IMG_0111
VIA

‘Inspirasiekos met SARIE’ se kruieresepte (episode 6)

In dié week se episode van Inspirasiekos met SARIE op via (DStv-kanaal 147) gaan oes Herman kruie. By Allée Bleue buite Franschhoek groei Lario Moolman van SA se beste kruie. Hierdie geurvolle stukkies plant het gesorg vir genoeg inspirasie om hoender te rooster, brood te bak en ’n anderste nagereg te maak.

20151006_152706

Hier deel hy die resepte én Whirlpool deel ook ’n lekker resep vir basiliepesto en pasta.

Herman se oondgebraaide Argentynse kruiehoender

IKMS 6 Main Dish

Die Argentyne maak ’n kruiesous wat hulle chimichurri noem – ’n mengsel van kruie met brandrissie en olyfolie. Dié produk is deesdae ook op ons winkelrakke.

genoeg vir 6

  • 2 uie, in kwarte gesny
  • 4 wortels, in ringe gesny
  • 250 ml witwyn
  • hand vol harde kruie (roosmaryn, tiemie, origanum)
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 6 baba-hoenders
  • 1 x 250 ml-bottel chimichurrisous – kyk by pesto-rak
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas uie, wortels, witwyn, kruie en hoenderaftreksel in oondroosterpan. Sit hoenders bo-op, smeer chimichurri oor en strooi knoffel oor. Geur goed met sout en peper.

Bedek pan met foelie en rooster vir 30 minute. Rooster oop vir nog 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met pansous en groente van jou keuse.

Herman se pesto-brood

genoeg vir 1 brood

IMG_0087

  • koekmeel vir uitrol
  • 500 g-sakkie winkeldeeg
  • 125 ml basiliepesto

Verhit die oond tot 180 °C. Sprinkel koekmeel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 3 mm dik. Smeer pesto oor deeg en rol op in lang deegwors. Sny wors in 3 cm-skywe. Spuit ’n broodpan van 20 x 15 cm goed met kleefwerende kossproei. Plaas skywe regop in broodpan en laat rys op warm plek vir 20 minute. Bak vir 25-30 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit en sit louwarm voor.

IKMS 6 Herb Bread

Só maak Herman Switserse muesli

1D0A0121

Die gereg is tradisioneel bekend as Bircher-muesli. Dis basies rou hawermout wat geweek word in vrugtesap en jogurt. Heerlik en baie gesond.

genoeg vir 6

  • 210 g gerolde hawermout
  • 2 rooi pomelo’s, uitgedruk
  • 250 ml lemoensap
  • 80 ml heuning
  • 2 takkies roosmaryn, fyngekap
  • 500 ml ongegeurde volroom-jogurt
  • 100 g pistasieneute, gekap
  • vars vrugte vir voorsit

Plaas hawermout in mengbak en voeg pomelosap en lemoensap by. Meng deur en laat staan vir 20 minute. Voeg heuning en kruie by en meng deur. Voeg jogurt by en meng goed. Skep in opdienbakkies. Sprinkel neute oor en sit voor met vars vrugte.

IMG_0089

whirlpool

Vars basiliepesto en pasta

1 FRESH BASIL PESTO

  • 1/2 gekapte knoffelhuisie
  • 3 groot hande vol vars basilieblare, gekap
  • 1 hand vol dennepitte (pine nuts)
  • 1 hand vol gerasperde parmesaankaas
  • ekstra-suiwer olyfolie
  • vars pasta

Druk die knoffelhuisie fyn.

2 FRESH BASIL PESTO

Pols die knoffel, basilieblare en dennepitte in ’n voedselverwerker tot fyn.

3 FRESH BASIL PESTO

Gooi uit in ’n bakkie en voeg die kaas by. Voeg olyfolie by – net genoeg om die sous te bind.

4 FRESH BASIL PESTO

Kook die pasta.

5 FRESH BASIL PESTO

Sit voor met ekstra parmesaankaas.

6 FRESH BASIL PESTO

Hou jou groente vir langer vars met die Whirlpool Supreme No Frost-yskas.

BSNF 9782 OX - DG201502027

Lees HIER meer.

WP Logo Colour on blank