herman inspirasiekos via
VIA

‘Inspirasiekos met SARIE’ se heuningresepte (episode 7)

In dié week se episode van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) gaan haal Herman heuning uit by Kraai van Niekerk se byeboerdery in Somerset-Wes. Hy maak ’n oondgebakte plat hoender met n heuning-en-soja-marinade, n groenboonslaai en maklike heuningkoek-lekkers.

Hier deel hy die resepte én Whirlpool deel ook ’n lekker resep vir heuningpannekoeke.

Herman se groenboonslaai

Die vars slaai met goeie slaaisous vra min moeite en tyd!

genoeg vir 6 

  • 80 ml olyfolie
  • 45 ml korrelmosterd
  • 65 ml heuning
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 350 g Franse groenbone, gedompel in kookwater
  • 280 g sneeu-ertjies (mangetout), fyngesny
  • 150 g suiker-ertjies (sugar snaps), oorlangs gehalveer
  • 240 g ertjies, gedompel in kookwater
  • 6 wiele feta

Klits olyfolie, mosterd, heuning, sap en skil van suurlemoen saam. Geur goed met sout en peper. Plaas res van die bestanddele in ’n groot mengbak en gooi marinade oor. Geur weer goed en meng deur. Sit voor saam met steak.

Herman se heuninglekkers (honeycomb)

genoeg vir 8

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 90 ml heuning
  • 60 g (65 ml) botter
  • 10 ml koeksoda

Voer 20 x 15 cm-bakplaat uit met foelie en spuit goed met kleefwerende kossproei. Plaas suiker, heuning en botter in middelslag-kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy roer tot suiker smelt. Verhoog hitte en laat kook tot goue karamel vorm – 5-8 minute. Moenie die pot alleen los nie, want die mengsel kan begin brand. Gooi koeksoda by en meng vinnig deur.

Gooi mengsel op uitgevoerde bakplaat. Moenie karring aan die mengsel nie, anders gaan al die lugborrels verdwyn. Laat afkoel tot hard. Breek in groot skerwe en sit voor

Herman se oondgebakte plat hoender met ’n heuning-en-soja-marinade

Die heuning gee aan die hoender ’n heerlike goue kleur.

genoeg vir 4

  • 750 ml laesout-sojasous
  • 500 ml beesaftreksel
  • 100 ml heuning
  • skil van 2 suurlemoene
  • 4 knoffelhuisies
  • 2 steranyspeule
  • 1 stingel suurlemoengras
  • 1 cm-stuk vars gemmer, geskil
  • 1 groot hoender
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die oond tot 180 °C. Plaas die sojasous, aftreksel, heuning, suurlemoenskil, knoffel, steranys, suurlemoengras en gemmer in ’n groot pot. Bring dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 5–8 minute prut.

Gebruik skerp mes en sny die rugbeen van die hoender los (‘n kombuisskêr werk ook goed). Draai hoender om en druk dit plat met jou handpalms – in Engels is dit spatchcock. Plaas hoender in oondroosterbak en gooi die sous daaroor. Bedek met foelie en sit vir 40 minute in die oond. Draai oond se temperatuur op tot by 200 °C en verwyder die foelie. Rooster verder tot goudbruin en bros – skep nou en dan pansappe oor hoender. Plaas op ’n opdienbord en bedruip met nog ’n bietjie sous. Sit warm voor.

whirlpool

Heuningpannekoeke

6 HONEY PANCAKES

  • 1 eier
  • 3⁄4 koppie melk
  • 2 eetlepels gesmelte botter
  • 1 koppie meel
  • 1  teelepel bakpoeier
  • 1⁄2  teelepel sout
  • 2  eetlepels heuning
  • heuning om oor te gooi
  • gemengde bessies

Klits eier tot donsig. Voeg melk en gesmelte botter by. Voeg droë bestanddele by en meng goed.

2 HONEY PANCAKES

Voeg die heuning by en meng goed

3 HONEY PANCAKES

Verhit ’n pan en smelt ’n klein hoeveelheid botter. Gooi die mengsel in klein sirkels.

4 HONEY PANCAKES

Wanneer borrels vorm, draai om en bak aan die ander kant.

5 HONEY PANCAKES

Sit voor met gemengde bessies, botter en heuning.

6 HONEY PANCAKES

Maak die perfekte pannekoeke met Whirlpool se unieke 6thSENSE Induction-kookvlakke.

Whirlpool ACM 849:BA

Lees HIER meer.

WP Logo Colour on blank