herman3
VIA

‘Inspirasiekos met SARIE’ se forelresepte (episode 5)

In die vyfde episode van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) maak Herman lyn nat by ’n forelplaas in die Du Toitskloof-pas. Hy leer hoe die vis met sy bekende pienk kleur geteel word van eier tot vis. Alles vir ’n dankiesê-feesmaal vir die boer en sy span.

herman

Hier deel hy die feesresepte én Whirlpool deel ook ’n lekker resep vir pangebraaide forel.

Herman se gerookteforel-patee

herman4

  • 100 g gerookte forel, fyngevlok
  • 250 g roomkaas
  • 45 ml geroomde peperwortel (horseradish cream)
  • 20 ml vinkel, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 stingel seldery
  • 6 radyse, in kwarte gesny

Meng al die bestanddele buiten die seldery en radys en geur goed met sout en swartpeper. Skep mengsel in mooi opdienbak. Gebruik groenteskiller en maak repe seldery. Dompel seldery en radys in yswater vir 3 minute. Skud water af en garneer patee met seldery. Sit voor met brood van jou keuse.

Herman se heelvis in parmaham met bottersous

herman5

Jy kan dié resep gebruik vir enige vis waarop jy jou hand kan lê. As jy hou van varswatervis, stel ek iets soos forel voor. As jy meer luuks wil wees, sal heel salm baie lekker wees. Die geheim van vars vis is om dit eenvoudig te berei en nie te veel geurmiddels te gebruik nie. Laat die vis se smaak die praatwerk doen.

  • 1 (800 g) heel vis van jou keuse, skoongemaak
  • 2 hande vol pietersielie
  • 2 suurlemoene, in skywe gesny
  • 1 stingel suurlemoengras
  • 4 knoffelhuisies, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 24 repies parmaham

Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die vis in ’n groot oondroosterpan en vul die buik met pietersielie, suurlemoen, suurlemoengras en knoffel. Geur sowel buite-om as binne-in met sout en peper en pak dit dan toe met hamrepies (jy kan die ham ook met repies gerookte spek vervang). Plaas die vis in die warm oond en bak 25 minute oop of tot die spek goudbruin en bros is.

Bottersous

  • 4 eiergele
  • 45 ml asyn
  • 60 ml korrelmosterd
  • 500 g botter, gesmelt
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Maak die bottersous terwyl die vis bak: Plaas die eiergele, asyn en mosterd in ’n groot glasbeker waarin die gesmelte botter ook sal pas. Verwerk dit met ’n staafmenger (stick blender) tot goed gemeng. Voeg die botter geleidelik by terwyl die menger loop en klits dit dan tot ’n dik, romerige sous vorm. Geur goed met sout en peper. Plaas die gaar vis op ’n warm opdienbord en garneer dit met fyngekapte pietersielie. Sit voor met die bottersous en suurlemoenskywe.

herman1

insamewerkingtag

Pangebraaide forel (Pan-seared trout)

1 PAN SEARED TROUT

  • forelfilette
  • olyfolie
  • sout en peper
  • gemengde groen mini-groente
  • vars Engelse komkommer
  • Franse baguette

Geur vis met sout en peper.

2 PAN SEARED TROUT

Gooi olyfolie oor die filette.

3 PAN SEARED TROUT

Maak ‘n pan oor matige hitte warm en braai die vis vir 2 – 3 minute aan elke kant.

4 PAN SEARED TROUT

Dien op met vars slaai van mini-groente, vars komkommer en Franse brood.

5 PAN SEARED TROUT

Produk van die week: iXelium-stoof

Whirlpool se se iXelium-behandeling is hoogs bestand teen krapmerke en vergeling oor tyd. Gebruik water om skoon te maak. Dit kom met ’n 10-jaar-waarborg teen vergeling en korrosie.

Lees HIER meer.

WP Logo Colour on blank