herman inspirasiekos via
VIA

Via ná 6 maande ’n gunsteling op kassie

Slegs ses maande ná die leefstylkanaal Via se bekendstelling is dit nou een van Afrikaanse DStv-kykers se gunsteling-leefstylkanale. Die data van 8 Mei 2016 dui aan dat Via se daaglikse gehoor met 56% gegroei het sedert die bekendstelling.

Drie Via-programme gaan ook nou op DStv se opvangdiens, Catch Up, beskikbaar wees – en een daarvan is SARIE se Inspirasiekos met SARIE, wat kosredakteur Herman Lensing aanbied. Die ander twee programme is Vrydag 4 uur en Diere-dokters. 

Oor Inspirasiekos met SARIE sê Herman:

“Die lewe neem jou op vreemde paaie en inspirasie wag om elke hoek en draai. Dis gewoonlik in die klein dinge waar die mooi skuil.

Ek is dankbaar vir die kos-engele om my wat my lewe elke dag ten goede verander.

“Die afgelope 25 weke van die program het ek die kans gehad om mense te ontmoet wat my hart en lewe gevul het met passie en liefde vir bestanddele.”

Via stel ook binnekort sewe nuwe programme bekend wat sal fokus op emosionele leefstylvermaak. Dit sluit in die werklikheidsprogram Ure, wat kyk na die lewens van die bekroonde chirurg dr. Susan Vosloo en die hartspan van die Christiaan Barnard-hospitaal in Kaapstad. Die TV-persoonlikheid Nina Swart is ná jare weer voor die kameras as aanbieder van haar geselsprogram, Jou storie met Nina, en in Diere-dokters span kykers uit saam met ’n Johannesburgse veearts-span. Lees meer oor dié nuwe programme HIER.

VIA

Lees ook

Vliegtuig vermis – Wat kon gebeur het?

Ontmoet 7de Laan se nuwe gesin