herman inspirasiekos via
VIA

‘Inspirasiekos met SARIE’ se eier-resepte (episode 9)

In dié week se episode van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) kook Herman met eiers op Stellenbosch. Hoenderboer Angus McIntosh neem Herman deur sy boerdery-bedrywighede en dan maak Herman saggekookte eiers met aspersies en spek, ’n aspersieslaai met bros eier en ’n soufflé-omelet.

Hier deel hy die resepte én Whirlpool deel ook ’n lekker resep vir bessie-meringues.

Herman se soufflé-omelet

Dié soet soufflé-poeding sal nooit platval nie!

genoeg vir 2

  •  4 eiers
  • 100 g (125 ml) strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 70 g (140 ml) koekmeel
  • 175 g vars bloubessies
  • 50 g versiersuiker
  • 250 g-houer mascarpone-kaas
  • bessies en kersies vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Spuit twee kleefvrye, oondvaste panne van 25 cm in deursnee goed met kleefwerende kossproei. Skei eiers. Klits eiergele, 1/van strooisuiker en vanielje saam met elektriese klitser tot dik en skuimerig. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Terwyl jy klits, gooi oorblywende suiker geleidelik by tot blink en styf. Vou eierwitmengsel by eiergeelmengsel in met slaplemmes. Vou meel ook in. Verhit die twee voorbereide panne tot warm oor hoë hitte. Verdeel mengsel tussen die twee warm panne en sprinkel bloubessies oor.

Bak 10 – 12 minute of tot uitgepof en gaar. Haal uit oond en vou in helfte met hulp van eierspaan. Keer uit op opdienbord en sif versiersuiker oor. Verhit metaalpen tot warm en brand kruispatroon op soufflé. Skep mascarpone op en pak bessies en kersies bo-op. Sit voor.

FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Herman se aspersieslaai met bros eier

genoeg vir 6

  • 60 ml wit asyn
  • 7 eiers
  • 60 ml koekmeel
  • 150 g broodkrummels
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • 45 ml olyfolie
  • 400 g aspersies, gedompel in kookwater
  • 80 g slaaiblare van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Bring pot met water tot kookpunt en gooi asyn by. Breek 6 eiers een-een in water en posjeer 3 – 5 minute of tot die geel medium-sag is. Laat afkoel. Klits oorblywende eier liggies in klein bakkie. Rol geposjeerde eiers in koekmeel, dan in geklitste eier en laastens in broodkrummels.

Verhit sonneblomolie tot warm en diepbraai eiers 20 – 30 sekondes of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Verhit olyfolie tot warm in pan en braai aspersies 1 minuut. Plaas aspersies en slaaiblare op opdienbord. Sit bros eiers bo-op. Geur met sout en peper en sit voor.

Kry nog eier-resepte en wenke vir dié resepte in die nuwe uitgawe van SARIE KOS – te koop vanaf 25 Januarie.

whirlpool

Bessie-meringues

1

  • 4 groot organiese eierwitte teen kamertemperatuur
  • 115 g strooisuiker
  • 115 g versiersuiker
  • vars bessies
  • styfgeklopte room

Verhit ‘n waaieroond tot 100°C. Klits die eierwitte op matige spoed met ’n elektriese handklitser totdat die mengsel stywe punte maak wanneer klitser uitgelig word.

21

Voeg die strooisuiker lepel vir lepel by. Die mengsel is gereed wanneer dit dik en blink is. Sif die versiersuiker oor die mengsel en vou dit dan sagkens in met ’n spatel.

Druk die mengsel in nessievorms met ‘n holte in middel op bakpapier uit. Bak vir 1 ½ – 1 ¾  uur in ’n waaieroond. Laat dit afkoel op ’n bakplaat of afkoelrak.

3

Vul elke meringue-nessie met varsgeklopte room.

4

Sit voor met vars bessies.

5

Hou jou meringues lig en donsig met Whirlpool se unieke Multi-Function Cooking Functions.

Whirlpool AKZM 6560_IXL (Oven)

Lees HIER meer.

WP Logo Colour on blank