Nikki sê nee_logo
VIA

Donderdag op VIA

Dít is die splinternuwe Afrikaanse programme wat vanaand op VIA, DStv-kanaal 147, uitgesaai word:

Donderdag, 12 November op VIA

16:00 Nikki sê nee - Ja vir die vol spaarvarkie via Nikki se nees. Dié ma van vier en planmaker weet hoe om die meeste uit haar sente te kry. Nikki Roos is agtermekaar, ken haar storie en deel haar wenke om geld en tyd te spaar.

16:30 Die eet oorlog – ’n Wil-my-nie-doodskaam-strandlyf via ’n 30-dae-kosoorlog. Drie diëte. Drie dapper vroue. En ’n 30-dag-geveg teen vetrolle. Deelnemers wroeg en weeg dag na dag met die hulp van ’n span kenners om in hul nuwe baaikostuums te kan pas.

17:00 Familiefoto – ’n Cool kaggelkiekie via ’n aweregse oortoorspan. ’n Ervare span mooimakers neem gesinne onder hande sodat hulle kan regstaan vir die perfekte foto. Of ons hoop so!

17:30  Skoonma-se-tong - Stres met Amor via jou skoonma se sagopoeding. Die eeue oue ongemak tussen skoonma’s en skoondogters is op die tafel. ’n Man moet geblinddoek sy ma en vrou se geregte proe – en dan sy gunsteling kies. Met aanbieder Amor Vittone.

18:00 Ken jy my? – ’n Kontantinspuiting via Shimmy se vasvra. Die spitsvondige Shimmy Isaacs toets hoe goed paartjies mekaar regtig ken en sy span onder meer ’n leuenverklikkertoets in. Hoe beter die paartjies vaar, hoe groter die kontantprys.

18:30 ’n Halfuur met Hanlie – ’n Kosbare ontmoeting via Hanlie Retief se vrae. Rapport se doyenne van onderhoudvoerders gesels met mense wat haar interesseer, verstom en inspireer.

’n Halfuur met Hanlie

’n Halfuur met Hanlie