VIA

Hilde ontmoet vir Boeta Gammie

Die TV-program Hilde se hartsklanke volg Hildegardt Whites week ná week terwyl sy haar eerste album opneem. Sy besoek 13 dorpies langs die Weskus en in die Noord-Kaap – daar waar haar wortels lê – en vind plaaslike musikante om haar te help om haar hartsklanke in 30 dae op te neem.

Hierdie week kuier Hilde en die span op Calvinia, in die Groot-Karoo, om die liedjie “Ek Wonder” saam met die legendariese Boeta Gammie op te neem.

“Die Hantam, waarvan Calvinia die hartjie is, is so mooi en vandag is daar steeds digters wat oor die skoonheid en sy mense skryf,” vertel Hilde.

Vir Boeta Gammie, oftewel Jan Isaacs, is die Hantamberge gereeld inspirasie vir sy musiek.

“Ek het grootgeword met rielmusiek en dis in my bloed,” vertel hy. “As ek my kitaar vat en ek kom in die natuur, kan ek binne ’n minuut ’n liedjie maak.”

Die liedjie wat Hilde hierdie week opneem, is “Ek wonder”. Sy het dit self geskryf. Boeta Gammie speel viool en Dulon Opperman spog met sy trekklavier-talente.

“Die musiek is hierdie keer anders,” verklap Hilde.

Kykers kan ’n rustiger en roerende liedjie verwag.

Om die volle musiekvideo te sien en die kunstenaar beter te leer ken, besoek Afrikaans.com.

Hilde se hartsklanke VIA

Nuwe episodes van Hilde se hartsklanke wys elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) en herhaal dan weer Saterdagaande om 21:00 en Sondagoggende om 09:00.

Lees nou

4 nuusstories vir vandag, 15 Februarie 2017

2017 se top 3-verloofringe

Bella Hadid praat oor The Weeknd