Kuier die Pase in die tuin

Kuier die Pase in die tuin PHOTO: Donna Lewis

VIA

8 Paasfees-trends op VIA se Sieners

Die span van die VIA-program Sieners praat elke week oor vuurwarm trends. In dié week se episode gesels die glanspaneel van kenners en persoonlikhede oor Paasfees!

Hier is 8 trends wat vir ons uitgestaan het.

1) Kerrievis

Vir ’n SA geur, gebruik boegoe en rooibos.

Klik HIER vir die resep

2) Paasbolletjies met egte botter

Paasbolletjies

 Klik HIER vir die resep

3) Suikervrye opsies

Kyk op blogs soos Sugarfreemom.com, Sugarfreefairy.com en Spoonfulofsugarfree.com.

SARIE.com het ook verskeie resepte wat suikervry is, of met ‘n verminderde suiker-inhoud, vir diabete – kyk HIER.

Rooibos-teekoek suiker vry, sugar free

FOTO: Micky Hoyle

4) Dekor 

Haal jou mooiste gerei uit en onthaal in styl!

Klik HIER vir ‘n paar idees

Kuier die Pase in die tuin

Kuier die Pase in die tuin
PHOTO: Donna Lewis

5) Modes vir die Paasnaweek

BraaiNiemand sien kans vir (ongevraagde) menings soos “Pak jy jou hele kas?”, “Jou tas se ritssluiter gaan breek!” of “Is hier ’n lyk in jou tas?” nie! Die modespan het die hoof-items gaan uitkies wat ons dink jy moet pak vir die langnweek.

6) Hoop jy het jou verlof vroegtydig ingesit!

As jy dit mooi beplan het, kan jy nou lekker lank vakansie hou met al die vakansiedae. Maak die meeste daarvan deur gehaltetyd met jou familie en vriende deur te bring!

7) KKNK

Duisende mense besoek jaarliks die KKNK en vanjaar val dié fees weer oor die Paasnaweek.

Alle paaie lei na die #SARIEwinkel in die CP Nel-museum! Kom koop na hartelus. Ons bring vir jou die mooiste en spesiaal uitgesoekte trots Suid-Afrikaanse produkte, gemaak deur klein opkomende ondernemings.

Bring jou beursie, kredietkaart of slimfoon en kom koop geskenke of kom bederf jouself van 24 – 30 Maart 2016.

Soos altyd kry KKNK-feesgangers EERSTE kans om in te skryf vir Voorbladgesig 2016, nog vóór ons landwyd daarmee afskop!

kknk

8) Geniet die buitelug! 

Weg.netwerk24.com het lekker idees vir ’n buite-vakansie. Laai ook die Trail Guide South Africa-app af – vir Android-fone en iPhones.

Screen Shot 2016-03-23 at 2.03.29 PM

 

APR april 2016 Rolanda Marais voorblad cover

Lees ook ons stories oor die pragtige Tankwa-Karoo in ons April-uitgawe van SARIE. Leser vertel oor die Tankwa-Camino en ’n skoonheidsdeskundige word skoolhoof van ’n plaasskool in die Tankwa.