO: Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2012

9) Suid-Afrikaanse geregte met ’n geur-twist

Herman, SARIE se kosredakteur, sê vanjaar maak jy jou ou gunstelinge met ’n oorsese skop – dink pampoenbredie met lamskenkels met Spaanse geure soos paprika of saffraandrade. Of ’n groenboontjie-bredie met sriracha-sous vir ’n Oosterse geur.

sk0709budget05

FOTO: Micky Hoyle

10) Sitrusvrugte

#fruits #citrus #agrumi #designdautore

A photo posted by design-dautore.com (@design_dautore) on

Druk sap van sitrusvrugte uit en rasper die skil fyn. Gooi saam met sauvignon blanc en sodawater na smaak. Somerdrankie in die herfs!

Inspirasie … 

“Die jaar word ryp in goue akkerblare”

- uit N.P. van Wyk Louw se “Vroegherfs”