herman inspirasiekos via
VIA

Inspirasiekos met SARIE Episode 10: Sampioene

Kotie van Tonder van Darling kweek eksotiese sampioene. Herman vind meer uit oor dié interessante proses en maak ’n geurige sop, gemarineerde sampioene met roosterbrood en ’n gesonde slaai.

Sampioen-en-spek-truffelsop

Inspirasiekos1

genoeg vir 4-6

  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 1 ui, grofgekap
  • 250 g gerookte spek
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 200 g portabellini-sampioene, grofgekap
  • 2 takkies origanum, fyngekap
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 250 ml laevet-room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml truffel-olie
  • 10 ml truffelsout

Verhit olie en botter tot warm in middelslag-pot. Voeg ui, spek en knoffel by. Verlaag hitte en laat mengsel sweet tot lig en deurskynend. Voeg sampioene en origanum by en braai stadig tot sampioene sag en gaar is. Voeg aftreksel by en verlaag hitte. Laat stadig oop prut tot vloeistof die helfte minder is. Voeg room by en laat prut tot weer met helfte verminder het. Geur goed met sout en swartpeper. Maak sop in voedselverwerker fyn tot puree. Gooi truffel-olie en sout by. Sit warm voor.

Gemarineerde sampioene met roosterbrood

Inspirasiekos2

 

genoeg vir 4-6

  • 375 ml sampioen- of groenteaftreksel
  • 60 ml witwyn
  • 1 lourierblaar
  • 2 takkies origanum, fyngekap
  • 1 takkie tiemie
  • 15 ml brandrissievlokkies
  • skil van 3 suurlemoene
  • 1 ui, in repies gesny
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g gemengde sampioene (oester werk die beste)
  • 500 g blomkoolstukke
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 45 ml balsemasyn
  • 30 ml witwynasyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 ml botter
  • 12 snye baguette

Plaas die aftreksel, wyn, lourierblaar, origanum, tiemie, brandrissievlokkies en suurlemoenskil in ’n groot pot. Voeg die ui en knoffel by en bring tot kookpunt. Voeg die sampioene by en verwyder van die hitte. Maak die pot toe en laat 20 minute staan. Bring water in ’n ander pot tot kookpunt en dompel die blomkool daarin. Laat 5 minute kook tot die blomkool halfgaar is. Dreineer en voeg by die sampioenmengsel. Voeg die res van die bestanddele by en geur baie goed met sout en peper. Verhit botter in braaipan tot warm en braai snye brood tot goudbruin en bros. Sprinkel oor gemarineerde sampioene en sit voor.

Sampioen-pekanneut-en-bruinrysslaai

Inspirasiekos4

genoeg vir 4-6

  • 30 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 20 ml swart mosterdsade
  • 250 g bruinsampioene
  • 270 g (375 ml) bruinrys
  • 90 g (125 ml) witrys
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 100 g-pakkie pekanneute
  • 1 x 100 g-sakkie bosbessies
  • 1 hand vol vars koljander, grofgekap

Verhit die botter en olyfolie in ’n groot pot. Voeg die ui, mosterd en sampioene by en roerbraai 5 minute. Voeg albei soorte rys by en roerbraai nog 3 minute. Gooi die aftreksel by en geur goed met sout en peper. Verlaag die hitte en laat 20 – 25 minute kook of tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer is (gooi nog aftreksel by as dit lyk of die pot gaan droogkook voor die rys gaar is). Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Sit warm voor as bykos of koud as slaai.

whirlpool

8-minute-sampioen-pizza

1 JETCHEF PIZZA

Pizza-deeg

  • 1½ koppie warm water (40 – 46 ºC)
  • 1 pakkie (2¼ teelepels) droë gis
  • 3½ koppies broodmeel
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel suiker

Bolaag

  • Tamatiepuree
  • Mozzarella-kaas, gerasper
  • Sampioene, gekap
  • Groen soetrissie, gekap
  • Rooi-uie, gekap

Plaas die warm water in ’n groot bak, sprinkel die gis oor die warm water en laat dit vir 5 minute staan totdat die gis oplos.

Meng die meel, sout, suiker en olyfolie. Knie die pizza-deeg totdat dit glad en elasties is – sowat 10 minute. As die deeg bietjie te klam lyk, sprinkel klein bietjie meel daaroor.

Plaas die deeg in ’n glasbak, bedek met kleefplastiek en laat rys eenkant tot dubbel die volume.

2 JETCHEF PIZZA 2

Plaas deeg op ’n werkvlak wat met meel besprinkel is en rol die deeg uit in die vorm wat jy dit wil hê.

Smeer met tamatiepuree en strooi kaas, sampioene, rooi-uie en groen soetrissie oor. Besprinkel met olyfolie.

3 JETCHEF PIZZA 3

Plaas die pizza op die Whirlpool Crisp Plate en bak vir 8 minute op die pizza-stelling van die Whirlpool JetChef-mikrogolfoond.

pizza

Ná 8 minute is jou pizza gereed en jy kan dit opsny, opdien en geniet!

6 PIZZA JETCHEF

Produk van die week: 6th Sense JetChef Microwave Oven JT 469 SL

Whirlpool se nuwe JetChef-mikrogolfoond bak die perfekte bros pizza in net 8 minute.

WHIRLPOOL - PIZZA RECIPE 4

Whirlpool se 6th Sense-tegnologie gebruik ingeboude sensors om die vlak van humiditeit te bepaal en pas dan die tyd en krag aan vir die perfekte kookresultaat.

Lees HIER meer oor die 6th Sense JetChef-mikrogolfoond.

 

WP Logo Colour on blank