herman inspirasiekos via
VIA

Inspirasiekos met SARIE: Episode 2 se resepte

Gisteraand is die tweede episode van Inspirasiekos met SARIE op die nuwe Afrikaanse DStv-kanaal, VIA, uitgesaai.

Herman deel sy Pampoen en biersop 

inspirasiekos21

Genoeg vir 6-8

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 kg pampoen, in blokkies gesny
  • 15 ml origanum
  • 350 ml appelbier
  • 350 ml hoenderaftreksel
  • 1 rooi brnadrissie, fyngekap
  • 5 ml fyn kaneel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • brood om mee voor te sit

Verhit olyfolie in ’n mediumgroot pot. Voeg knoffel, gemmer, uie en pampoenblokkies by. Braai vir 5 – 8 minute. Voeg origanum, bier en aftreksel by. Verlaag hitte en laat stadig kook vir 10 – 15 minute of tot pampoen sag en pap is. Voeg brandrissie by en verwerk tot gladde mengsel in voedselverwerker. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met brood.

herman inspirasiekos via

Hy het ook ’n heerlike bier-en-biltong-brood gebak, hier is die resep

inspirasiekos22

Genoeg vir 6-8

  • 500g koekmeel
  • 30ml bakpoeier
  • 30ml gekapte tiemie
  • 5ml sout
  • 5ml varsgemaalde swartpeper
  • 180g beesbiltong, in skywe gesny
  • 375ml (1 blikkie) bier

Verhit oond tot 180ºC. Meng meel, bakpoeier, tiemie, sout en peper saam in ‘n groot mengbak. Voeg biltong en bier by. Roer met ‘n houtlepel totdat alles goed gemeng is. Skep beslag in ‘n broodpan van 21 x 11cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 35 – 40 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Gis laat die deeg rys wanneer jy dit knie, maar dié lewende organisme groei net teen die regte temperatuur – dieselfde as jou liggaam s’n, dus nie te warm nie. Kry jy dit verkeerd, knie jy vergeefs. Druk jou vinger in die water voor jy die gis ingooi – dit moet lou voel.

Moenie Inspirasiekos met SARIE misloop nie, Maandae om 17:30 op DStv-kanaal 147

Lees ook