Anel

Anel

VIA

Leer ken ‘Sieners’ se Anel

KITSFEITE

  • Naam: Anel
  • Van: Alexander
  • Ouderdom: 36
  • Beroep: Aktrise en filmvervaardiger
  • Blyplek: Johannesburg

Wat is jou stylmantra?

Gemak! Ek is ’n totale gemaksvraat.

Hoe bly jy op hoogte van die nuutste trends?

Ek dink ek is die un-trendiest persoon in Suid-Afrika, maar dis ook die rede hoekom ek ’n Siener is: want ek dink dis belangrik dat on-cool, nie-cool mense soos ek ook moet verteenwoordig word op panele soos dié.

Wie is jou styl-ikone en hoekom?

Ek kan eerlikwaar sê ek het nie so iets nie. Ek het myself nog nooit vreeslik gesteur aan modegiere of trends nie. Ek het gewoonlik nie tyd (of belangstelling) daarvoor nie!

Jy hou ’n feesmaal vir jou styl-ikone. Wat sit jy voor?

Woolies se mikrogolf-etes? Ek is nou besig met die vervaardiging van my nuutste film, Sink. Ek drink, eet en slaap net SinkSinkSink in hierdie stadium, so daar’s maar min tyd vir onthaal. Maar ek en my man geniet dit om gesonde kos te berei en wanneer ons tyd het, kook ons graag met vars groente en organiese produkte. Ons gebruik gereeld resepte van die Hemsley & Hemsley-susters of Mary-Ann Shearer.

Wat speel tans op jou iPod?

Ek is vreeslik sleg met sulke goed. Ek is absoluut mal oor musiek, maar luister eintlik glad nie daarna op my foon of iPod nie. Ek luister wel gereeld na aanlyn TED Talks.

Wat is jou gunsteling-plek om vakansie te hou?

Enige plek saam met my man, die akteur James Alexander. Ons is vreeslike lekker reis-buddies en reis is een van ons groot passies. Ons het Suid-Afrika en groot gedeeltes van die wêreld al plat gereis. Ek lei aan te veel FOMO om na dieselfde plek terug te keer vir vakansie, daar’s heeltemal te veel om nog te sien en te doen op my bucket list.

Wat is jou kosbaarste besitting?

Buiten my trouring en my twee belaglike woefies, Jozi en Oscar? Vir seker my skootrekenaar en my dagboek. As vervaardiger bestaan my lewe uit lysies en deadlines en my skootrekenaar en dagboek is die mekka van dit als.

Wat is jou gunsteling-kledingstuk?

Definitief my pajamas. Dis die eerste ding wat ek aantrek as ek by die huis aankom (of dit nou 11:00, 14:00 of 20:00 is!) Ek is definitief ‘n gemaksvraat en selfs jeans en ‘n T-hemp is vir my te ongemaklik.

‘n Nuwe episode van Sieners wys elke Woensdag om 16:30.

Sieners

  • Anton Viljoen

    Anel …. ek hoop jy byt vas … en besluit teen n tattoo …. (( the beauty of a woman is not in the clothes , or the figure , or in her hair … the beauty is in her eyes , because that is the doorway to her heart . ))