VIA_FB_Inspirasiekos_pre
VIA

‘Inspirasiekos met SARIE’ se sjokoladeresepte (episode 8)

In dié week se episode van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) kuier Herman by die sjokoladevervaardigers DV Artisan Chocolate in die Paarl. Hy bak sy ouma se sjokoladekoek in flambojante Herman-styl, maar dis sy sjokolade-en-sampioen-risotto wat ’n mens se mond behoorlik laat water.

Hier deel hy die resepte én Whirlpool deel ook ’n lekker resep vir dubbelsjokoladekoek.

Herman se parmaham-aarbei-en-sjokolade-slaai

Die soet van die sjokolade gaan baie goed saam met die soet smaak van die ham.

genoeg vir 4

  • 5 Min Slaai
  • 24 repies parmaham
  • 12 aarbeie, gehalveer
  • 8 vye, in kwarte gesny
  • 45 ml balsamiese reduksie
  • 50 g 80%-donkersjokolade
  • 80 g ertjiespruite (pea shoots) of baba-slaaiblare

Pak ham, aarbeie en vye op opdienbord. Bedruip met balsamiese reduksie. Rasper sjokolade met fyn kant van rasper oor. Pak ertjiespruite bo-op en sit voor.

Herman se sampioenrisotto met donkersjokolade

Dit klink dalk vreemd, maar die effense bitter smaak van die donkersjokolade kombineer goed met die geur van die sampioene.

genoeg vir 6

ScreenShot

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g gemengde sampioene
  • 200 g (250 ml) arborio-rys
  • 250 ml witwyn
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 80 ml balsamiese asyn
  • 100 g 80%-donkersjokolade, fyngekap

Verhit die olyfolie in ’n middelslagpot tot goed warm. Voeg die ui en knoffel by en roerbraai 1 minuut. Voeg die sampioene by en braai 5 minute of tot dit begin verbruin. Roerbraai nog 1 minuut nadat jy die rys bygevoeg het. Gooi wyn by en laat wegkook. Voeg aftreksel by en hou aan roer terwyl die rys gaar word, sowat 8-10 minute. Gooi die room by en laat kook tot ’n romerige mengsel. Verwyder van die hitte en roer die parmesaan by. Voeg asyn en sjokolade by. Roer deur en sit voor.

My ouma se sjokoladekoek

genoeg vir 24 koekies of een groot koek

My ouma se koek

  • 195 g (210 ml) botter
  • 410 ml water
  • 70 g (175 ml) kakaopoeier
  • 420 g (750 ml) koekmeel
  • 10 ml koeksoda
  • 10 ml bakpoeier
  • 600 g (710 ml) strooisuiker
  • 3 eiers
  • 190 ml karringmelk
  • 200 g (250 ml) witsuiker
  • 250 ml water

Sjokoladeversiersel

  • 500 ml room
  • 650 g sjokolade van goeie gehalte, in stukke gekap
  • 125 g bessies
  • ekstra kakaopoeier vir rol

Verhit oond tot 160 °C. Plaas botter en water in middelslagpot en bring tot kookpunt. Voeg kakao by en meng. Sif meel, koeksoda, bakpoeier en strooisuiker saam. Meng eiers en karringmelk. Voeg botter- en karringmelkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Spuit klein kolwyntjiepan met 24 holtes goed met kleefwerende kossproei. Gooi beslag in pan en bak 20-25 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat in pan afkoel vir 10 minute en keer uit op afkoelrak. Bring suiker en water tot kookpunt en laat afkoel. Sprinkel oor afgekoelde koek. Sjokoladeversiersel: Bring room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Laat effens afkoel. Plaas afgekoelde koek op opdienbord en gooi sjokoladesous oor. Rol bessies in kakaopoeier en pak bo-op. Sit voor.

whirlpool

Dubbelsjokoladekoek

1 DOUBLE CHOCOLATE CAKE

  • 125 g donkersjokolade
  • 3 eetlepels melk
  • 150 g botter
  • 150 g strooisuiker
  • 3 eiers
  • 200 g koekmeelblom
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 teelepels kakaopoeier
  • dekoratiewe pêrels

Smelt die sjokolade saam met die melk in ’n bak oor ’n pot met water. 

Klits die botter, strooisuiker en eiers saam. Voeg die gesmelte sjokolademengsel by en meng.

2 DOUBLE CHOCOLATE CAKE

Sif die koekmeelblom en bakpoeier saam. Voeg kakaopoeier by.

3 DOUBLE CHOCOLATE CAKE

Meng alles saam.

4 DOUBLE CHOCOLATE CAKE

Spuit ’n koekpan goed met kleefwerende kossproei. Gooi deeg in pan en bak vir 25 minute teen 180 °C. Laat afkoel en versier.

5 DOUBLE CHOCOLATE CAKE

Sit voor en geniet.

6 DOUBLE CHOCOLATE CAKE

Bak jou perfekte koek met Whirlpool se 6th SENSE Induction Oven.

Whirlpool AKZM 6560_IXL (Oven)

Lees HIER meer.

WP Logo Colour on blank