A photo by Sandis Helvigs. unsplash.com/photos/Yvt9M0ogLCU
VIA

Inspirasiekos met SARIE se sampioenresepte + 4 goed wat jy nie van sampioene geweet het nie

Kotie van Tonder van Darling kweek eksotiese sampioene. Herman vind meer uit oor dié interessante proses en maak ’n geurige sop, gemarineerde sampioene met roosterbrood en ’n gesonde slaai.

Het jy geweet? 

• Sampioene is ryk aan vitamien B & D.
• Sekere studies het bevind dit kan help met gewigsverlies en die beheer van cholesterolvlakke.
• 100 g sampioene bevat meer vesel (2,5 g) as 100 g seldery (1,8 g) of ’n sny volkoringbrood (2,0 g).
• Die stingel van ’n sampioen bevat geur en voedingstowwe en jy hoef dit nie te verwyder nie.

Bronne: Health.com, health24.com

Hierdie episode van Inspirasiekos met SARIE (VIA, DStv-kanaal 147) is geborg deur Spekko. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

VIA_FB_Inspirasiekos

Hier is die resepte: Alles met sampioene!

Inspirasiekos11-570x317

Sampioen-en-spek-truffelsop

genoeg vir 4-6

• 45 ml olyfolie
• 45 ml botter
• 1 ui, grofgekap
• 250 g gerookte spek
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 200 g portabellini-sampioene, grofgekap
• 2 takkies origanum, fyngekap
• 500 ml hoenderaftreksel
• 250 ml laevet-room
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 ml truffel-olie
• 10 ml truffelsout

Verhit olie en botter tot warm in middelslag-pot. Voeg ui, spek en knoffel by. Verlaag hitte en laat mengsel sweet tot lig en deurskynend. Voeg sampioene en origanum by en braai stadig tot sampioene sag en gaar is. Voeg aftreksel by en verlaag hitte. Laat stadig oop prut tot vloeistof die helfte minder is. Voeg room by en laat prut tot weer met helfte verminder het. Geur goed met sout en swartpeper. Maak sop in voedselverwerker fyn tot puree. Gooi truffel-olie en sout by. Sit warm voor.

 

Inspirasiekos21-570x317

Gemarineerde sampioene met roosterbrood

genoeg vir 4-6

• 375 ml sampioen- of groenteaftreksel
• 60 ml witwyn
• 1 lourierblaar
• 2 takkies origanum, fyngekap
• 1 takkie tiemie
• 15 ml brandrissievlokkies
• skil van 3 suurlemoene
• 1 ui, in repies gesny
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 500 g gemengde sampioene (oester werk die beste)
• 500 g blomkoolstukke
• 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
• 45 ml balsemasyn
• 30 ml witwynasyn
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 ml botter
• 12 snye baguette

Plaas die aftreksel, wyn, lourierblaar, origanum, tiemie, brandrissievlokkies en suurlemoenskil in ’n groot pot. Voeg die ui en knoffel by en bring tot kookpunt. Voeg die sampioene by en verwyder van die hitte. Maak die pot toe en laat 20 minute staan. Bring water in ’n ander pot tot kookpunt en dompel die blomkool daarin. Laat 5 minute kook tot die blomkool halfgaar is. Dreineer en voeg by die sampioenmengsel. Voeg die res van die bestanddele by en geur baie goed met sout en peper. Verhit botter in braaipan tot warm en braai snye brood tot goudbruin en bros. Sprinkel oor gemarineerde sampioene en sit voor.

 

Inspirasiekos41-570x315

Sampioen-pekanneut-en-bruinrysslaai

genoeg vir 4-6

• 30 ml botter
• 30 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 20 ml swart mosterdsade
• 250 g bruin sampioene
• 270 g (375 ml) bruinrys
• 90 g (125 ml) witrys
• 1 liter hoenderaftreksel
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 x 100 g-pakkie pekanneute
• 1 x 100 g-sakkie bosbessies
• 1 hand vol vars koljander, grofgekap

Verhit die botter en olyfolie in ’n groot pot. Voeg die ui, mosterd en sampioene by en roerbraai 5 minute. Voeg albei soorte rys by en roerbraai nog 3 minute. Gooi die aftreksel by en geur goed met sout en peper. Verlaag die hitte en laat 20 – 25 minute kook of tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer is (gooi nog aftreksel by as dit lyk of die pot gaan droogkook voor die rys gaar is). Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Sit warm voor as bykos of koud as slaai.

Nóg Inspirasiekos met SARIE-resepte

Waterblommetjie | Sout | Mossels en Oesters | Meel

Spekko Promosie Tag

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko opFacebook of@SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.