VIA_FB_Inspirasiekos_pre-show
VIA

‘Inspirasiekos met SARIE’ se jenewer-resepte (episode 4)

In die vierde episode van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) besoek Herman die gewilde ‘n jenewer-distilleerdery in Woodstock, Kaapstad. Hy ontmoet die mense wat dié gewilde drank vervaardig en maak vir hulle heerlike forel gaar. Hy deel ook sy resep vir limonade met skop!

herman

Hier deel hy resepte én Whirlpool deel ook ’n lekker resep vir basilie-en-jenewer-limonade.

Herman se Teegerookte-forel-en-gortslaai

Dis eintlik doodmaklik om jou eie kos by die huis te rook.

hermanforel

genoeg vir 6

  • 600 g forelfilet
  • 250 ml houtskaafsels
  • 45 ml los tee
  • 60 ml soet sojasous
  • 250 g Bulgaarse koring (kyk by winkels se gesondheidsafdeling)
  • 250 g pêrelgort (pearl barley)
  • 125 ml hoemoes
  • 100 ml kookwater
  • 100 ml jenewer (gin)
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • groot hand vol Italiaanse pietersielie
  • 300 g kersietamaties, gehalveer
  • 1 komkommer, in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Rook vis: Voer onderkant van pot met tinfoelie uit. Sprinkel houtskaafsels en tee bo-op en plaas afkoelrakkie bo-op. Plaas filet velkant na onder op rak en verf met sojasous. Sit deksel bo-op pot sodat alles dig seël. Plaas pot op mediumhitte tot rook by deksel begin uittrek. Laat rook vir 20 minute (moenie die pot oopmaak nie).

Maak slaai so: Plaas Bulgaarse koring en sowat 500 ml water in pot. Bring tot kookpunt en kook tot al die vloeistof geabsorbeer is – sowat 10 minute. Hou eenkant. Plaas gort en 750 ml water in skoon pot. Bring tot kookpunt en kook tot gort sag is, so 15 – 20 minute. Dreineer en hou eenkant. Meng hoemoes, 100 ml kookwater en jenewer saam tot glad. Voeg sap en skil van suurlemoen by. Hou sous eenkant. Meng koring, gort en res van bestanddele. Gooi sous oor en meng deur. Skep in opdienbak en vlok vis in groot stukke bo-oor. Geur goed met sout en peper. Sit voor.

Jenewer en suurlemoen, op Herman se manier

By die Woodstock Gin Company in die Kaap maak Simon von Witt sy eie jenewer en geur dit met unieke SA geure. Die ideale inspirasie vir dié resep.

genoeg vir 8 – 10 

  • 24 suurlemoene, gehalveer
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 250 ml topgehalte jenewer (gin)
  • 1 kg gebreekte ys
  • 1,5 liter sodawater

Plaas die suurlemoene in ’n groot bak en gooi die suiker oor. Laat staan vir 30 minute. Gebruik jou hande en masseer die suurlemoene met die suiker tot al die sap en pulp daaruit kom – die growwe suikerkristalle help dat die selle in die suurlemoene oopbars. Gooi die mengsel deur ’n sif en gooi die skille weg. Voeg die jenewer by en klits met ’n draadklitser tot die suiker opgelos is. Giet oor in ’n glasbeker met gebreekte ys en voeg die sodawater by net voor jy dit voorsit.

insamewerkingtag

Tuisgemaakte basilie-en-jenewer-limonade

1 HOMEMADE BASIL AND GIN LEMONDAE

Bestanddele

  • 2 hande vol basiliekruid, plus ekstra vir garnering
  • 1 koppie suiker
  • 2 koppies jenewer (gin)
  • 1½ koppie vars suurlemoensap
  • 1 l water
  • 1 suurlemoen
  • 1 lemoen

Voeg die basilie, suiker en 1½ koppie water in ’n mediumgroot souspan. Laat dit liggies prut en roer tot al die suiker opgelos is – dit behoort sowat 5 minute te neem. Gooi dit deur ’n sif en sit die vloeistof in die yskas tot koud.

2 HOMEMADE BASIL AND GIN LEMONDAE

Sny die lemoene en suurlemoene in dun skywe.

3 HOMEMADE BASIL AND GIN LEMONDAE

Gooi die res van die water, afgekoelde stroop en suurlemoensap in ’n waterbeker. Roer vars basilie, suurlemoen- en lemoenskywe daarby.

4 HOMEMADE BASIL AND GIN LEMONDAE

Voeg die jenewer by.

5 HOMEMADE BASIL AND GIN LEMONDAE

Sit voor met ’n skyf lemoen as garnering.

6 HOMEMADE BASIL AND GIN LEMONDAE

Produk van die week: Whirlpool 6th SENSE Neo Active 0°

Whirlpool 6th Sense Neo Active 0°

Whirlpool se 6th Sense-tegnologie beheer die temperatuur en die vlak van humiditeit om die beste kondisies te skep vir kos wat langer vars bly.

Lees HIER meer oor die yskas

 

WP Logo Colour on blank