Adelle

Adelle

VIA

Leer ken ‘Sieners’ se Adelle

KITSFEITE

  • Naam: Adelle
  • Van: Jung
  • Ouderdom: 38
  • Beroep: Grimeerkunstenaar en haarstilis
  • Blyplek: Johannesburg

Wat is jou stylmantra?

Hou dit klassiek. Selfvertroue is ook ’n bykomstigheid en is een van die mooiste karaktereienskappe. Die verlede herhaal homself, so ook mode. ’n Suksesvolle trend is iets wat bly.

Hoe bly jy op hoogte van die nuutste trends?

Ek bly op hoogte deur Instagram, Pinterest, E! Entertainment en internasionale tydskrifte.

Wie is jou styl-ikone en hoekom?

Dit is moeilik. Daar was so baie styl-ikone deur die verskillende dekades, onder andere Grace Kelly, Audrey Hepburn, Marilyn Monroe, Josephine Baker, Sophia Loren, Elizabeth Taylor, Gwyneth Paltrow, Charlize Theron en Dita Von Teese.

Jy hou ’n feesmaal vir jou styli-kone. Wat sit jy voor?

Afrikaans-Frans: gunstelinge soos kammossels met vonkelwyn, foie gras en lekker boere-brood, bobotie en bouillabaisse. Malvapoeding en hompe macaroons. En natuurlik ’n groot verskeidenheid heerlike Franse kase en lekker droë rosé.

Wat speel tans op jou iPod?

Kersliedjies! Kylie Minogue se nuwe Kers-album, Michael McDonald, Jeremy Loops, Shaun Jacobs Band, La Musique de Paris, Jamiroquai, Ed Sheeran, Iggy Azalea en LP.

Wat is jou gunsteling-plek om vakansie te hou?

Kaapstad en Frankryk.

Wat is jou kosbaarste besitting?

My Vespa-bromponie.

Wat is jou gunsteling-kledingstuk?

’n Agent Provocateur-kimono.

Wat is die een huidige trend wat jy in 2016 glad nie meer wil sien nie?

Weg met die Kardashians!

Wat is die grootste stylflater wat jy al begaan het?

My two-toned-haarkleur. Cruella de Vil! Dankie tog dit was wel net vir ’n kort rukkie ’n trend! 

‘n Nuwe episode van Sieners wys elke Woensdag om 16:30.

Sieners