VIA_FB_Sieners_pre
VIA

10 kosmetiese trends op VIA se Sieners

Die span van die VIA-program Sieners praat elke week oor vuurwarm trends. In dié week se episode gesels die glanspaneel van kenners en persoonlikhede oor kosmetiese trends soos grimering, plastiese snykunde, botox en fillers.

Hier is 10 trends wat vir ons uitgestaan het.

1. Gewildste lande

Die top-10 lande waar kosmetiese snykunde die gewildste is. Kan jy glo?

#10 Mexiko

#9 Frankryk

#8 Brasilië

#7 Japan

#6 Taiwan

#5 Colombië

#4 VSA

#3 Italië

#2 Griekeland

#1 Suid-Korea

2. Vinnige prosedures

Mense kies deesdae eerder nie-permanente prosedures, soos gare-ontrimpeling (thread lift). 

3. Vinnige groei in SA

Nie-indringende prosedures in SA het in 2013 met 780% gegroei, berig CNBC Africa.

Prosedures wat in SA gewild is, is vergroting van boude, vetafsuiging (liposuction) en om jou neus aan te pas. Vroue kies ook om hul borste te verklein vir ’n gemakliker leefstyl.

4. Negatiewe beeld

In die verlede het plastiese snykunde ’n baie negatiewe beeld gehad. Al hoe meer mense begin dit nou oorweeg.

6 months #beforeandafter #drshahidi #rhinoplasty

A photo posted by Dr Shahidi | Facial Plastics (@drshahidi.aus) on

5. Grimeersakkie

Hou altyd jou grimeersakkie byderhand, sê Adelle Jung. Dan kan jy van die gim na jou werk en daarna na drankies gaan sonder om eers by die huis te stop. Adelle beveel aan dat jy altyd jou grimering in goeie beligting aansit en vergeet van die Kardashians – natuurlike grimering is mooi.

#SisterSunday A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

6. Onderlaag

Onderlaag is daar om jou vel so na moontlik aan perfek te laat lyk. Maar dit is moeilik om die regte een te kies.

Vind jou skakering onderlaag – SARIE se skoonheidspan gee raad!

7. #SARIEwenke

Die wêreld se bekendste grimeerkunstenaars gee raad! Soek #SARIEwenke op Twitter of Instagram en leer saam!

Ons vierde skoonheidswenk vir jou! #SARIEwenke #SARIEskoonheid FOTO: Justin Badenhorst @justinbadenhorst

A photo posted by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on

8. Lipkleur

Dra ’n kleur wat jou komplementeer – en probeer helder kleure! Vul ons vraelys in om uit te vind watter lipstiffie pas by jou!

Watter SARIE lipstiffie-kleur is jóú perfekte pasmaat?

9. Diere

Die publiek raak al hoe meer bewus van grimeer- en skoonheidsprodukte wat op diere getoets word.

images

10. Natuurlike produkte

Voordele van natuurlike produkte vir jou vel raak nou weer groot nuus – ongeag of dit in kos of in jou skoonheidsprodukte is.

APR april 2016 Rolanda Marais voorblad cover

Lees ook ons rooibos-storie in ons April-uitgawe van SARIE. Dis een van die natuur se wonderwerke danksy ’n hele weermag antioksidante wat jou gesondheid kan beskerm en langlewendheid kan aanhelp. Boonop is dit goed vir jou vel!